Dinge begin so stadig rigting kry vir ons kort 3 weke wegbreek wat môre oor 3 weke begin. Die inpaklys is voltooi, die spyskaart aanmekaargesit en die wa se binnekant ge-"springclean". My tuiningenieur is weer volgende Maandag hier en dan word die wa van sy bokkies afgehaal, uitgetrek om gewas te word en gou na SupaQuick geneem om die battery (wat al etlike jare aankom) te laat toets ten einde seker te maak daar is nog genoeg woema om die "movers" te laat werk en tydens die reis die tru-kamera van krag te voorsien.
Ons reisplan is as volg:
4 Okt: N2-langs tot by Dwarswegstrandoord vir 3 aande.
7 Okt: N12-langs (George, Oudtshoorn, De Rust en via die pragtige Meiringspoort) na Karoo Nas Park vir 14 aande.
21 Okt: Aanvanklik N1-langs tot anderkant Touwsrivier waar ons suid wegdraai na Montagu vir 3 aande.
24 Okt: Huiswaarts via Wessel se grootword-dorp, Bonnievale, (waar ek gedwing word om tweekeer om die kerk te ry) voordat ons weer by die N2 by Stormsvlei aansluit vir ons laaste skof huistoe.
Kinderlik opgewonde want dit is bykans 2 jaar sedert ons laas gekamp het.
Wonder of die plekkie nog…
Wonder of die plekkie nog bestaan?
Die plekkie staan nou bekend as "Oppi Plaas padstal" Het verlede Mrt weer daar gestop.
Oppi Plaas Padstal
Baie dankie Hennie. Goed om te hoor die stalletjie leef voort. Ons is in 2018 een laatmiddag redelik vinnig daar verby en dit wou voorkom asof iemand toe daar gewoon het - miskien het ek my misgis. Ek verlang na die plekkie......iets sê vir my ek moet in die pad kom![]()
Ek verlang na die plekkie…
Ek verlang na die plekkie......
Rona, daar was nie eintlik 'n groot verskeidenheid binne in die winkel nie. Miskien is daar net by ander Padstalle meer om na te kyk en koop. Ons het egter vanaf Stilbaai gekom en het net uit nuuskierigheid daar gestop, aangesien hulle 'n bordjie op het van Jakkalsvlei wyn wat daar te koop is.
Ek neem aan die Bouchers is…
Ek neem aan die Bouchers is al klaar by Dwarswegstrand?
Drink seker al ‘n bier
O nee, Mnr Boucher is mos op die waterkar. Ek is self in my sewende week daarop.
Geniet die oord julle.
Chris S....
....ek sal graag sy indrukke van Dwarswegstrand wil verneem.
Sewende week op waterkar, om geld te spaar, of om gewig te verloor. Indien laasgenoemde, help dit.??
Sommer net vir gesondheid
Sewende week op waterkar, om geld te spaar, of om gewig te verloor.
Ek kan nie sê dat ek al gewig verloor het nie. Ek spaar egter definitief geld.
Dwarswegstrand
Ons is uiteindelik klaar opgeslaan. Ek sê net-nou vir Hennie dat ons heeltemal te min kamp. Dalk speel die ouderdom ook 'n rol (maar beslis die seer ribbekas).
Ek dink nie kamp en bierloos gaan hand aan hand nie. Ek het darem nou wragtig lus vir 'n goue koue. Maar ek het besluit om soet te bly (vir eers) en net 'n suikervrye Stoney weggeslaan. Maar ek het darem 'n hele paar bottels wyn ingepak, want ek het so 'n "gutt feeling" dat dit maar sal neuk om op die waterkar te bly tussen daardie spuk rakkers (soos wat Wessel na ons klompie verwys). Ek is nou reeds vier en 'n half maande alkoholvry.


Oe...dit lyk lekker
Ek sê net-nou vir Hennie dat ons heeltemal te min kamp
Geniet dit ChrisB! Jy praat van min kamp....ek sal nie stry nie....as ek jou inleiding van hierdie draad lees van 2 jaar laas. Lyk of julle ook lekker weer het....sien nie vrou se hare rondwaai in kaapse winde nie. Geniet dit en hou ons maar op hoogte....lekker om te volg. Geniet maar daai koue goue skuimkop....gaan nie skade doen nie
Hallo Chris !
Dit lyk sommer alles spoggerig met nie 'n wolkie in die lug nie ! Vrek warm hier by ons in Kaapstad - my kar het vandag 35º gewys !
Geniet julle kuiertjie en ons sien mekaar dan oor 12 dae in Karoo NP.
En daar sneuwel my wynvrye-dae
Daar's 'n koeligheidjie in die lug vanaand. Toe en vuur aansteek, sê ek vir Ralie dit is darem erg om 'n lamsribbetjie voor jou karavaan te braai met die gedruis van die see in die agtergrond (so naby dat dit eerder klink na 'voorgrond) en jy drink nie eens 'n ou wyntjie nie. En toe sy dit be-aam, toe klap die wynproppe - ek met 'n glasie Spier Cabernet en sy met haar gunsteling nl. BC Wines se Bacchanté. Lekker man, lekker.
Ek woon by die see, maar is nie so naby aan die branders soos hier nie. Dit klink wonderlik. Ek reken ek gaan vannag lekker slaap. Môre beplan ons niks. En net ingeval ons nie klaarkry daarmee nie, beplan ons ook niks vir Sondag nie.
Saterdag 5 Oktober
Hier sit ek soos 'n ryk ouman, koffie in die hand, onder my stoeptent, nie 'n briesie in die lug nie, die gedruis van die branders, die Kaapse fisantmannetjie wat op die braaiplek sit en roep vir hetsy 'n maat of kos - en bepeins die voorreg om mens te wees.
Dit klink of ons dalk kan warm kry vandag. YR voorspel 32°.
Wag - ek moet darem net iets sê van my teleurstelling van gister. Met my seer ribbekas is ek maar tot min fisiese arbeid in staat. Ek wonder of daar nie dalk 'n rib of twee gekraak is nie. Nietemin - alhoewel ons op plaveisel staan, moes die wa aan die een kant ten minste tot op die laagste vlak van die geel plastiekblok staan om dit heeltemal gelyk te kry. Dit is mos maklik met die "movers". "Surprise, surprise" - daar gaan niks aan nie. Dit het gekos om die wa weer te haak en tot op die geel blok te "reverse". Ek het nogal vooraf die wa se battery laat toets om seker te maak dit is nog reg. Dit is beslis nie die battery nie. Dit is sedert ons hier aangekom het op "charge" en steeds gebeur daar niks. Nou wonder ek of dit nie dalk sommer 'n kleinigheid is (soos 'n "fuse") wat die probleem veroorsaak nie. Ek sal Maandag vir Pine Joubert, wat die installasie gedoen het, skakel.
Maar wag - dit is tyd vir 'n tweede koppie koffie se maak. Die antie lê nog knus in die katel - verbeel haar sy's met vakansie.
Chris namens die.....
wynboere van die Wes Kaap, u nernude ondersteuning van ons gehalte vloeibare produkte word op hoog op prys gestel. U kan verseker wees dat dit die vakansie net soveel aangenamer sal maak.
Soek die fout by die "movers" se papperye in die "remote" ![]()
Remote batterye
Ek het die afstandbeheer se batterye dadelik vervang, alhoewel die rooi liggie op die beheerder steeds aangekom het met die ou batterye. Dit was steeds vrugteloos.
Chris julle moet dit geniet…
Chris julle moet dit geniet. Later vat julle so lekker wandeling op daai uitgetrekte strande. Ons het elke aand lekker tussen die huise deur gaan stap.
As jy afkyk in die straat naaste aan die see in Mosselbaai rigting, die Helen Lochner woonstelle is waar ons laas gebly het. Ek het nou weer vir Maart volgende jaar bespreek, 9 dae vir R6100, dit is nie te versmaai nie.





Chris,
miskien is ek 'n bietjie laat, maar miskien lees jy dié voordat jy by Stilbaai se afdraai verbyry. Direk na die afdraai, op regterhand, was/is 'n klein rietdak-geboutjie. Ek het daar 'n padstalletjie gehad vir 7 jaar wat ek gehuur het van oom Jantjie Horn (die plaaseienaar wat ongelukkig so 'n jaar of twee gelede oorlede is). Die naam was Tolange Padstal, genoem na die plaas. Dit was goeie tye en ek het dit baie geniet - selfs 'n handgeverfde kussing verkoop aan prinses Diana se broer se vrou (skoonsuster dan). Wonder of die plekkie nog bestaan?
Oom Jantjie het meer plase gehad. Hy was ook baie bekend vir sy onbemande pampoenstalletjie op die pad na Gouritsmond waar jy net jou geldjie in 'n blikkie gegooi het en dan jou pampoen kon neem.