Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Smokey Joe Braai met 'n Weber Geert -7 hours ago
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -17 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -18 hours ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -22 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 day ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 day ago

Dwarswegstrand, Karoo & Montagu

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Dinge begin so stadig rigting kry vir ons kort 3 weke wegbreek wat môre oor 3 weke begin. Die inpaklys is voltooi, die spyskaart aanmekaargesit en die wa se binnekant ge-"springclean". My tuiningenieur is weer volgende Maandag hier en dan word die wa van sy bokkies afgehaal, uitgetrek om gewas te word en gou na SupaQuick geneem om die battery (wat al etlike jare aankom) te laat toets ten einde seker te maak daar is nog genoeg woema om die "movers" te laat werk en tydens die reis die tru-kamera van krag te voorsien.

Ons reisplan is as volg:

4 Okt: N2-langs tot by Dwarswegstrandoord vir 3 aande.

7 Okt: N12-langs (George, Oudtshoorn, De Rust en via die pragtige Meiringspoort) na Karoo Nas Park vir 14 aande.

21 Okt: Aanvanklik N1-langs tot anderkant Touwsrivier waar ons suid wegdraai na Montagu vir 3 aande.

24 Okt: Huiswaarts via Wessel se grootword-dorp, Bonnievale, (waar ek gedwing word om tweekeer om die kerk te ry) voordat ons weer by die N2 by Stormsvlei aansluit vir ons laaste skof huistoe.

Kinderlik opgewonde want dit is bykans 2 jaar sedert ons laas gekamp het.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 08/10/2024 - 12:33

....haai mens kan mos nie die waarheid verkrag niewink Wel, die doel heilig die verdraaide feite----geheel en al polities gesproke, is DWS sommer 'n gagga plek. Veral voor aan die seekant.wink

DWS

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 08/10/2024 - 13:39

Op ons staanplek (no 10) het ons met gemak op die plaveisel ingepas met die wa en die stoeptent. Ek het egter amper nie plek vir die bakkie gehad nie. Die stertkant het so 'n bietjie in die pad moes staan. Dieselfde sal vir no 11 (ons staanplek in Januarie) geld.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 08/10/2024 - 13:55

Dit is daardie einste staanplek wat jy hierbo na verwys. Ons moes saam met julle daardie tyd gekamp het, want jy't lank terug 'n foto van my karavaan (op die staanplek regoor hierdie een) op die forum geplaas en iets gemeld van die dom donner wat in die son kom opslaan het (of iets in daardie trant devil - ek grap sommer) waarop ek destyds nie gereageer het nie.

Toe Wessel tydens die Herfsblare saamtrek hier gestaan het, het ons juis weer op daardie dom donnerse staanplek gestaan wink. Ons het etlike kere op die heel eerste staanplek aan regterkant gestaan (no 21) toe dit nog nie geplavei was nie en nog 'n redelike skaduboom gehad het (wat blykbaar intussen gevrek het). Die plaveisel is egter sodanig gelê dat ons nie meer kan opslaan soos ons graag gestaan het nie. Daar het ek my enigste Karoo verkleurmannetjie ooit gesien en op een dag 2 pofadder-besoekers gehad.

Die dom donnerse staanplek (no 18) is egter 'n lekker groot staanplek en jy kan met jou gesigkant na die bosse toe opslaan. Maar dit is slegs vir wanneer ons nie baie warm weer verwag nie. Dit was gister beset toe ons hier aankom, maar ons het buitendien meer skadu gesoek - wat vandag nogal welkom is.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 08/10/2024 - 15:09

Daar waar julle nou staan is lekker. Al wat my daar gepla het was musiek wat die personeel in die waskamee daar naby gespeel het wanneer hulle daar gewerk het. 
 

Ons moes saam met julle daardie tyd gekamp het, want jy't lank terug 'n foto van my karavaan (op die staanplek regoor hierdie een) op die forum geplaas en iets gemeld van die dom donner wat in die son kom opslaan het (of iets in daardie trant

Dit kan nie wees nie. Ons was net een keer daar, en dit was oor Oujaar 2021 as ek reg onthou. Kara het nog vir die eerste keer trapfiets gery sonder hulpwieletjies daar.  

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 08/10/2024 - 16:02

Dan is die ou kop nou deurmekaar met iemand anders op die forum (of wat selfs voorheen hier deelgeneem het). Ek kan net onthou dat die persoon 'n foto van my ou karavaantjie op no 18 geplaas het en die strekking van die woorde was dat hy nie so in die blote son wil staan nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 08/10/2024 - 16:42

Hy is mos allergies vir son, ten spyte daarvan dat sy Kavango ‘n ingeboude lugversorger het. devil

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 08/10/2024 - 17:00

....stadig nou met blaam verplasinglaugh Ek het lugversorging, maar ek hou nie van son nie.

Onthou, ek is mos so voorbarig, as dit ek was sou ek sommer vir Chris B gaan vra het, of hy so baie van son hou. laugh

Grappies op 'n stokkie, my 1ste besoek aan KarooNP was saam met Herfsblaar bende in April 2022. Ek pleit dus onskuldig djou honor

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 09/10/2024 - 07:19

Ons het oor die middaguur 'n kort draaitjie tot by die Rooivalle en terug gery. Dit was een van min kere wat die Klipspringetpas nie sy naam gestand gedoen het nie. Ons het darem Kaapse bergkwaggas, koedoes, gemsbokke en bobbejane gesien. Die veld vertoon nog goed na hulle goeie reëns van 'n tyd gelede - alhoewel nie meer groen nie.

Laatmiddag het Armond Nel (veldwagter) en sy gesinnetjie 'n goue koue hier by ons karavaan kom geniet. Hy't intussen die beloofde ou ruitplakker van die Karoo Nas Park afgegee en my beloon met twee epilette wat Parkeraad amptenare in die vorige era gedra het - nogal 'n versamel-item.

Mensig - ek het 'n bietjie vergeet hoeveel goggatjies hier saans na die ligte aangelok word. Jy kan amper nie waag om jou karavaandeur oop te maak terwyl die binneligte aangeskakel is nie. Ons het gisteraand omtrent gesukkel om die goggas uit die kos te hou toe ons spaghetti bolognaise onder die stoeptent gemaak het. Vanaand sal ek eerder weer vuur aansteek - dis mos in elk geval 'klein Satetdag'. 'n Mens moet mos Woensdagaande braai (of jy kamp of by die huis is).

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 09/10/2024 - 10:23

... hoe dankbaar is ek nou dat ek die lugreëlaar saamgebring het.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 09/10/2024 - 14:32

... ek het 'n ooreenkoms met die paddas. Ek bly uit hulle woongebied en hulle uit myne. Lorraine (bo by Ontvangs) het ook nou-nou gesê dat ons mos lekker kan gaan swem. Maar hierdie ouballie wil nie meer sy 6-pack wys nie. Dit is deesdae baie diep weggepak. En mammie sê sy swem net as sy dit mag 'topless' doen - en hier mag sy nie.devil

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 09/10/2024 - 14:34

Die bakkie het net-nou, toe ons hier stilhou, 35° gewys. Ons het Potlekkertjie gaan ry. Daar agter waar die 4x4 roetes afdraai het die bakkie 38° gewys. Die Karoo wys nou sy somersgedrag vir ons.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 10/10/2024 - 08:42

Terwyl ek hier tik luister ek na die klaarblyklike familietwis wat hier naby in 'n trop bobbejane woed. Waarskynlik word daar 'n bietjie tugtiging toegepas as ek na pa se geblaf en die jongeres se geskree luister.

Terloops, ons gaan weer 'n "scortcher" vandag beleef. Dis vroegoggend reeds warm en YR voorspel 35° vir vandag. Maar ons kamp lekker.

Gister (soos die datum in die opskrif aandui) het ons laatoggend vertrek om eerder die koelte van die bakkie se lugreëling te geniet en hopelik iets interressants te sien. En gou-gou het ons 'n unieke "sighting" vir hierdie park. In die driffie, net voor die personeelhuise, sien ons 'n bosbokram. Ek was verstom, want volgens my inligting kom hier nie bosbokke in Karoo Nas Park voor nie. Ek bel dadelik vir Armond (veldwagter), maar sy foon lui nie.

Ons ry voort via die Klipspringerpas en die middel-plato tot by Doornhoek piekniekplek en kry toevallig vir Armond en sy spannetjie daar waar hulle hul middag-etensuur in die skadu geniet. Hy bevestig toe die teenwoordigheid van die enkele bosbokram wat glo lief is om saam met 'n groepie koedoes te loop. Hy't waarskynlik die park ingekom vanaf 'n naburige plaas (wat vreemde - vir die Karoo - wildsoorte akkommodeer) toe 'n mat in die rivier weggespoel het. Sodoende het 'n paar vlakvarke ook die park ingekom.

Verder het ons net die gewone wildsoorte gesien - vaalribbokke inkluis, maar nie 'n enkele springbok nie.

Terug by die kamp is ons dadelik verwelkom deur ou "Nuisance" - oftewel Bibi die hans koedoekoei. Die woord "nuisance" beskryf haar baie ligtelik. As jy nie keer nie, sal sy sommer in die karavaan probeer klim. Eintlik dierbaar.

Karoo

Karoo

Karoo

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 10/10/2024 - 09:09

ChrisB....weet jy hoeveel leeus is daar in die park?

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 10/10/2024 - 11:01

Jy het omtrent maar geword Chris!!. Die papiersak onder die arm met die bottelnek wat uitsteek en Ralie so styf vasknyp het die bok se aandag getrek. Onthou seker van die hans grootmaak en uit ń bottel drink.laugh

 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 10/10/2024 - 12:14

Ons was met ons besoek in Mei-maand gelukkig. 'n Ervare veldkenner [forumlid] het ons gebel, en presies verduidelik waar om die leeus onder oge te kry. Natuurlik het ons alles gelos, gery en gekry. 

Die bewys was geplaas op die gesprek "Die Strydoms se Sanparke toer"

Hoeveel daar in totaal is, weet ek nie, maar dat ons van hulle gesien het, weet ek wel.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 10/10/2024 - 12:24

Dalk het Neef meer inligting, maar ek sal by Armond navraag doen.

Die ouens het blykbaar laasnag hier naby gebrul, maar ek het soos 'n klip geslaap en niks gehoor nie. Dalk die lugreëlaar wat dit ook verbloem het - die het omtrent heelnag geloop.

Terloops - vanoggend 'n mooi troppie elande (14) op Lammertjiesleegte gesien.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus