Forums
Op versoek/skimp van Goeie Hout het ek vir hulle die gesprek begin.
Ek sien uit na wat alles hier geplaas en gedeel gaan word.
Ek sal wag tot ek hom ontmoet in Satara om die "oom" titel wat hy so ydelik voor my naam inspan, met hom op te klaar.
En as reg onthou ...
... is Goeie Hout se laaste aand in Krokodilbrug (5 Mei), my eerste. En dan verwag ek om ook nog vir Maurits raak te kamp in Krokodilbrug. Ek sien darem self uit na die wildtuin. Alhoewel ek Maart 2024 daar was, het ek laas in 2021 in die wildtuin gekamp.
En as reg onthou ..
Chris. Jou geheue is reg. Hier is die finale datums en plekke.
Ek sal jou opsoek.
01/05/2025 Donderdag Goodwood Joalani Guest Farm
02/05/2025 Vrydag Joalani Guest Farm Bundu
03/05/2025 Saterdag Bundu Pienaardam
04/05/2025 Sondag Pienaardam Krokodil brug
05/05/2025 Maandag Krokodil brug Krokodil brug
6 Dinsdag Krokodil brug Onder Sabie
7 Woensdag Onder Sabie Onder Sabie
8 Donderdag Onder Sabie Onder Sabie
9 Vrydag Onder Sabie Satara
10 Saterdag Satara Satara
11 Sondag Satara Satara
12 Maandag Satara Satara
13 Dinsdag Satara Skukuza
14 Woensdag Skukuza Skukuza
15 Donderdag Skukuza Skukuza
16 Vrydag Skukuza Skukuza
17 Saterdag Skukuza Berg en dal
18 Sondag Berg en dal Berg en dal
19 Maandag Berg en dal Berg en dal
20 Dinsdag Berg en dal Parys Weltevrede
21 Woensdag Parys Weltevrede Coles Onze
22 Donderdag Coles Onze Karoo
23 Vrydag Karoo Huis
Kan nie wag
Regtig mense.
Ek maak mamma mal oor my beplanning. Ek is soos n kind wat literin moet kry.
Dankie Wessel Strydom. Skuld jou n koue in Satara.
Goeie hout
Geniet die kamp gaan groot
Lekker
Wat ‘n heerlike vooruitsig. Ek kan die opwinding aanvoel. Geniet dit. Ons moet nog wag tot 1 Julie voor ons weer inklok by Oom Paul se tuin.
Ek soek raad
Hallo ALMAL.
Ek het gewoonlik nie met n ekstra Dometic vrieskas/yskas getoer nie. Die keer moet ek weens ekstra monde wat gevul moet word.
As ek 4 dae boontoe ry, plaas dit ekstra stremming op die batery/altenator van my IZUZU of is dit ok. Snags sal ek hom laat hardloop vanaf krag. Ek het n 12.Vpunt in my laaibak laat aanbring. Hy skakel af as IZUZU af is.
Groete
Hallo AlMAL
Dankie Wildehont en Sleep Nou.
Julie maand is nie ver nie.
Laai terwyl jy ry
Ek glo nie jy hoef te bekommer daaroor nie. Terwyl die enjin loop sal die alternator die battery genoegsaam gelaai hou. Die lading wat jou yskas uit die battery trek sal dus aanhoudend vervang word om te keer dat dit afloop .
My Waeco vrieskas …
My Waeco vrieskas ry ek al vir jare van my voertuig se battery af. Selfs as ek iewers stop om iets te ete kry en brandstof inneem werk hy. Nog nooit enige probleem gekry nie. Selfs vir tot 10ure. Het al van Namibië af op -10 grade gestel.
Indien ons iewers oorslaap skakel ek hom vir die nag op krag en volgende oggend weer op die battery.
Ek kan bevestig ...
... wat Wildehont sê. Myne is 'n Snomaster wat ek kan stel na "maximum battery protection". Dit beteken die kas bly krag trek vanaf die bakkie se battery, selfs as die enjin afgeskakel is. Dit skakel outomaties af sodra die battery op 'n sekere minimum-vlak kom, maar steeds genoeg krag het om die Hilux aan te skakel. So kamp ek vir 7 aande op 'n keer in Tsendze. Saans teen slaaptyd ontkoppel ek die kas en die volgende dag as ons gaan ry word die battery weer volgelaai. Soggens is alles nog kliphard gevries. Die rede vir ontkoppeling is dat die Snomaster 'n alarm het wat afgaan sodra die battery op sy minimum-vlak kom - en dit is steurend in die nag.
As ons oorstaan op 'n plek koppel ek ook die kas op 220v. Ek wonder of jou Dometic nie ook die "battery protection" funksie het nie. Vind bietjie uit.
Hallo Almal
Jislaaik julle is YSTERS. Baie dankie vir die goeie nuus.
Ek sal moet fotos plaas om op te maak vir julle advies.
As ek kyk na GEERT en Wildehont se opdatering van gebeure sal ek moet uithaal en wys.
Lekker naweek julle. En weereens DANKIE.
Yskas af tydens ry
My yskas is af as ek sleep....moet bysê ek het ook nie fasiliteite om dit aan te hou tydens sleep nie. Nog nooit n probleem gehad dat goed in die yskas warm word en in vrieskas ontdooi nie. 2 Weke terug toe ons terugry vanaf Ballito het ek n sak ys in die vrieskas vergeet. 8½ later toe ons in Pretoria kom het ek gedink daar gaan water in karavaan lê van ys wat begin smelt het. Niks ys het nog eers begin smelt nie, vleis wat saam terug gekom het ook nog kliphart. So as jy voel dit gaan stremming op kar sit, los hom af....niks gaan gebeur nie....onnodig om aan te hou tydens ry
Aan of af vrieskas
Goeie hout, jy het reeds die 12V laat aanbring, jy kan dit netsowel gebruik, soos die manne hierbo noem.
Geert se waarneming is ook korrek. ek het 'n 2de National Luna wat agterop Grompie saamry, as ons kampeer. Ek vries dit kliphard voordat ons vertrek, en dis gladnie gekoppel aan 12V terwyl ons beweeg nie.
Sodra ek by 'n oornag plek kom, laat ek dit loop van 220V af, tot ons volgende oggend vertrek. Niks ontdooi nie. Soms staan ons net 2 aande op 'n plek soos laasjaar in B&D, dan los ek dit agterop bakkie. Ek hang net die 220V koord sodanig dat ek dit sien, en kan ontkoppel as ons gaan wild soek.
So jy kan enige opsie gebruik.
NS: sien foto regs bo op 1st bladsy hierbo "Strydoms in Kruger 2024" van staning in Berg & Dal[ B&D].
Hallo Almal
Hallo Almal. Ek lees so die stories en ek geniet alles. Ek is in die pyl vak.
More is 70 slapies dan is die toer in wording. Net GENADE. Ek is nou soos (Oom) Len wat alles voorberei. Karavaan is in Oktober gediens by Pine. En Geseel.
Die naweek is die wheel bearings se nagaan. Sleep julle wheel bearings saam.
Dan kom my vriend SPARKY om die karavaan se drade mooi na te gaan. Oja, Len kyk na spaarwiel. Goeie idee.
ZUZI is Januarie gediens. 04/04/2025 word sy net weer deur gegaan. Dalk net weer nuwe olie en olie filter is nodig.
So alles val nou in plek. Ons dogter se tyd met kleintjie is einde Mei. So navigator is nou vol planne vir die doeke party. Ek moet nou alles doen oor die toer. Ek gee nie om.
Alles is nou betaal en bevestig. Op is dit, Joalani, Bundu en Pienaarsdam. Terug, Welte vrede by parys, Onze Rus in Colesberg, en dan die mooie KAROO. Ons kom weg met R399 gemiddeld per maand. Glad nie sleg nie.
Mooi aand.
Goeie hout...
... dis seker nie 'n slegte idee om stel wiellaers saam te ry nie. As wa gediens is, is dit seker onnodig----jy ry tog nie vir Isuzu laers saam nie, of hoe.
Ek sal nie eers weet hoe om dit in te sit nie, maar om die regtes byderhand op 'n verlate dorpie te hê, gee gemoedsrus.
Wessel
Dankie Wessel.
GH, wie..............
................het jou was geseël ?
Len
Goeie middag Len.
Dit is n persoon in Parow Industrie. Caravan Clinic 0823388569.
Ek dink sy naam is Morne.
Groete
wiellaers
Hallo almal.
Ek het op Wildehont se 2022 toer na oom Kruger afgekom op lede wat së jy moenie karring aan wheel bearings/wiellaers.
So ek gaan daardie strategie volg.
Groete uit n warm Kaap.
Goeie hout...
...jy het mos boontoe genoem dat jou wa Oktober '24 deur Pine gediens was. As ek na Chris B en Len luister, het hulle 'n baie goeie indruk van sy vakmanskap en dienste.
Dus, as jou wa daar gediens is, kan jy aanvaar jou wiellaers is OK vir die langpad. Intussen het jy mos Hermanus toe gesleep, en niks het lawaai of warm geword nie.
Ontspan, en bekommer eerder waar jy paar bottel KWV produkte kan inpak.