Ek wil moontlik die lang naweek hier gaan kampeer. Die oord reviews lyk heel okay en fotos aangenaam, maar een aspek wat my pla....is die pad soontoe. Die laaste stuk grondpad is sowat 6-8km. Die oord sê die pad is okay vir pad karavaan. Ek het op facebook gevra, antwoorde is dat jy dit net stadig moet vat. Ander praat weer van yskas pype wat afgebreek het en ander weer van kasdeure wat afgeval het.
Het een van julle onlangs hierdie pad gery wat my kan help om finaal te besluit of ek soontoe moet sleep of nie
boswaens???
Naand Geert
As ek na hulle fotos kyk op hulle webblad, dan
1] ek sien net boswaens en Land Cruisers, seg iets van die pad
2] hulle steek hulle kamptariewe weg. Ek net iets sien van R900/nag vir staanplek vir 4 persone.
Dit lyk na 'n baie mooi oord.
Olifants River Lodge ...
Gert se terugvoer is maar min.
Môre sê. Baie lank terug. Weet jie van pad. Nie bad plek nie.
Olifants River Lodge ...
Dankie Geert.
Dit lyk mooi groen die gras.
Gaan jy vir ons die resensie doen asb.
Nice Geert hoe
Daai plek se kamp lyk nou nice hoe was die pad soentoe
Willem/Shaun
@willem.....maak so
@Shaun. Ons was gelukkig dat die pad baie onlangs geskraap was....so pad het heel lekker gery.
Ons het september daar…
Ons het september daar gekamp. Pad was sleg maar my sienswyse mooiste kampe op einde van grondpad. Daar om maak ek my wa meer grondpad vriendlik





Olifants River Lodge ...
Baie lank terug het ons daarnaby gekamp, ek ry toe met my Ranger D/K om te gaan kyk, halfpad toe draai ek om. Surette se suster hulle was dink laas jaar daar en het net so gekla oor die pad. 🤷🏼♂️