Ek weet nie of daar nog ander rugby-entoesiaste op hierdie forum is nie. Ons sal nie eens 'n rugbyspan kan volmaak met gereelde deelnemers aan hierdie forum nie - dit sommer net terloops.
Ons Bokspan vertoon goed in hierdie stadium. Nie net het ons met ons amperse B-span verlede Saterdag vir Wallis verniel nie, maar het ons gisteraand die magtige All Blacks behoorlik ore aangesit met 'n rekordtelling.
Mag ons manne so voortbou vanaf die afskop van die Wêreldbeker. Danksy 'n tydelike VPN-app kon ek beide genoemde wedstryde hier in Roemenië kyk. Maar die Wêreldbeker se wedstryde sal darem hier op plaaslike TV gekyk kan word, want Roemenië neem ook deel - juis ons tweede teenstanders. Die ongeluk is net dat die kommentaar in Roemeens sal wees. Solank ek net kan kyk - ek sal my eie kommentaar lewer.
Titaniese stryd
Dit was nou ‘n klipharde wedstryd. SA het die eerste helfte die varings onder druk gehou en hulle verhoed om hulle spel te speel en toe maak hulle weer foute en verbreek die reëls en is kamma vreeslik verbaas wanneer hulle gestraf word (soos altyd). Generaal Pollard is die enigste skopper wat die toernooi voltooi het met 100% stelskop sukses. Dankie tog ons afrigtingspan het met hom en Faf begin. Lg was puik op verdediging.
Die tweede helfte het ons baie mooi verdedig en vandag het die Prado sommer nog lekkerder gery na sy vorige eienaar se ongelooflike wedstryd. As Bongi nie afgegaan het as gevolg van hulle vuil spel nie sou ons lynstane waarskynlik beter gegaan het en as Siya uitgegee het kon ons ‘n drie gekry het. Maar as is verbrande hout en die beste rugbyspan in die wêreld het weer gewys dat hulle weier om te verloor en ten spyte van die skare se swak gedrag en uitjouery tot die einde gehou en weer die beker gelig. Mooi gedoen manne!
Wayne Barnes en sy span was ook puik.
Bokmasjien
"Olè olè olè vir die 4de keer" .....Leon Schuster se gepaste lied gister baie geniet.
Ek voel die bokke het beter gespeel as die AB. Behalwe vir 2 of 3 keer het AB maar gesukkel om veld te wen as hulle probeer het om met bal te hardloop. Bokke het mooi gedryf, maar ongelukkig nie sy 3 gekry nie
As daar n gees beker was, dink ek ons SA'ners sou hom met los hande geneem het.
Die noordelike halfrond spanne wat nou nog huil/kerm oor beslissings moet maar begin ophou....WCR2023 is verby en koppie is reeds oppad daar waar hy hoort
Well🇿🇦 done🇿🇦 BOKKE🇿🇦
Dok Craven is op rekord dat…
Dok Craven is op rekord dat hy op 'n stadium gesê het "check die score board"! Uiteindelik is dit al wat tel? Was nie altyd 'n "mooi" wedstryd nie maar gesien die reenerige toestande en die Franse toeskouers wat kort-kort ge-boe het as die 'bokke aan die bal vat dink ek dit was so goed as wat dit kon wees. Maar 3 wedstryde na mekaar met slegs 'n enkele wen punt vat nogals aan 'n man se hart! As studente het ons geglo dat enigiets meer as een persentasie punt bokant slaagsyfer bloot net 'n mors van energie is...dalk glo Rassie en Kie ook so wat wen punte aanbetref? Lees vanoggend dat die NZ media ook nou galbraak oor die "swak" beslissings deur die skeidsregter, is seker te verwagte. Willebrak, dink jy kan nou 'n bronsplaat op daai Prado laat sit, sy inruilwaarde is sekerlik nou deur die dak! En dalk moet jy sommer vir skerp angeltjie vra vir 'n paar lappe om die Prado mee te was...dink hy het nou 'n paar![]()
Nog iets
Aron Smith en die ander varings en varing ondersteuners wat so gespog het dat hulle ‘n vinnige wedstryd gaan speel het nonsies gepraat. Hulle was veral by die lynstane baie stadig, en het baie meer geskop as gewoonlik. Ek sou ook, eerder as om 28 keer deur PsdT geduik te word. Hulle het ook gefouteer deur kantlyn toe te gaan met twee skoppe wat pale toe kon gaan. Maar hindsight is always 20/20.
Die Bokke het die druk en verdediging gebring en foutloos pale toe geskop. Daar was ‘n paar verbroude geleenthede wat drieë kon wees en Willemse het ‘n paar keer sy skoppe te ver gesit. Mens wil amper jammer voel vir die varings, maar dissipline het hulle gekos en dis hulle verdiende loon.
Wow. Wow. Wat ń worldcup…
Wow. Wow. Wat ń worldcup. Well done Bokke!!!
My stem is beter vandag maar ek dink my bure is nog bietjie kwaad vir ons geskreeuery. Weereens sorry buurman...
Die wys nou maar net weer dat skoppe jou die game kan wen. Jy hoef nie driee te druk nie. Ja, dis dalk nie aanskoulike rugby nie maar is verseker effektief.
Well done ook aan die All Blacks. As dit nie vir Barret se mis korrel was nie, het julle die beker gelig. Skerpioen, jy is nog steeds ons maatjie hoor.
Ama bokke bokke bokke!!!!
Thanks Spekkies. Ek is bly…
Thanks Spekkies. Ek is bly die grandpa's het sy ding gedoen.
Aan my kant lek ek nog wonde af maar ons All Blacks is gewoont aan tiermelk saam met sterk swart koffie.
Ek het klaar n trippie plaas toe gereel om n paar pensskote op 5 springbokkies te skiet. Iewers moet ek n hou inkry.![]()
Payback Wildehont, payback …
Payback Wildehont, payback
en die ergste van alles ek eet nie eers springbok biltong nie. Ek sal maar my 6.5 PRC nadertrek
Wat sê die legendes?
Hier onder is ‘n video met kommentaar van ‘n paar AB legendes. Hulle stem saam dat die beste span gewen het en kerm nie oor die rooi kaart nie. Lg was ongelukkig regverdig uitgereik. Die geel kaart teen hulle en twee teen ons ook. Frizzell se oortreding was dalk met opset uitgevoer om van Bongi ontslae te raak omdat ons nie regtig ‘n rugsteun haker gehad het nie. Dit is vuil spel, en tesame met Cane se gevaarlike skouerloop wat nie ‘n ongeluk was nie het die AB’s duur te staan gekom en hulle moenie huil daaroor nie.
Gelukkig is daar geen so sentiment uitgespreek in die kommentaar in die kort video hier onder nie, en dis mooi om te sien. Die uitklopfase van die toernooi was ongelooflik en die Springbokke verdien die beker na hulle absolute weiering om moed op te gee. Ek is egter eerlik as ek sê ek glo nie ons sou dit sonder Pollard reggekry het nie.
Nog is dit het einde niet !
Ek dog die Wêreldbeker is uiteindelik verby, maar vanoggend se Die Burger is van voor tot agter net Sprinbok-nuus. Ek sien uit dat dit nou einde se " kant" toe staan.
Woensdag behoort die Minister van Finansies met sy begroting 'n beurt te kry - wat 'n anti-klimaks !
Die grootste gevaar wat ek…
Die grootste gevaar wat ek en baie ander onmiddelik opgetel het.
Toe Ramaposa op die verhoog die medaljes uitgedeel het, het ons groepie dit dadelik opgemerk. Ramaposa het 'n ou groen Bok trui aangehad met 'n groot MTN teken en 'n klein Nike teken daarop. Nerens was daar 'n Springbok op nie. Nie eers op die moue nie.
Vrae wat al my Bok ondersteuners vriende nou vra. Hoekom het hy nie 'n regte Springbok trui aangehag as die President nie? Wat het van die Springbokkie embleem geword op sy trui? Almal ken die antwoord op hierdie vrae.
Die ANC en SASCOC het die Protea embleem afgedwing op alle sporte in Suid Afrika. Dis net Rugby wat vasbyt maar ek weet nie vir hoelank nog nie. Die Springbok embleem is van die een plek verskuif na die ander en in die proses het dit kleiner en kleiner geword.
Die groot "Faaait" wat alle Bok Ondersteuiners die volgende 4 jaar sal moet faait het nou reeds begin anders gaan die Springbok embleem heeltemal verdwyn van die trui want dis wat die ANC en SASCOC wil hê. Hulle soek kamstig eenvormigheid vir alle sporte in SA maar ons weet die net 'n front want ons wit nasie hou van rugby. Net die Ondersteuners kan dit stop. Sterkte daarmee.
Feesvieringe.
Neef se hangover Sondag was wreed... Wonder of die ander ook so laat, nee dit was vroeg oggend voordat die adrenalien laag genoeg gesak het vir slaap.
My gevoel is dat die President n week van feesvieringe gaan afkondig !!! Die rand gaan weer sterk word, die JSE opskuif tot by 80000 en die prys van aartappels bekostigbaar word.
Sjoe Neef Herman....................
.....is die babelas al uitgewerk - klink vir my dit het nog 'n houvas op jou slimmigheid vanmôre !
prys van aartappels…
prys van aartappels bekostigbaar
Hoe dan nou Neef Herman. Boer seuns eet vleis saam met nog vleis. Vergeet van die groente.
My beste raad vir 'n kopseer. Jyhet net 'n goeie breakfast nodig. Lekker krummel pap met melk in 'n groot papbord. Bo op dit twee eiers wat so 'n bietjie loperig is. Dan kom die vorige aande se tjops wat in klein stukkis gesny is bo op. 'n Skeppie Redro Fish Past vir die smaak met fyn springbok biltong bo-oor alles. Nou het jy net 'n groot lepel nodig en dan kan jy begin. Let Wel--- Geen Aartapels nie.
Skeidsregter
Ek lees ook maar baie klagtes van AB's wat kla oor sekere beslissings van skeidsregter....maar nog nêrens gesien hulle kla oor hul 3 wat toegeken was na n voorentoe aangee nie.
Noem maar net......
Net in Bloemfontein
Die pap en melk met slap eiers, braaivles, biltong en Redro saam, moet seker so paar Rennies ook op gekrummel word.
Met n aartappel vang jy my onder ń wip. Gebak, gebraai, gechip, wedges selfs kapok met n dik bruinsous en wors..... Nou die dag n sakkie " Riviera" kultivar van die Sandveld gekoop. Bliksem, daai is in ń ander liga. Natuurlik net die wat fynpriewers is.





Die doelloose skoppery…
Die doelloose skoppery verstaan ek nie of laat ek eerder se ek wil dit nie verstaan en aanvaar nie. Die dae van groot en sterk is verby. Bom squad en nuke squad is slegs n bangmaak woord. Nou moet jy groot sterk vinnig en slim wees. Frans en Ierland het wakker geword en sal verseker n nuwe moontlikheid wees. Rugby her verander.