Dinge begin so stadig rigting kry vir ons kort 3 weke wegbreek wat môre oor 3 weke begin. Die inpaklys is voltooi, die spyskaart aanmekaargesit en die wa se binnekant ge-"springclean". My tuiningenieur is weer volgende Maandag hier en dan word die wa van sy bokkies afgehaal, uitgetrek om gewas te word en gou na SupaQuick geneem om die battery (wat al etlike jare aankom) te laat toets ten einde seker te maak daar is nog genoeg woema om die "movers" te laat werk en tydens die reis die tru-kamera van krag te voorsien.
Ons reisplan is as volg:
4 Okt: N2-langs tot by Dwarswegstrandoord vir 3 aande.
7 Okt: N12-langs (George, Oudtshoorn, De Rust en via die pragtige Meiringspoort) na Karoo Nas Park vir 14 aande.
21 Okt: Aanvanklik N1-langs tot anderkant Touwsrivier waar ons suid wegdraai na Montagu vir 3 aande.
24 Okt: Huiswaarts via Wessel se grootword-dorp, Bonnievale, (waar ek gedwing word om tweekeer om die kerk te ry) voordat ons weer by die N2 by Stormsvlei aansluit vir ons laaste skof huistoe.
Kinderlik opgewonde want dit is bykans 2 jaar sedert ons laas gekamp het.
So pas bevestig
My aanlynbespreking is gedoen en deposito betaal vir staanplek No 11 vanaf 17 Januarie vir 10 aande. Ons arriveer dus hier by Dwarswegstrand net nadat die skole in Januarie begin het.
Dit is vandag ons laaste van slegs 3 aande se verblyf by hierdie prag-oord waarop ons sommer dadelik verlief geraak het. Ek kry nou amper spyt dat ek die eerste 4 aande van volgende jaar by ATKV Hartenbos bespreek het. Maar aag, ek het nog elke keer Hartenbos ook geniet.
Dwarswegstrand is egter nou in my bloed ingeënt. Dankie aan diegene op hierdie forum (Wildehont, Wessel & Geert) wat my d.m.v. die forum aan hierdie plekkie bekendgestel het.
Karoo - hier kom ons
Gou my laaste oggendkoffie hier by Dwarswegstrand - dan lê, George, Oudtdhoorn, De Rust en die pragtige Meiringspoort voor op pad na ons tuiste vir die volgende 14 aande.
Outenikwa pas
Chris B, gelukkig sleep jy berg-op netnou. Dit is baie lekkerder as berg-af.
Soos julle Oudshoorn inkom Langenhoven straat, is daar erens 'n klein bakkerytjie aan jou linkerkant wat die lekkerste pasteitjies en goedjies verkoop. Dit is nog voordat jy moet draai in Voortrekker straat.
Geniet Meiringspoort se mooi ruwe berge.
Soos julle Oudshoorn inkom…
Soos julle Oudshoorn inkom Langenhoven straat, is daar erens 'n klein bakkerytjie aan jou linkerkant wat die lekkerste pasteitjies en goedjies verkoop.
Ons het verlede jaar die lekkers eetgoedjies daargekoop.
ChrisB, ek hoop nie julle het te veel reën nie.
Dwarswegstrand
Dwarswegstrand is egter nou in my bloed ingeënt. Dankie aan diegene op hierdie forum (Wildehont, Wessel & Geert) wat my d.m.v. die forum aan hierdie plekkie bekendgestel het.
Julle was mos voorheen daar in ‘n huisie as ek reg onthou, maar dis julle eerste keer wat julle daar kampeer? Ek het die oord ontdek toe ek in 2020 na kampeerplek naby die see gesoek het. Sedertdien is ons elke Desember van 2021 af daar. Desember 2020 was Kgalagadi reeds bespreek. Ons was natuurlik ook die afgelope Maart daar, en is reeds bespreek vir volgende jaar April (en natuurlik komende Desember). Ek weet baie mense is baie lief vir Hartenbos, maar ek en Salomien is dit eens dat Dwarswegstrand by verre ons voorkeur oord by die see is. Lekker klein met ‘n “privaat” strand.
Veilig reis verder en geniet die Karoo.
Ek stem saam ....
... Wildehont - in die toekoms sal dit baie eerder Dwarswegstrand as Hartenbos wees. Ons "love" die plek. So 08:15 daar weg en sit nou hier in De Rust by Roy's Coffee Shop om 'n brekkie te geniet. Gou volgemaak met diesel sodat ons nie te gou in te ry Beaufort toe om weer te gaan volmaak nie.
Ons "love" die plek. Ek is…
Ons "love" die plek.
Ek is so bly julle het dit geniet. Die km's stap op die oop strande is vir ons ook lekker. Kan afstap Glentana toe.
Die enigste probleem
Met die dat Dwarswegstrand deur al hoe meer mense ontdek word, raak dit ongelukkig moeiliker om plek te kry. Maar dis goed dat die oord besig bly en goed vaar sodat hulle kan bekostig om dit op standaard te hou. Kon julle sien of al die staanplekke nou geplavei is? Daar was ‘n paar wat nog nie was nie.
De Rust het…
De Rust het.......................................................'n besonderse bekoring vir ons. Altyd netjies en skoon straat.
Nog nie daar gestop nie maar gaan plan maak.
Dwarswegstrand
Wildehont - sover ek kon sien is alle plotte geplavei. My bure het vir my genoem dat die oord blykbaar volgende jaar Augustus gesluit gaan wees om die ablusieblok op te gradeer.
Weereens - 'n puik plek. 3 aande was te kort. Maar Januarie is ons darem vir 10 aande bespreek.
Ons staanplek vir Januarie 2025 (met ons bure van die vorige 3 aande se karavaan daar opgeslaan). Daar 's 'n lekker boom wat namiddagskadu gee.

Ons s'n waar ons nou gestaan het.

Karoo Nas Park
Ons was 12:30 by die ingang. Ons het opgeslaan op Wessel se staanplek tydens die Herfsblare saamtrek (no 25). Neef se staanplek was nog oop, maar Len s'n beset.
Ons is dadelik verwelkom deur Bibi die hans-grootgemaakte koedoekoei.

Dwarswegstrand staanplek grootte
Ek sit so en kyk na Chris se fotos, en wonder, is die staanplekke nie effe klein nie? Ek gaan weer na my eie fotos van 2022 kamp kyk, od die voorste seefront staanplekke ook so knap is.
Ek sal nie daarvan hou as iemand vuurmaak en braai so naby aan my trokkie nie.
Karoo nr25
Môre Chris, dit lyk volgens jou foto of jy jou sytent na die bome/struike se kant op gaan slaan. Dit behoort dan veral in namiddag redelik skadu te kry, wat nooit te versmaai is nie.
Geniet die Karoo.
Dwarswegstrand
Die staanplekke is maar kleinerig, maar die netheid en onderhoud daarvan (sowel as die ablusies) maak dubbel en dwars daarvoor op.
Karoo Nas Park
Die twee Boucher oumense is vandag sommer net besonders rustig. Lekker laat geslaap na gister se uitputtende opslaan. Die seer ribbekas maak dit nie maklik met die bukwerk en swaar goed se optellery nie.
Nietemin - ons is opgeslaan en kuier alte lekker in een van ons gunsteling plekke. Hierdie ou het gisteraand selfs 'n houtvuur gemaak en afgewyk van die Smokey Joe. Ek het van Spar se Barbeque Chicken Espetadas gebraai. Dit is werklik aan te bevole. Die "barbeque spicing" smaak aangenaam en die vleis is ontbeende hoenderdytjies. Sag, sappig en smaaklik.
Vanaand sal ons eerste aand van nie-braai wees. Mammie is gek oor haar pasta. Om dus die government gelukkig te hou sal dit spaghetti bolognaise wees.
En ek het die stoute skoene aangetrek. Ek moes net eenvoudig 'n goue koue, nee twee, na die harde werk geniet. En 'n glasie Paul Cluver Sauvignon Blanc het die ete lekker vergesel.
YR sê ons gaan vandag 31° beleef, môre 34° en oormôre 35°. Maar ek het geluister na die Loader-vent en maar die lugreëlaar ingepak vir ingeval dit té warm word.



Staan julle langs die paadjie badkamers toe?
Dit lyk vir my soos die staanplek waarop ons tydens ons enigste besoek gestaan het. Ons het presies net so opgeslaan. Dis ‘n lekker plek, ek moet plan maak om weer daar uit te kom.
Dwarswegstrand staanplek grootte
Ek sit so en kyk na Chris se fotos, en wonder, is die staanplekke nie effe klein nie?
Ons het al op 17, 27, 29 en 30 gestaan en nie een van hulle te klein of selfs knap gevind nie. Die Kavango met die sytent het op al die staanplekke hier bo se plaveisel gepas met nog so meter en ‘n half plaveisel oor . Die twee keer wat ons op 30 gestaan het, het ‘n ingenieur van Durbanville op 22 gestaan met sy Eksklusief en ook genoeg plek gehad. Maar sê liewer vir almal die staanplekke is te klein en die tent toue kruis mekaar. Dis sommer ‘n k@k plek.





Dit lyk asof ek geholpe kan…
Dit lyk asof ek geholpe kan raak indien ek 'n week vroeër kom - van 17 Januarie vir 10 aande. Die staanplek langs No 10 (my huidige waar ons tans staan), naamlik No 11 (wat beter skadu bied) is beskikbaar vir daardie tyd. Ek gaan gou vanoggend probeer om dit vas te maak.