Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
GOOGLE Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -37 minutes ago
GOOGLE aanteken Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Hennie... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
Wessel, ek kan nie "thumbs… Oktober 2026 saam gesels HennieBo -3 hours ago
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -13 hours ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -13 hours ago

My moeder is n yster

Secunda
Submitted by Sleep nou on
Forums

So na n roetine ondersoek by Groen Kloof hospitaal (Little Cump of Mary )hoop spelling is reg hoor my ma sy het agresiewe kanker beide haar borste spesialist het ons en my ma verduidelik pad vorentoe so die 6 Jullie neem hulle haar op en 7 Julie verwyder hulle beide die borste en dan n reeks van bestralling wat volg n harde pad wat volg vir maar my ma se bring it on sy gaan 100 jaar oud word en haar kleinkinders nog lank geniet sy is n vrou wat van yster gemaak is ken jy ook n vrou van yster

Centurion

Voortrekker

Tue, 28/06/2022 - 07:48

Baie sterkte vir jou moeder Shaun.    Omdat borste so 'n groot deel van vrou wees is moet dit bitter moeilik wees vir 'n vrou om hulle te verloor.     EK is bly om te hoor dat sy so positief is.  

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 28/06/2022 - 08:20

Ai Shaun, baie sterkte vir jou ma en almal, ons bid vir haar🙏🙏

Ja, die bietjie wat ek van haar weet, is sy 'n yster👍

'n Pa is ons rol model en ons glo almal ons pa was DIE man, maar 'n moeder is soos 'n knoop, sy hou alles en almal toe en bymekaar.

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 28/06/2022 - 08:58

My moeder lei aan baie vêr gevorderde dimentia.  My pa is nou 80 jr oud en hy sorg vir haar en doen al die huis take en kook werk ens.   Laas jaar het hulle vir die familie hier bo in Gauteng kom kuier en het toe by my pa se broer in Pretoria gebly.  Ons het gereeld daar gaan kuier en dit was vir my baie ontstellend dat my ma by tye nie geweet het wie ek is nie en baie benoud geraak het oor die vreemde man wat langs haar sit en met haar gesels.    Nou 7 maande later het sy nog agteruit gegaan - sy onthou ons almal vanuit die verlede, maar tot aangesig ken sy ons nie -  selfs my pa is 'n vreemde man in haar huis en ek kry gereelde oproepe waar sy om hulp vra dat ek my pa moet kontak en vra dat hy huistoe moet kom omdat daar 'n vreemde man in haar huis is.

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 28/06/2022 - 17:51

Anton, dit is hartseer om 'n ouer so te sien weg kwyn, my ma is op 66 jaar (26 jaar terug) na 'n lang kanker stryd oorlede, en ons kinders mis haar nog steeds.

My dad is op 91 weg, en al het ons vir daai oproep gewag, was die skok steeds erg.

0
Secunda

Sleep nou

Tue, 01/11/2022 - 14:21

My ma kan na bietjie meer as 4 maande einde November terug gaan na Phalaborwa sy basies klaar met haar chemo pille wat sy sluk en na 5 operasies is daar goeie vordering so so dankbaar tog ek deel met julle

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 01/11/2022 - 15:28

My ma kan na bietjie meer as 4 maande einde November terug gaan na Phalaborwa sy basies klaar met haar chemo pille wat sy sluk en na 5 operasies is daar goeie vordering so so dankbaar tog ek deel met julle

Dis goeie nuus, sterkte vir haar en julle.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 01/11/2022 - 16:00

Hello Shaun

Alle eer aan die Groot Geneesheer.

Jou Ma moet vasbyt, sy is 'n voorbeeld vir baie met wie sy in aanraking kom.

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 07/11/2022 - 11:31

Al my ma se steke en drein pyp kom uit nou donderdag sy klaar met chemo pil sluk siklus en dan volgende vrydag kan sy na 5 maande terug gaan Phalaborwa toe ons familie so so dankbaar 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 07/11/2022 - 12:51

Al my ma se steke en drein pyp kom uit nou donderdag sy klaar met chemo pil sluk siklus en dan volgende vrydag kan sy na 5 maande terug gaan Phalaborwa toe ons familie so so dankbaar

Dis goeie nuus, sterkte vir haar en julle.

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 10/11/2022 - 13:29

Al my ma se steke is uit sy baie verlig en ons ook wonde lyk baie beter sy gaan die 24 November terug na kanker afdeling hulle weer n toets of so iets doen dan kan ek haar weer Phallas toe vat dis n berg van ons skouers af wink

0
Secunda

Sleep nou

Fri, 02/12/2022 - 16:06

Sy is skoon volgens uitslae weeg tans so 45 kg min hare maar sy is n vegter het laaste twee naweke by haar gekuier NB:  Koester julle geliefde more kan dit dalk anders wees

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 02/12/2022 - 16:20

Middag Shaun

Ons is saam met julle dankbaar. Die Groot Geneesheer se hand is oor haar.

0
Secunda

Sleep nou

Wed, 07/12/2022 - 09:40

My ma is toe gister middag 14H30 weer terug by haar huis in Phalaborwa sy se sy geniet dit om weer by huis en haar mense te wees smiley

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus