Dinge begin so stadig rigting kry vir ons kort 3 weke wegbreek wat môre oor 3 weke begin. Die inpaklys is voltooi, die spyskaart aanmekaargesit en die wa se binnekant ge-"springclean". My tuiningenieur is weer volgende Maandag hier en dan word die wa van sy bokkies afgehaal, uitgetrek om gewas te word en gou na SupaQuick geneem om die battery (wat al etlike jare aankom) te laat toets ten einde seker te maak daar is nog genoeg woema om die "movers" te laat werk en tydens die reis die tru-kamera van krag te voorsien.
Ons reisplan is as volg:
4 Okt: N2-langs tot by Dwarswegstrandoord vir 3 aande.
7 Okt: N12-langs (George, Oudtshoorn, De Rust en via die pragtige Meiringspoort) na Karoo Nas Park vir 14 aande.
21 Okt: Aanvanklik N1-langs tot anderkant Touwsrivier waar ons suid wegdraai na Montagu vir 3 aande.
24 Okt: Huiswaarts via Wessel se grootword-dorp, Bonnievale, (waar ek gedwing word om tweekeer om die kerk te ry) voordat ons weer by die N2 by Stormsvlei aansluit vir ons laaste skof huistoe.
Kinderlik opgewonde want dit is bykans 2 jaar sedert ons laas gekamp het.
Die twee vrae is......
.....ek raai;
1] hoe het die vuur begin
2] dra die leeus halsbande vir opsporing.![]()
Ek maak verwoed aantekeninge van rivier en Afsaal roete. Ek is mos moreel verplig om volgende jaar rondom middel September daar te kampeer.![]()
Nee ...
... ek wil hom die volgende vra:
- Is die turksvye, wat redelik algemeen gesien word, 'n inheemse spesie? Indien nie, waarom word dit nie uitgeroei nie? Ek is waarskynlik verkeerd, maar ek is nie bewus van 'n inheemse turksvy nie.
- Wat is die doel van die draadkamp in die omgewing van Afsaal? Die drade lê gedeeltelik plat en kan beslis nie wild uit daardie stukkie veld hou nie. As dit voorheen 'n doel gedien het, waarom word dit nie verwyder of dan selfs in stand gehou nie?
Koue wind
Hier waai 'n ysige wind vanoggend - mens sou kon dink dit het iewers gesneeu. Vir die eerste keer maak die lugreëlaar warm i.p.v. koud.
Ek wou vandag die Kookfontein 4x4 roete gaan ry vandag, maar dit gaan te stowwerig wees met die wind. Dus gaan ons maar Beaufort-Wes toe ry vir enkele inkopies, waaronder Super Glue (om mammie se sonbril reg te maak) en 'n "charger" kabel om die herlaaibare flitse te laai, want hierdie mamparra het die kabels by die huis vergeet.
Aag - en dan gaan ons onsself bietjie bederf met 'n Wimpy brekfis.
Dit klink .....
....na my tipe weer wat ek met verlof begeer!!!
Jammer om te hoor van inkopie uitstappie. Dit gebeur in die beste families, en op vakansies![]()
Aag - en dan gaan ons…
Aag - en dan gaan ons onsself bietjie bederf met 'n Wimpy brekfis.
Ek geniet weer eerder 'n ontbyt by die ingang van Beaufort Wes aan die anderkant van die dorp, rigting vanaf Drie Susters. Die Restuarant by die Engen aan die dam se kant.
Hennie ...
... praat jy van 4 Sheep by die Caltex vulstasie soos wat jy Beaufort inkom van 3 Susters af? Want die eetplek by die Engen vulstasie (net langsaan) is die Wimpy. Ek onthou dat Dowwe Dolla op 'n stadium gebruik is in radio advertensies om 4 Sheep te promoveer.
... praat jy van 4 Sheep by…
... praat jy van 4 Sheep by die Caltex vulstasie soos wat jy Beaufort inkom van 3 Susters af?
Jammer, jy is reg. Die Engen is net langs hom in die sirkel.
Met die wind ...
... wat vir die tweede agtereenvolgende dag maar onplesierig gewaai het, het ons maar laag gelê - was nie lus vir die stof wat saam met jou waai op die pad nie.
Maar laatmiddag verneem ons toe van die leeus wat 2 km vanaf die afdraai op die Potlekkertjiepad 'n vangs gemaak het. Ons kry toe egter net die karkas met die dikgevrete leeus wat iewers skuiling soek teen die wind. Ons draai toe maar om en ry tot by die Rooivalle.
My buurman, wat oorkant my kamp, ry toe egter verder en hy reken slegs sowat 500 meter verder kry hulle 2 swartrenosters. Die bure langsaan het net voor hek-sluitingstyd wel die 2 wyfieleeus by hulle vangs gekry.
Weereens - die regte tyd op die regte plek. En Chris Boucher het nie een van dié twee reggekry nie.
Die tyd vlieg net te vinnig. Ek kan beswaarlik glo dat ons al 9 aande hier was en slegs 5 aande oor het.
Maurits en Montagu ????
Middag Chris B, het jou vriend toe vir jou gewag by Montagu?? Indien wel, hoop ek julle klink 'n lekker glasie rooiwyn vanaand.
So stil soos 'n duikboot
Ek praat nou van die Maurits-kêrel.
Ons het arriveer by 'n vol en netjiese Montagu Karavaanpark.
Montagu tariewe
Middag Chris, wat is die tariewe tans in Montagu?? Ek wil sommer vergelyk met ander plekke.
Ek kan altyd Montagu oorslaan, as ons in Sederberge oorbly. Ek moet nog uitvind wat kos dit daar.
Montagu ...
... kos my R290 per nag wat ek reken 'n "bargain" te wees.

Montagu---bargain
Dit is beslis, veral as mens kyk wat beskikbaar is.
Dit lyk of staanplekke lekker groot en goed versorg is.
Julle moet tog soet wees, ek verstaan die bestuur kan maar kwaai wees![]()
My suster ...
... het gister gesê dat hulle 'n paar jaar gelede deur 'n uiters ongeskikte "tannie" hier ontvang is. Om my suster se woorde te gebruik, die "tannie" het seker die afleiding gemaak dat mense wat met 'n swart voertuig (Land Rover) ry en nie kerkklere aan het nie (maar eerder 'n "strap toppie") beteken "hier kom moeilikheid". Terwyl hulle opslaan, het hulle "swart voertuig" op die onbesette staanplek langsaan gestaan, en het die "tannie" hulle daaroor kom verskrik. Hulle ervaring met die "tannie" het meegebring dat hulle totaal "genees" is van Montagu Karavaanpark.
Ons, inteendeel, is baie vriendelik deur 'n vriendelike mooi jong dametjie ontvang. Ek kan maar net sê "watter pragtige goedversorgde park". Al wat pla is 'n Piet-my-vrou (voël) wat hier iewers in 'n boom sit en aanhoudend reg deur die nag roep. Dit is 'n pragtige roep, maar o hemel dit voel later of jy hom moet gaan soek en met 'n klip kan gooi.
dit moet net....
....die Land Rover wees, kleur was seker 'n bysaak, wat die argwaan ontketen het.![]()
Ek behoort dus redelik vriendelik ontvang te word, mits ek op eie staning parkeer. Dit lyk elkgeval ruim genoeg.
Dalk is hier soms ...
... 'n kwaai "tannie" aan diens - maar Montagu Karavaanpark is 'n uitstekende oord om te besoek. Vir mense met kinders is hier heelwat om die kleingoed mee besig te hou. Hier's swembaddens (koud en warm) met 'n klein waterglybaan en 'n dam om vis te vang en trapbootjies om te huur.
Die staanplekke is of geplavei of het uitstekende grasoppervlaktes.



Ons het gister gou gaan op "stock" met Monragu se lekker produkte - droëvrugte en wyn. Vir daardie doel hoef jy slegs na een plek te gaan - Cape Dry se fabriekswinkel. Daar's net een probleem - alles lyk lekker en jy neig om alles te wil koop wat jou oë sien. En die wynverskeidenheid is uitstekend - omtrent elke kelder in die Breederiviervallei se wyn word daar verkoop. Ek moes maar 'n paar aanskaf, o.a. Zandvliet se Syrah Rosé wat ons gisteraand geniet het. Verskeie kelders maak 'n uitstekende Colombar, 'n cultivar wat hoofsaaklik vir rabat-doeleindes aangeplant is. Ek moes eenvoudig 'n paar bottels daarvan koop. Maar vanaand sal 'n bottel Arabella Merlot (een van my gunsteling rooiwyne) se nek geknak word saam met 'n goed-verouderde sirloin steak - ons laaste aand van die kort vakansie.
Ons het Januarie …
Ons het Januarie vir 3weke in Montagu gestaan en die tannie was baie vriendelik met ons.
Wat my baie beindruk van die oord is dat hulle gedurig die plek opknap. Nou van Chris se fotos kan ons sien dat die pad na die boonste terras ook verander is. Die groot warm swembad se glas deure is verander terwyl ons daar gestaan het.
Seker een van die lekkerste oorde wat ons al by gestaan het.
Selfs die dorpie is mooi vir ons.
Ons geniet ...
... Montagu Karavaanpark sodanig, dat ek net-nou gaan plek bespreek het vir 6 - 16 Des. Die kampgogga het my en Ralie nou weer (na bykans 2 jaar van geen kamp) behoorlik gebyt. Die vriendelike dametjie by die kantoor het gou 'n kaart van die oord uitgedruk en alle beskikbare staanplekke vir genoemde periode daarop aangedui.
Na 'n stappie deur die oord het ons 'n keuse gemaak en gou bespreek. Dus lê daar nou 10 aande voor gedurende Des hier in Montagu, 10 aande in Jan by Dwarswegstrand en gedurende Apr/Mei 4 aande in Hartenbos, 7 in Karoo Nas Park, 10 by Klein-Kariba en 29 in die wildtuin.
Kansellasie
Mens kan mos niks kanselleer as mens niks bespreek het nie ![]()
Die bg sommer tong in die kies. Welkom terug. Mens vergeet soms wat jy mis as jy vir ‘n ruk nie kampeer het nie. Ek kyk nou maar hoe het ons kinders geleef die afgelope naweek by Houdenbek en hoe ons drie paartjies dit geniet het om hulle so te sien baljaar in die natuur.





14 Oktober
Gister (14 Okt) was 'n meer genadige dag t.o.v. temperatuur (22°C) teenoor die vorige vrekwarm dae. Die wind was baie gematigd, maar vanoggend weet ons behoorlik dat die wind waai.
Ons het gister een van ons beste wildbesigtigingsdae ooit in dié park gehad (sonder om leeus of renosters te sien). Ons het net tot by die Rooivalle gery (5,5 km) en 4 pare klipspringers gesien. Met die terugkeer het ons weet 2 van genoemde paartjies gesien plus nog 'n ander paartjie - m.a.w. 5 pare klipspringers binne minder as 'n uur.
Met die terugkeer kamp toe, het ons afgedraai op die Potlekkertjiepad en sowat 3,5 km gery tot by (wat ons noem) die "klein dammetjie". Vir die tweede keer het ons die ongewone gesig gesien van die bosbokram wat saam met die groepie koedoes loop. Maar ons het sommer baie koedoes (ook in Klipspringerpas) gesien, twee troppe elande, rooihartbeeste en bergkwaggas.
Van leeus gepraat - ons het nog nie een gesien nie. Ons het Saterdag die Afsaal-roete gaan ry - en geen leeus gekry nie. Sondagoggend het mense (wat net een aand hier was) eers gou die Afsaal-roete gaan ry en 3 leeus gekry op dié plek waar ek altyd hoopvol is om óf leeus óf renosters te kry. Neef Herman, wat ook die pad ken, sal weet as ek praat van die suiping net voor jy deur die rivier gaan - dáár, in die rivier het hulle die leeus gekry. Weereens - "the luck of the draw", oftewel op die regte plek op die regte tyd. My tyd was nie reg nie.
Vanoggend voel mens amper nie lus om jou kop by die karavaandeur uit te steek nie. Dis koud en onplesierig. Maar raai wat? Ons kuier vreklekker. Ek het Armond weer genooi vir 'n bier na werk, want ek het twee vrae wat ek hom wil vra.