Ek weet nie of daar nog ander rugby-entoesiaste op hierdie forum is nie. Ons sal nie eens 'n rugbyspan kan volmaak met gereelde deelnemers aan hierdie forum nie - dit sommer net terloops.
Ons Bokspan vertoon goed in hierdie stadium. Nie net het ons met ons amperse B-span verlede Saterdag vir Wallis verniel nie, maar het ons gisteraand die magtige All Blacks behoorlik ore aangesit met 'n rekordtelling.
Mag ons manne so voortbou vanaf die afskop van die Wêreldbeker. Danksy 'n tydelike VPN-app kon ek beide genoemde wedstryde hier in Roemenië kyk. Maar die Wêreldbeker se wedstryde sal darem hier op plaaslike TV gekyk kan word, want Roemenië neem ook deel - juis ons tweede teenstanders. Die ongeluk is net dat die kommentaar in Roemeens sal wees. Solank ek net kan kyk - ek sal my eie kommentaar lewer.
Skerpioen kant
Geert om eerlik te wees sal ek moet uitvind. Maar ek dink nie so nie.
Nou watse tipe AB supporter is jy wat nie eens weet of sy span liedjies het nie? Dit moet seker moeilik wees om die swart trui te dra maar Bok liedjies saggies in jou kop se sing? Soos 2 honde wat binne jou baklei.
Jy hoef regtig nie 'n swart trui in SA te dra om uit te staan nie, jy ry mos alreeds 'n wit Toyota?
Ongelukkig
Ek hoop werklik nie die lawwigheid veroorsaak dat van die lede so aanstoot geneem het dat hulle besluit om nie verder deel te neem aan die forum nie.
Ongelukkig het dit gebeur
Soos 2 honde wat binne jou…
Soos 2 honde wat binne jou baklei.
Jy is reg Anton. Twee honde wat baklei. Al liedjie wat ek saamsing is " Daar GAAN die Bokke" Voor ek weer 'n Toyota sal ry skreeu ek eerder weer vir die Bokke. Jy het baie minder probleme.
Pragtig, en almal is daar…
Pragtig, en almal is daar. Ons rugby het sy stigma verloor. Een nasie se span.
Goeie vrou
Salomien het vir my die present gegee gister. Ek dra dit vandag met trots.

Baie dankie Geert. Ek hou…
Baie dankie Geert. Ek hou daarvan.
Daai Voortrekker Monument bly maar iets besonders.
Sterkte vir amlal se spanne. Ek gaan vanmiddag gou n paar kleie breek voor die braai. Praat weer more middag
Die groen lyk darem mooi so…
Die groen lyk darem mooi so saam met die goud!
Die swart en silver is ook 'n uitstekende kleur skakering.
Aan die getroue Bok …
Aan die getroue Bok ondersteuners. Baie geluk met die Bokke se wen. Dit was n super game. Ek dink die hele wereld het dit super geniet. Dis hoe rugby gespeel moet word. Nogmaals geluk aan die Bokke. Spekkies onthou om baie water te drink en 10 grandpas drie keer n dag.
thanks vir jou fotos Geert. Jy moet n swart filter volgende keer gebruik op jou Pentex. Swart maak alles beter. Probeer dit.
Dissipline en nogmaals dissipline. Dit maak of breek n game. Jy kan nie n final speel met 14 man nie al was dit so amper. Die Mighty All Blacks bly my Hero. Sam jy is en bly n yster. Die skeidsregters was uitstekend. Hulle kan n voorbeeld stel vir al die ander skeidsregters. Julle verdien ook n beker.
Ek wonder of die verdwaalde boksembende se verdeelde kinders nou ook die draad gaan vermy soos hulle die laaste paar dae gedoen het? Of gaan hulle my nog aanval? Ek is nou reg vir hulle en sal geen meer "kant" vat nie. As jy n knieknakker is los my uit en lees verby. Hierdie All Black gaan jou byt en dan huil almal weer omdat jy nie ore het nie. Vermy asb die draad soos julle gedoen het. as jy my respekteer kry jy dit dubbelvoudig terug.
Weer geluk aan die Bokke. Begin nou spanbou want die rugby wereld en spel is aan die verander. Hopelik speel ons nie rugby met kop beskerming oor 4 jaar nie.
Hierdie All Black gaan jou…
Hierdie All Black gaan jou byt
Dis die prentjie wat ek in my kop sien.

Dis mos ek daai. Skadeloos…
Dis mos ek daai. Skadeloos.
Try hom vashou as hy n kopseer het.
"Óns is die wen kant"
Net een punt nodig om ń punt te maak !! Sing gou saam "Óns is die wen kant, óns is die wen kant, champions of the wooooorld."
Springbok ondersteuner
Ek is 'n vurige Springbok ondersteuner en is ook bly dat hulle die wêreldbeker gewen het, al was dit met net een punt. Ek weet ook dat die eindstryd in 'n wêreldbeker tussen twee van die beste spanne in die wêreld, nie noodwendig skouspelagtig sal wees nie omdat die twee spanne mekaar medendoënloos sal opdreun.
Ten spyte hiervan is ek nogal teleurgesteld in die Bokke se vertoning. Die AB het deurentyd besit van die bal gehad, wat het dan aan die Bok-kant verkeerd geloop ? Die lynstane het ook merendeels aan die AB behoort, selfs met kere waar die Bokke die bal ingegooi het ! Die Bokke het egter fantasties verdedig.
Die Bokke kon nie eers eenkeer 'n drie druk nie wat uiters teleurstellend is vir die wêreld se beste span.
Wat my steeds sooibrand gee, is die voortdurende se "up & under" geskoppery, sonder om veld te wen en net jou teenstanders instaat stel om 'n teen-aanval te loods.
Maar nouja, netsoos die Queen se begrafnis en King Charles se inhuldiging is genoeg genoeg. Ons het nou 'n oordosis van rygby gehad en nou gaan ons seker weer 'n oordosis van 2024-verkiesing hê !





Vakansie dag
Vanaf MSN se blad