6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Skinder??? Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -9 minutes ago
Wessel daar was 'n paar… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Hou net die letter e in vir… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Laaste oor die dekselse kappie Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -2 hours ago
Lower Sabie Kruger 2026 Geert -2 hours ago
Kappie e se toets Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -2 hours ago

Rugby Wêreldbeker 2023

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on

Ek weet nie of daar nog ander rugby-entoesiaste op hierdie forum is nie. Ons sal nie eens 'n rugbyspan kan volmaak met gereelde deelnemers aan hierdie forum nie - dit sommer net terloops.

Ons Bokspan vertoon goed in hierdie stadium. Nie net het ons met ons amperse B-span verlede Saterdag vir Wallis verniel nie, maar het ons gisteraand die magtige All Blacks behoorlik ore aangesit met 'n rekordtelling.

Mag ons manne so voortbou vanaf die afskop van die Wêreldbeker. Danksy 'n tydelike VPN-app kon ek beide genoemde wedstryde hier in Roemenië kyk. Maar die Wêreldbeker se wedstryde sal darem hier op plaaslike TV gekyk kan word, want Roemenië neem ook deel - juis ons tweede teenstanders. Die ongeluk is net dat die kommentaar in Roemeens sal wees. Solank ek net kan kyk - ek sal my eie kommentaar lewer.

Irene

Grootwind

Mon, 06/11/2023 - 08:59

Nee o donner. Hierdie alewige "daar is 'n verneukspul" as iets nie na mens se sin verloop nie begin my nou grensloos irriteer. Wonder net hoe mens lewe met so 'n negatiewe houding? Opmerklik dat die stellings nie een deur feite gestaaf word nie? Persoonlike opinies word nou as feite voorgehou? Regtig?

0
Bloemfontein

Skerpioen

Mon, 06/11/2023 - 09:39

Nee o donner nou het ek alles gehoor.  Dan was die Proteas regtig pateties as die game regverdig gespeel was. Uiters swak teen wereld se bestes.    Dit pas by hulle.  Malema moet einlik die Protea embleem by hulle wegvat soos wat hy gaan doen met die springbok embleem by die ander Proteas.

https://maroelamedia.co…

Ek wonder hoe lewe mens in 'n droomwereld waar jy dink alles is 100% reg.  Hulle is soos 'n padda in 'n warm pot wat ronddryf en wag vir sy volgende wurmpie.  Hy is al so gewoont aan die warm water dit pla hom nie meer nie.  Hy breinspoel homself te glo hy is 'n positiewe mens en al die ander is negatief wat die regte feite raaksien.   Dit irriteer my en duisende ander geweldig.  Hy glo alles solank hy net sy wurmpie op tyd kry.  Een van die dae is hy vet genoeg en dan word daar groot babers met hom gevang.  Of miskien oortuig hy homself dat alles 100% reg is omdat hy in sy hart twyfel oor sy  JA stem. 

 

0
Worcester

Wildehont

Mon, 06/11/2023 - 12:24

Ja, dit was nie lekker om te kyk nie. Wat duidelik is sover in die toernooi is dat ons eerste moet kolf. Ons het die wedstryde waarin ons eerste gekolf het gemaklik gewen. Van die drie waarin ons tweede gekolf het, het ons twee sleg verloor en een net-net gewen. 
 

Om teen Indië te verloor in daardie stadion is nie ‘n skande nie. Om so ver te verloor is dalk. Dit lyk asof ons teen Australië gaan speel in die halfeind. Dis jammer, ek dink Nieu-Seeland sou ‘n makliker wedstryd gewees het. Hulle is nou al gewoond daaraan om teen ons te verloor, in rugby ook. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 06/11/2023 - 13:07

Middag Grootwind

My opmerking het niks met "negatiewe houding " te make nie. Ek is bloot net nie verbaas oor enige sportuitslae nie, veral nie krieket wedstryde s'n nie. Watter span wen, skeel my ook deesdae niks nie. 

Net so is ek ook nie meer verbaas indien enige vorm van konkelary in enige aktiwiteit/optrede/maatskappy/regeringsinstansie/ kontrak plaasvind nie. Dit is ongelukkig die waarheid, dat dit eintlik die norm is deesdae.

Voorbeeld: Ek het vanoggend my trokkie geneem vir sy 2de diens, volgens die diensplan van Toyota. Die feit dat ek netnou toe ek my bakkie gaan haal het, aangedring het dat hulle die oliepeilstok uittrek, om te sien of hulle olie ingegooi het, is nie 'n negatiewe houding nie. Ek het al tevore my Mercedes teruggekry sonder olie, na 'n diens. Ek probeer om nooit foute uit die verlede te herhaal nie. 

0
Pretoria

Geert

Mon, 06/11/2023 - 22:53

droomwereld waar jy dink alles is 100% reg. 

Jip, ek is ook al baie op my vingers getik of het dit gevoel as ek negatiewe ervaring deel....mense wat jou aanvat asof jy nonsens praat. Intussen sit hul eie kinders en familie lede oorsee agv negatiewe aspekte van ons land. Dan wonder ek....kon jy nie jou eie kinders en familie oortuig dat alles hier 100% is en nie nodig is om groener weivelde elders te gaan soek nie? Ek dink baie van die aanvallers hits nog hulle eie kinders aan om oorsee te gaan vir beter geld en omstandighede en vooruitsigte

0
Bloemfontein

Skerpioen

Tue, 07/11/2023 - 07:36

Intussen sit hul eie kinders en familie lede oorsee agv negatiewe aspekte van ons land.

Baie van die aanvallers hits nog hulle eie kinders aan om oorsee te gaan vir beter geld en omstandighede en vooruitsigte

Geert, ek kom sweer jy is "Siener van Rensburg".  Baie goeie brief.  Jy slaan die spyker mooi op die kop in 'n gevoelige senuwee.    

Dis maklik om te sê iemand is negatief as jy nie met hom saamstem nie.  Dis amper gryp aan wind om jouself siening te regverdig. Onthou jy ken nie die persoon nie en staan nie in sy skoene nie. 

Kyk eerder na jou eie foute, keuses en verleenthede van die verlede, dan sal jy agter kom jy is miskien self baie negatief al noem jy ander negatief.         

0
Worcester

Wildehont

Tue, 07/11/2023 - 07:50

Mens moet doen watookal vir jou en jou gesin die beste is. Party mense is gelukkig hier, ander se omstandighede verskil en hulle is nie. Dis ook ‘n groot land en dit gaan beter in sekere dorpe/stede as in ander. Niemand kan dus vir iemand anders berispe oor positief of negatief wees oor sy/haar omstandighede nie.
 

Wat ek wel weet, is dat indien mens heeltyd fokus op die negatiewe - en dis maklik want die media wys net dit vir jou - gaan jy negatief voel. As jy kies om op positiewe dinge te fokus - al is dit so “klein” soos om gesond te wees, ‘n gesonde gesin te hê, ‘n betroubare sleepvoertuig te hê en ‘n kampeerwa of karavaan en uit te sien na ‘n lekker naweek of vakansie daarmee - gaan jy meer positief voel en jou lewe meer geniet. 

0
Irene

Grootwind

Tue, 07/11/2023 - 10:37

Ek aanvaar dat van die onlangse kommentare oor 'n negatiewe houding gerig is (of veroorssak is) op my onlangse plasing. Indien so, lees asb my plasing binne konteks...ek het verwys na die negatiewe kommentaar oor die sg. beweerde "verneukspul" met ons laaste krieket wedstryd teen Indië, en niks anders nie. Dit het ongelukkig ontaard in 'n galbrakery oor die land se politiek, ekonomie en sommer ook diegene wat kinders, familie in die buiteland het. En as mens durf waag om te noem dat iets mens irriteer word bg. uitgepluk, en sommer saam met 'n etiket dat mens 'n sg. "Ja" stemmer was. 

Ek is nie blind vir die land se foute en probleme nie, baie daarvan die gevolg van swak besluite en kriminele gedrag. Maar ek het nog altyd probleme gesien as geleenthede. Ek is steeds verbonde aan 'n nagraadse bestuurskool, so glo my ek weet wat aangaan. Ek weier egter om in 'n moeras van negatiewiteit te verval. Probleme = Geleenthede (en nee ek is nie 'n padda in 'n pot lou water nie). As 'n sportspan verloor beteken dit nie dat iemand omgekoop is nie, al het Hansie Cronje homself (byna 25 jaar gelede!) daaraan skuldig gemaak. Mag dalk as 'n verrassing kom vir party mense, sport spanne het ook hulle "af dag", en word ook deur die beter span op die dag geklop! 

Daar is uiteraard onderwerpe wat nie in almal se smaak val nie. Ja ek is bewus daarvan dat mens nie kan "verby hou" sonder om minstens bietjie te lees nie, hoe anders gaan mens weet waaroor dit gaan? Ek lees selde indien ooit enige plasings oor die KNP, "not my kettle of fish", al oorheers so 'n draad die forum partymaal vir weke, ek het nog nooit daaroor gekerm nie.

Vanoggend word daar weer dinge kwytgeraak oor mense wie se kinders in die buiteland woon. Ons leef in 'n era van globalisering en veral professionele jong mense is uiters mobiel en sal beter geleenthede vir hulle en hulle kinders najaag, my kinders ook. En nee ek sal hulle nooit ontmoedig om nie beter geleenthede aan te gryp nie. Inderwaarheid het ons self vir 3 jaar in die VK gewoon. Daarna minstens vier aanbiedings uit die VSA, VK en Duitsland afgewys...daai probleme = geleenthede ding wat my oortuig het om te bly! Feit dat ek steeds hier is sê dalk iets, Daai lastige probleme = geleenthede ding!

 

0
Worcester

Wildehont

Tue, 07/11/2023 - 11:39

Hierdie gesprekslyn (wat nou al by 24 bladsye trek) het die afgelope maand seker die meeste aandag geniet. Ongelukkig is geniet dalk nie die regte woord vir sommige lede se ervaring op van die plasings wat hier gemaak is nie. 
 

Mense verskil van mekaar. Daar is nie twee mense op aarde en was nog nooit en sal nooit wees wat presies dieselfde is of voel of oor alles saamstem nie. Dit hoort ook so. Anders was ons ‘n klomp outomate wat ‘n baie vervelige bestaan gevoer het. 
 

Maar ons is almal mense, en mens moet mekaar respekteer. Politieke- en geloofsoortuigings verskil. Mense ondersteun ook verskillende sportspanne, selfs ander lande se spanne in ‘n paar se geval. Ongelukkig is politiek, geloof en tot ‘n mate sport iets wat kan lei tot argumente - veral as lg met eg twee vermeng word. 
 

Kom ons stem saam om te verskil, en verskil van mekaar met respek vir mekaar. Ons gaan mekaar meeste van die tyd nie tot ander oorwegings bring nie en hoef ook nie. Dis ‘n plek vir gesels. Laat die wat op alles wat verkeerd is wil fokus daarop fokus en daaroor gal braak en laat die wat op alles wat mooi is wil fokus daarop fokus en liries raak. 
 

Maar kom ons laat staan die beskuldigings en beledigings en klim nie in mekaar se karakter in nie. Laat die Hilux eienaars hulle wit bakkies geniet, en dieselfde met die Ranger, Isuzu en Mahindra eienaars. Hulle bring ons almal op die ou end by ons gunsteling oord, en dan moet jy liewers my voorbeeld volg en ‘n vakansie vat van nuus ook. Sodoende geniet jy jou vakansie baie meer. 
 

Vrede. 

0
Irene

Grootwind

Tue, 07/11/2023 - 13:36

Jy is heeltemal reg...maar die sleutelwoord is en bly "debat", vlgs die Brittanica boek van hogere Engels is debat 'n "a discussion between people in which they express different opinions about something", definitief is dit NIE om etikette om mense se nek te hang as mens nie saamstem nie. Ongelukkig is hier individue op die forum wat daarvan hou om te trol (wonder wat is goeie Afrikaans vir "trol"?!). Dit laat onmiddelik my nekhare rys, ongeag of dit op my gemik is of op iemand anders. Maar kom ons laat dit eerder daar. Ekke moet nou eers 'n paar besluite gaan neem.

0
Bloemfontein

Skerpioen

Tue, 07/11/2023 - 14:12

Wildehont,  Goeie brief en goeie karakter.  Dankie vir dit.  Al verskil ons oor baie goed was jou brief puik gestel. Jy is 'n goeie klaskaptein.

Grootwind jy huil nou net met 'n lang brief dan noem jy weer mense trolle gemik na my.    Sies man.  Trantrum se moses.  Ore het jy seker ook nie maar dan moet jou gat brand.  Jy wil name en slae uitdeel en dan huil jy as ek iets terug doen.  Word groot vir 'n slag.  Lees terug my nommer is hier as jy balls het.  angry

Ek kan nie glo die gesprek het 24 blaaie nie.  Dis seker aan hierdie "All Black" te danke.  Ek was hier al baie skelname genoem van bladsy een wat ook die kol getref het.  Ek het soms ook op my tande gebyt en soms tantrums gegooi maar gelukkig is ek nie te fyn gevoellig nie.  Alles omdat ek vir 'n ander span skreeu en ondersteun as julle.  So what?  Ek het my persoonlike redes hoekom en baie lede wil dit nie aanvaar nie en dan word die man gespeel in plaas van die bal. Soms het ek nogal van die lekker beentrekkery en ligte houe gehou tussen die lyne. Jy, Wildehont het my soms warm gehad maar ek het jou insette geniet veral die foto's en gespottery. Geniet die beker maar moet nie gewoont raak daaraan nie.

Meeste verskille kon vermy gewees het maar hoekom na iemand slaan as jy bang is om terug geslaan te word?  Hoekom iemand 'n skelnaam noem as jy bang is vir woorde soos knieknakker en Ja stemmer?  My skelname strek van Gert Viljoen, lands verraaier, en 'n miljoen ander.  Waar is die dae toe mense nog vreedssaam kon verskil het. 

Die laaste tyd moes ek hoor hoe negatief ek en almal is.  Dis snert.  Hoekom die heeltyd iemand lable wat jy nie eers ken nie as hy verskil van jou???? Ek het nou genoeg vrae in die lug gegooi maar ek hoop dit laat ook iemand 'n bietjie terugdink.

Ek hou van die "Vrede" voorstel en sal vir niemand meer 'n "Ja stemmertjie" noem nie want die reaksie is plofbaar.  Knieknakkertjie is 'n werkswoord en ek hoop meer mense doen dit vir die regte redes in hierdie onstuimige tye.  

Gelukkig is die rugby eers weer oor 4 jaar.  Ek sal maar lekker wonde aflek tot die volgende Wereld Beker.   Maar aanvaar asb as iemand vir die All Blacks skreeu wat ons word meer soos die tyd aangaan.  Dink net hoe sou dit gewees het as ons 10 x All Black ondersteuners hier was. devil   

0
Secunda

Sleep nou

Wed, 08/11/2023 - 14:03

Ek hier deur gelees en kom weer tot die gedagte ons almal verskil jy laaik dit ek laaik dat die rugby was woes innie wereld beker geluk Bokke wonder of Duane Vermeulen gaan inval my afrigting span vir bokke tyd sal leer

0
Pretoria

Geert

Wed, 15/11/2023 - 19:19

NZ het nie te sleg terug geveg teen Indiê nie, maar 397 is groot telling om te jaag

Daar is môre 50% kans op reen op Kolkata waar SA vs Aus speel. Sou dit uitreen môre, is Vrydag as alternatief....maar is 90% kans op reen. As spel uitreen, gaan SA deur na finaal.....1ste keer

0
Worcester

Wildehont

Wed, 15/11/2023 - 21:42

Ek het ook gesien ons gaan deur as ons nie 'n uitslag kry oor die twee dae nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus