Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Smokey Joe Braai met 'n Weber Geert -2 hours ago
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -12 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -13 hours ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -17 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 day ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 day ago

Dwarswegstrand, Karoo & Montagu

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Dinge begin so stadig rigting kry vir ons kort 3 weke wegbreek wat môre oor 3 weke begin. Die inpaklys is voltooi, die spyskaart aanmekaargesit en die wa se binnekant ge-"springclean". My tuiningenieur is weer volgende Maandag hier en dan word die wa van sy bokkies afgehaal, uitgetrek om gewas te word en gou na SupaQuick geneem om die battery (wat al etlike jare aankom) te laat toets ten einde seker te maak daar is nog genoeg woema om die "movers" te laat werk en tydens die reis die tru-kamera van krag te voorsien.

Ons reisplan is as volg:

4 Okt: N2-langs tot by Dwarswegstrandoord vir 3 aande.

7 Okt: N12-langs (George, Oudtshoorn, De Rust en via die pragtige Meiringspoort) na Karoo Nas Park vir 14 aande.

21 Okt: Aanvanklik N1-langs tot anderkant Touwsrivier waar ons suid wegdraai na Montagu vir 3 aande.

24 Okt: Huiswaarts via Wessel se grootword-dorp, Bonnievale, (waar ek gedwing word om tweekeer om die kerk te ry) voordat ons weer by die N2 by Stormsvlei aansluit vir ons laaste skof huistoe.

Kinderlik opgewonde want dit is bykans 2 jaar sedert ons laas gekamp het.

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 23/09/2024 - 13:18

Die wa is vanoggend van sy bokkies afgehaal en uit sy garage getrek. Ek het gou-gou gehaak, na ons plaaslike SupaQuick gesleep, die battery laat toets (nog 100%) en terseldertyd die bande en spaarwiel is ook op druk gebring. Danksy my flukse tuin-ingenieut is die waswerk ook gou afgehandel. Ek het 'n klein herstelwerkie in die wa afgehandel en ek dink die "Ou Lady" is bykans gereed vir die kort vakansie - net ons klere inpak en beddens opmaak.

Die yskas is aangeskakel en meeste van die vleis-aankope is reeds gedoen. Ek het Saterdagoggend 'n hoender ontbeen, gestop met bacon, feta en pynappel en my "mediese kennis" (wink) gebruik om die kiepie weer mooi aanmekaar te werk m.b.v. tandestokkies. As die weer mooi saamspeel word dié hoender die Saterdagaand by Dwarswegstrand ge-offer.

Intussen moet nog 'n paar dinge gebeur. Mammie het o.a. nog 'n kolonoskopie wat voorlê 2 dae voor ons vertrek.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 23/09/2024 - 14:48

... ek moet nou 'n raaiskoot waag, want ek hou ongelukkig nie so akkuraat rekord van die uitgawes op my karavaan soos jy doen nie. Maar ek reken dit is 'n minimum van 7 jaar, want as ek reg onthou het ek dit in 2017 die eerste keer as kragbron vir die wa se ligte in Tsendze gebruik. En jy's heeltemal reg - die karavaan se battery is permanent aan krag gekoppel (behalwe wanneer ek sleep en in Tsendze kamp wink). Dit is 'n Willard "deep cycle" battery.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 23/09/2024 - 15:18

Dit wys jou net die voordeel van heeltyd op krag gekoppel hou. Sjoe, dit is werklik goeie diens.

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 27/09/2024 - 09:20

Bykans alles wat moet saamgaan is hetsy reeds in die karavaan gepak of in een van ons kamers bymekaargesit vir Donderdag se inpak in die bakkie. Stoffel-papegaai moet net eers Donderdagoggend na sy losiesplek in Grabouw geneem word alvorens die finale inpakkery kan begin. Vandag moet daar 'n paar finale inkopies gedoen word, want ek sou verkies om so min moontlik in winkels te gaan rondloop terwyl ons by ons onderskeie bestemmings is - ek vermy sover moontlik om Beaufort-Wes toe te ry as ek in die park is (nie lief vir daardie dorp se sakekern nie).

Ek beplan ook om sommer die Porta Potti vandag te "charge" met die Thetford chemikalië. Dalk moet ek maar sommer, terwyl ek Woensdag in Somerset-Wes is vir die antie se kolonoskopie, 'n ekstra bottel Thetford by Cara-Camp gaan koop.

Nou draai my kop net rondom die komende wegbreek - amper so opgewonde soos 'n kind oor Kersvader se koms.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 27/09/2024 - 09:57

...is ook nie my sterkpunt  tydens vakansie nie. Ongelukkig moet mens sekere dinge aanvul as mens laaank weg is.

Beaufort W se sakekern sit my ook heeltemal af. Ons het tevore sommer by die OK sentrum, regs van hoofstraat, soos mens inkom van KarooNP inkopies gedoen. Ek het nie onveilig gevoel nie, en ons was tipe was goed verteenwoordig in die sentru,/winkel.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 27/09/2024 - 10:32

Ons het tevore sommer by die OK sentrum, regs van hoofstraat

... om Beaufort-Wes toe te ry, doen ons ook meeste van ons inkopies daar. Daar het jy redelik parkeerplek beskikbaar en jy word nie toegeval deur die straat-bedelaars nie. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 27/09/2024 - 11:37

.................tydens kampering is vir ons 'n onding. Ons was al 'n keer of wat by OK in B/Wes, vir iets wat vergete gebly het, maar ek het maar in die kar gebly om alles wat daarin gepak is, op te pas.  As ons by Letaba is, sal ons miskien eenkeer Phalaborwa Spar toe gaan om 'n paar bederfbare goedjies aan te vul, so ook tydens kampering by Krokodilbrug sal ons Spar Komatipoort toe gaan of vanaf Berg-en-dal na Spar Malelane.  Wanneer ons in Skukuza kamp en ons moet 'n aanvulling doen, ry ons Hayzieview toe na Checkers., maar altyd net by hoë uitsondering. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 02/10/2024 - 19:24

... vir Vrydagoggend se vertrek verloop tans vlot. 

Ek het 'n tyd gelede 'n 6-wiel banddruk-monitor gekoop, en afgesien van die bakkie se 4 bande het ek ook die karavaan se wiele toegerus met die gepaardgaande kleppe. Toe ek gister die monitor wil stel al 6 bande se druk te wys, vang ek een of ander moerske boo-boo aan. SupaQuick het gou vanmiddag die probleem vir my opgelos.

Môre word die bakkie gepak. Vrydagoggend word die koue goed wat moet saamgaan in die Coleman gepak en ons hoop om 08:00 in die pad te val. Ek sit egter nou in 'n tweespalt met myself of ek die lugreëlaar moet saamneem. As ek kyk na die voorspelde temperature volgende week in die Karoo (o.a. 36°C volgende Donderdag) begin ek al hoe meer daaraan dink dat dit dalk 'n wyse besluit kan wees om wel die lugreëlaar saam te neem - veral omdat dit my dalk nie geluk om 'n staanplek met 'n bietjie skadu te kry nie. Die park blyk redelik vol te wees.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 02/10/2024 - 19:36

....maak soos ek, stop daai kappie vol!!! Neem die lugreëlaar saam, as dit warm word, het jy dit.

Ek sal nie eers tweekeer daaroor dink nie.laugh. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 03/10/2024 - 10:47

... is waar: "Oudword is nie vir sissies nie". Hierdie ouballie val hom toe vanoggend amper uit sy vakansie uit. Toe ek die Snomaster in die garage wou gaan neersit, net reg vir die laai in die bakkie, struikel ek en val 'n moerske skoot. Kop teen die deurkosyn se skerp hoek en amper reg bo-oor die Snomaster. Die nagevolge - erg bloeiende sny op die voorkop en 'n bleddie see ribbekas. Maar pak sal ons pak.

Terloops - die mobiele lugreëlaar is toe in die karavaan gelaai en vasgemaak op die vloer. Die voorspelling, tot 38° vir volgende week, het my arm gedraai.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 03/10/2024 - 11:03

Ek het gesê prop styf in, nie val desmoers nie. Nou dat ons nie meer bekommerd oor Ralie is nie, begin jy nou "loop en val".wink

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 03/10/2024 - 11:29

Ons probeer altyd meeste saam vat as ons wildtuin toe gaan en sal seker ook as ons Karoo NP sou gaan....ons was egter net vir 3 dae daar en het gevind hul winkel op perseel is heel billik met hul pryse op meeste van items. Het selfs hul mooi vleis geniet.

Om uit bogenoemde parke te ry gedurende verblyf, maak my in n mate depresief en breek die tyd in wildtuin. Ons het nog nooit uitgery na winkels om groceries te koop nie. As ons van Krokodilbrug moet sleep na Berg eb Dal doen ons dit via wildtuin en nie via N4 nie.Die enigste wat ons al uitgery het tydens verblyf was laasjaar toe ek Hazyview toe moes gaan vir medikasie wat Skukuza nie gehad het nie en nou afgelope besoek het ons 2x by Malelane golfbaan gaan eet omdat ons Berg-en- dal en Afsaal picnic spot nie eintlik aantreklik vind nie. Soos laasjaar was ons 24 dae in Knp...ons neem alle vleis saam en koop dan bykosse in wildtuin soos slaaie wat nie slegte prys is nie

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 03/10/2024 - 19:59

Voorspoedige reis vir julle môre. Geniet wat julle doen, en hou ons tog so bietjie op die hoogte tussen al die lekkerte deur (jy skeep ons darem gewoonlik nie af nie)laugh

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 03/10/2024 - 20:33

Alles is gepak. Die bakkie is volgemaak. Die karavaan se pote is opgedraai. Die pop-top is vasgemaak. Die Tando is op sy plek agteraan die bakkie. Ons is reg vir haak en ons is reg vir die pad wat môre voorlê.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 04/10/2024 - 08:08

Dis wat ek elke keer sê net voor ons wegtrek op ‘n toer. Geniet julle s‘n en ry veilig. Ek hoop die weer is julle genadig maar onthou as dit reën - dis net water. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 04/10/2024 - 10:05

Ons het bietjie later weggekom as beplan - 08:37 i.p.v. 08:00. Maar ons is rustig. Die N2 is verbasend stil en ons het 'n pragtige dag gekry om te ry. Ons drink tans 'n bietjie tee in Riviersonderend en mik vir Heidelberg om ietsie te hap.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus