Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -8 hours ago
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -18 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -18 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -22 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 day ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -1 day ago

Eerste Desember kamp

Lyttelton
Submitted by Trev on
Forums

Ons het so klompie jaar gelede ‘n 2007 Jurgens Exclusive gekoop - een van SWAMBO se voorwaardes was dat ons gedurende die jaar kan kamp, MAAR glad nie in Desember nie.  

Alhoewel ons die karavaan al ‘n hele paar jaar besit, het ons maar min gekamp.

So tot dusver was die bietjie kampering wat ons gedoen het gedurende die jaar, behalwe Desember 2024 - wat nou is.  

Omdat ons gereeld gedurende die jaar in George was vir besigheid en ook weer begin Februarie in Kaapstad en George moet wees, het SWAMBO voorgestel dat ons in Pretoria moet bly vir Desember met die moontlikheid van kamp.  Dit het die deur oopgemaak en ek het onmiddelik begin om vir haar moontlike kampplekke gewys.  Ons het toe op Bass Lake Lodge besluit weens die volgende redes: 1) Die positiewe resensies op CaravanParks, Kampforum en Google; 2) die min (34) staanplekke (met die hoop om ChrisB se voorbeeld van soveel as moontlik “niksdoen” te doen); 3) daar is ‘n restaurant op die perseel as ons meer van die niksdoen ding wil doen; en 4) my rede - ek het vir haar ‘n pampering sessie by Bass Lake se spa vir haar verjaarsdag gereel as ‘n verrassing vir haar

Lyttelton

Trev

Tue, 31/12/2024 - 22:11

Dag 5 by Bass Lake het aangebreek en van skuldig voel oor die sleggeit en baie eet, het ek  vroeg oggend so kilometer of wat gaan voete skuif (draf). 

Terug by die wa het ek bietjie die nose cone reggepak en daarna n warmwater stelsel wat ek vroeg in 2024 gekoop het, opgekoppel aan die buite skottelgoed wasbak gekoppel. Ek glo my brownie points het die hoogte ingeskiet by Swambo want nou hoef sy nie meer water te kook om die skottelgoed te was nie. 
 

Ons het aandete saam met n groep ander kampeerders by die lodge genuttig. Die ete het bestaan uit 3 verskillende potte potjiekos (1 x hoender, 1 x lamskerrie en 1 x beesstert) met knoffelbrood, rys en slaaie. Die restaurant is die eiendom van Bass Lake se skoonseun wat ‘n sjef is. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 01/01/2025 - 05:47

....het in die niet verdwynlaugh

Ai tog, wat is dit met die mensdom om die ander kulture se speserye so aan te hang---knoffel en kerrie.laughlaugh

Noudat jou vrou nie meer haar hande in koue water hoef te steek nie, kamp julle seker nog 'n week langer???

0
Lyttelton

Trev

Wed, 01/01/2025 - 06:54

Wessel, ja ons kuier nog tot die 6de Januarie by Bass Lake - so nog so klein bietjie minder as n week

0
Lyttelton

Trev

Wed, 01/01/2025 - 07:10

Wessel, ek is maar ‘n groot seeliefhebber - huur gewoonlik n huis of bly in hotelle wanneer ons in die Weskaap en Suidkaap vakansie hou. Behalwe die voorgenoemde het ons nie regtig ‘n groot voorkeur nie - die besluit waar om te kamp grond ons op wat ons wil doen - byvoorbeeld die besluit op Bass Lake was omdat ons net rustig wou wees en nie in ‘n groot kampeerplek tussen honderde mense wou wees nie.  

Ons het ook al by ATKV oorde Hartenbos, Klein-Kariba en Buffelspoort asook Tambotievreugde (Dinokeng), Veekraal en Bosveld Oase (net buite Brits) gekampeer.  

Ons het reeds bespreek vir Kruger in Junie 2025 - ons moes weens werksverpligtinge ons Junie 2024 Kruger reis kanselleer, so dit sal ons 1ste kampeer rit na Kruger wees.  Het voorheen in hotel daar gebly

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 01/01/2025 - 07:15

Dan gaan ons mekaar mis in Kruger. Ons is bespreek vir Meimaand in B&D, Satara en Tsendze

Daai rooi buite lig lyk vreemd ongewoond. Help dit meer as gele vir goggas?? 

0
Lyttelton

Trev

Wed, 01/01/2025 - 07:22

Dit lyk of dit help - ons het minder goggas met die rooi lig as met die gewone wit lig.  Hierdie is eintlik ‘n veelkleurige lig met omtrent elke kleur van die reenboog.

Terloops, die buitelig wat saam met die karavaan gekom het, verander tussen wit en rooi - dit pas presies in die opening van die standaard lig 

0
Lyttelton

Trev

Wed, 01/01/2025 - 07:22

Dit is ‘n jammerte - sou goed gewees het om van die forum lede in persoon te ontmoet

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 06/01/2025 - 19:08

Dit het toe net stil geraak hier. Het julle vandag weer huiswaarts gekeer, en die res van julle vakansie geniet? Ek hoop om te hoor dat julle 'n Tweede Desember-kamp beplanlaugh

0
Lyttelton

Trev

Tue, 07/01/2025 - 14:38

Stadige begin tot die nuwe jaar na die groot oujaars aandete.  

Het maar rustig rondgesit en baie niks gedoen nie, behalwe om 'n paar fotos te neem.

0
Lyttelton

Trev

Tue, 07/01/2025 - 14:49

Bietjie oefening gekry na Nuwejaarsdag se niksdoen deur weer 'n ent deur die karavaanpark te stap, waartydens ons koedoes binne die karavaan park, maar in 'n ander deel raakgeloop het.

Fotos van die dam by die voëlkyk uitkykpunt, die koedoes en ons karavaan opset.

0
Lyttelton

Trev

Tue, 07/01/2025 - 14:59

So breek Vrydag, ons dag 8 by Bass Lake Lodge aan.  Tot dusver het die vissermanne, of is dit nou hengelaars, gebrom dat dit lyk of dit net 'n rumour is dat daar visse in die damme is.  Maar ...

Ons kampbure oorkant ons nooi my toe saam om te gaan vis vang, en na so ruk waar dit gelyk het of die manne moedeloos raak, gebeur dit ...  Eers trek oom Lukas 'n karp uit en toe trek Neil 'n bass uit.  Julle moes die manne se opgewondenheid sien - dit was nadat hulle die vorige dag niks gevang het nie.  

Ek was die fotograaf vir die 2 geleenthede - die foto van Neil was oor 'n afstand van omtrent 30 meter - hy was aan die oorkant van die dam van my af

0
Lyttelton

Trev

Tue, 07/01/2025 - 15:11

breek dag 9 aan - die 4de Jannewarie.  

Vroulief se herdenking van haar geboortedag.  Seuns en vriende besoek ons vir die dag, en ons span hulle om voorbereidings te maak vir die feestelike ete, terwyl ek vroulief neem vir haar bederf.  

Die spa doen toe net die facial treatment - hulle het die bespreking verkeerd verstaan dat dit 'n facial en massering moes wees.  Hulle maak toe spesiale reelings om dit die Sondagoggend te doen. 

Terug by die kampeerplek is die voorbereidings toe goed aan die gang met die vlieë wat net so druk besig was soos die spannetjie mense.  

Ek wonder of iemand al uitgevind het hoekom die Here vlieë gemaak het want ek en ons vorige kampbure (langsaan ons) het 'n debat daarop gevoer en het tot die gevolgtrekking gekom dat vlieë daar is om:

- 1. mens se geduld te toets

- 2. mens deursettingsvermoë te leer (maak nie saak hoeveel keer jy 'n vlieg wegjaag nie, hy (of is dit nou sy) is elke keer terug.

Die groepie gaste het toe 'n ruk nadat ons die feesmaal geniet, en hulle in die swembad was, weer terug Pretoria toe.  Wat 'n heerlike dag, veral ook omdat dit nie gereën het nie.

0
Lyttelton

Trev

Tue, 07/01/2025 - 15:16

Sondag breek aan en dis tyd vir vroulief se massage.  Heerlike bewolkte oggend maak dit lekker om sommer op te stap na die lodge toe waar hulle die massage doen.

Ons is net terug by die karavaan toe begin dit te reën - en het dit gereën heelmiddag en nag deur.  By tye kliphard dat dit geklink het soos 'n rivier wat van die karavaan se dak afloop.  

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 07/01/2025 - 15:20

vir die deel van foto's en meer. Dit lyk en klink asof julle dit baie geniet het daar. Net miskien was hierdie wegbreek die voorloper van nog baie Desember-kampe.laugh

0
Lyttelton

Trev

Tue, 07/01/2025 - 15:24

Ons laatste dag (oggend) by Bass Lake breek aan en die reen hou so teen 06h45am se kant op.  Ek bid net dat selfs al is dit bewolk, dit warm genoeg is dat die tent kan droog wees wanneer ons oppak.

Ons seuns daag teen 8h35 se kant op en help ons om op te pak - hulle het aangebied om ons te kom help.  So die oppakkery het baie vinniger gebeur as die opslaan toe ons by Bass Lake aangekom het.

Ons het die tyd by Bass Lake baie geniet, maar ook ons huis begin mis - hou in gedagte dat dit die 2de keer was dat ons so lank gekamp het en die 1ste keer by 'n plek waar "niksdoen" die wagwoord was.  

Ek sal Bass Lake Lodge aanbeveel vir enigeen wat rus en vrede sowel as uitstekende diens en goeie fasiliteite, veral ablusies, soek.

0
Lyttelton

Trev

Tue, 07/01/2025 - 15:27

Ons hoop so Rhona, ons hoop so.  

Ons volgende kamp is einde Februarie DV by Dinokeng Resort - die enigste ding wat volgens vroulief by Bass Lake lodge gekort het, is 'n warmwater swembad, wat Dinokeng Resort wel het.  

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 07/01/2025 - 15:29

aan jou vrou met haar verjaardag, al is dit bietjie laat. Ek glo dat sy jou bederf baie geniet het.

Ons tik alpad gelyk, so sal ek nou die slothoofstuk leeslaugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus