Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -8 hours ago
Selfde leeuwyfie? Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -8 hours ago
Wessel ... Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -9 hours ago
Wessel, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -9 hours ago
Gemsbok... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -10 hours ago
Stil pad Tulbagh toe. Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -10 hours ago

Ons 4-maande toer

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on
Forums

As alles volgens plan verloop, skop ons 4-maande vakansie oor 2 weke af. Ons reisplan lyk as volg:

5 - 14 April: ATKV Hartenbos

15 - 21 April: Karoo Nasionale Park

22 April: Forever Gariep

23 April: Weltevrede, Parys

24 April - 3 Mei: ATKV Klein-Kariba

4 Mei - Malelane-kamp, Krugerwildtuin

5 Mei - 1 Junie: Krokodilbrug, Krugerwildtuin

2 Junie: Orpen, Krugerwildtuin

3 Junie - 3 Augustus: ATKV Eiland Spa

4 Augustus: ATKV Klein-Kariba

Die res van die beplanning terug huistoe moet nog gefinaliseer word, maar sal waarskynlik weer Weltevrede, Gariep en Karoo Nas Park insluit.

Ek het gister die Hilux by 4x4 Mega World in Somerset-Wes gehad vir die stofdigting en uitgly-laai vir die Snomaster. Op die oog af lyk dit of hulle 'n baie netjiese werk gedoen het. Ek het sommer van die geleentheid gebruik gemaak om my voorraad Joey's boerewors en patties te gaan koop. Dit is gou by die huis in porsies vakuumverpak. 

Ek het ook gou by Cara-Camp aangegaan om die Thetford chemikalieë vir die Porta Potti aan te vul. Ek moet genoeg saamneem vir die 4 maande. Teen 60 ml elke 5de dag behoort ek sowat 1.5 liter te benodig.

Vandag sal voortgegaan word om alle items wat onnodig in die karavaan is uit te haal. Ons het die "gawe" om onnodige goed (wat dalk gebruik kan word, maar nooit nie) saam te karwei.

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 06/05/2025 - 16:25

... eet vanaand maar weer sagte kossies. Ons maak sommer so 'n eenpot-pastagereg met maalvleis en sampioene.

Môre-aand sal ek weer braai - en nie wát nie! 'n Hentiesbaai-kabeljou. Ín die wildtuin van alle plekke.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 06/05/2025 - 16:30

...........is vir my fassinerend en hulle kyk jou so rustig aan, maar o weë, as hulle op jou of 'n ander dier afstorm, dan is daar beslis moeilikheid.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 06/05/2025 - 17:08

In troppe is hulle in my ondervinding nie gevaarlik nie. Ek het twee keer die voorreg gehad om te voet midde-in ‘n trop buffels te wees. Dit was toe ek staptoere gelei het in Botswana. Beide kere het ek my groepie tot op ‘n hoë termiethoop gevat en gevra om so stil as moontlik te bly en te sit terwyl die buffels al nader wei totdat hulle reg rondom ons rustig gewei het. Dit was beide kere ‘n magiese ervaring wat ek nooit sal vergeet nie. En beide keer het die trop op vlug geslaan in ‘n stofwolk toe hulle ons opmerk. 
 

‘n Dagha boy of twee/drie waarin jy vasloop terwyl hulle tussen die riete herkou is ‘n perd van ‘n ander kleur wat ek nie wil oorkom nie. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 06/05/2025 - 17:55

... van die dag wanneer jy kampeer (veral in die wildtuin) is sonsondergangtyd wanneer die son gaan slaap in die weste en die kampvure word aangesteek.

Krokodilbrug

Krokodilbrug

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 07/05/2025 - 14:15

Ons het vanoggend 'n bietjie muesli en jogurt in 'n koelhouer gepak, sowel as 'n lekker stroopsoet papaja vooraf geskil en in blokkies gesny. Ons koop graag papajas by die vrugtesmouse waar jy afdraai vanaf die N4 na Malelane-hek. Ons het nog altyd die heerlikste soet papajas daar gekoop - en hierdie keer was nie 'n uitsondering nie.

Ons het met die Randspruitpad (H5) tot Mpondodam gery. Ons was nog nooit gelukkig om iets uitsonderliks by dié dam te sien nie, maar watter pragtige stuk water wat daar opgegaar word.

Krokodilbrug

Op die H5 het ek sowat 'n kilometer "reverse" vir hierdie klompie, wat op die oog af baie rustig en gelate voorgekom het. Maar hulle het besluit dat hulle (17 stuks) verkies om padlangs te hou. My vrou was meer braaf as ek - sy't voorgestel ek moet net stilstaan met die Hilux want hulle lyk baie rustig. Maar sê maar nou net. Gelukkig het hulle later die pad verlaat.

Krokodilbrug

Al's en al's was dit nie 'n besonderse "vrugbare" oggendrit nie, maar nietemin was dit uiters bevredigend om die mooi van die omgewing te geniet.

Ek het aanvanklik vir Ralie voorgestel dat ons dalk vanmiddag Komatipoort toe moet ry vir 'n paar inkopies, maar het 'n paar minute gelede vir haar gesê dat ek sommer net lus voel vir my spesialiteit, naamlik niksdoen.

Ek sal net later die kabeljou gaan "slag" wat ek vanaand wil braai om die Krokodilbrug-lug te besoedel.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 08/05/2025 - 12:15

My verrassing was groot toe Rona vanoggend 'n WhatsApp stuur en vra of ons vandag iewers kan ontmoet en bietjie saamkuier. Ek moes dit egter van die hand wys omrede ons voorskrif-medikasie in Komatipoort moes gaan afhaal. Ek hoop dat hulle 'n ekstra nag kan kry en dan kan ons dalk môre ontmoet. Ek wil graag ons dame van die forum ontmoet.

Ek het sommer terselfdertyd die Hilux volgemaak met diesel by Obaro (ekwivalent aan die plaaslike koöperasie). Hulle prys vir Total diesel is R20.10 per liter versus Krokodilbrug se prys van R22.75.

Ons is terug by die kamp en sommer net rustig. Dalk gaan ry ons vanmiddag 'n kort draaitjie - sal maar nog sien. Dit is lekker warm hier en die karavaan se lugreëlaar kan dalk net wen. Die Hilux se lugreëlaar werk ook goed, maar die wild soek maar skadu as dit so warm is.

Dit is verblydend om te sien daar word 'n poging aangewend om van die lastige ape in die kamp ontslae te raak. Hulle word m.b.v. 'n vanghok gevang deur 'n ere-veldwagter (wat langs my kamp) en sowat 17km van hier as 'n groep vrygelaat. Nog net die laaste paar slimmes hang nog van tyd tot tyd hier rond.

Krokodilbrug is na my mening een van die bes-versorgde (dalk eerder bes-bestuurde) kampe in die wildtuin. Hier word jou braaier daagliks gewas en geskrop. Die koperkrane word nog blink gemaak met Braso - soos van ouds. Die grasperke word nog natgespuit. Alles is net tip-top.

Krokodilbrug

Krokodilbrug

Krokodilbrug

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 08/05/2025 - 13:11

Ek hou ook baie van Krokodilbrug as 'n kamp en die omgewing vir wildbesigtiging.

Ons was 'n paar jaar terug by Ondersabie bespreek en het by Krokodilbrug-hek ingekom.  Op ons eerste dag in die Wildtuin vanaf Krokkis tot by O/Sabie het ons wraggies die Groot 5 op die teerpad gesien.  En, meer as eenkeer het ons jagluiperds op die S28 gesien.  Ook by Juke's watergat 'n groot trop leeus raakgeloop. Regtig lekker omgewing rondom Krokodilbrug.

Geniet dit Chris !

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 08/05/2025 - 13:55

... ek sal op my rekords (op die rekenaar) moet gaan naslaan hoeveel leeus dit was. Maar in die dae toe Duke-suiping nog in werking was, het ons ook die grootsts trop leeus wat ons ooit in die wildtuin gesien het, daar gesien. Deesdae gaan daar egtet min by Duke aan sedert dit nie meer 'n drinkplek is nie. Selfs ander wild, wat volop op die S137 (die pad wat die S28 met die S130 verby Duke se indraai) voorgekom het is nou baie min.

Om een of ander rede bly die omgewing van (die gewese) Nhlanganzwanedam steeds 'n goeie area vir jagluiperds - alhoewel ons nog nie hierdie keer gelukkig was nie.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 09/05/2025 - 14:34

Met die dat ek nie vir Rona vandag kon ontmoet nie, het ons tot Onder-Sabie gery. Met die heenreis het ons met die teerpad gery tot by die S82 (Mativihlungu Loop) en met laasgenoemde tot by Onder-Sabie. Na 'n lekker M&B "brunch" het ons grootliks weer teerpad langs gehou, maar wel die S130 (Gomondwane Loop) geneem.

In Groot 5 entoesiaste se standaarde was ons trip geensins suksesvol nie, maar ons het elke oomblik daarvan geniet. Algemene wild was redelik algemeen te sien.

Dit is weereens 'n lekker warm dag hier - die Hilux het die buite-temperatuur aangetoon as 30°C. Ek sit nou hier in die wa voor die lugreëlaar. Gister het die temperatuur by 32°C gaan draai en vir die eerste keer was dit gisteraand geensins koud nie. Selfs mammie het met somer-nagklere gaan slaap. Sy wou egter niks weet van die lugreëlaar aanskakel nie, maar ons het die hele nag met die waaier aan geslaap.

Vanaand word daar een van Spar se hoender-espetadas gebraai met 'n lekker stukkie boerewors. Daarmee saam sal daar o.a. avokado geëet word. Ons het die lekkerste avokados by die vrugtesmouse gekoop en dit word nou op 'n klomp ryp. Die yskas kan ook net sóveel vat. Dus avokado ons "morning, noon & night". Ek sal graag weer by dieselfde smouse (by die afdraai van die N4 na Malelanehek) wil koop wanneer ons volgende week terugkeer vanaf Nelspruit waar ek Woensdag moet wees vir my hart-prosedure (waarna ek natuurlik geensins uitsien nie).

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 09/05/2025 - 15:49

Dankie vir die lekker manier van deel....ek toer lekker saam, geniet ook jou menu's wat jy daagliks deel.

Die S130 het ons ook op n tyd goeie sightings gehad....maar het ook afgeskaal vir ons, maar bly een van ons gunsteling roetes. My vrou haat die S82....ons kry altyd klomp olifante in daai pad, maar ek geniet hom (Die S82...nie olifante nielaugh)

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 09/05/2025 - 20:22

Ons kry netso warm. op die oomblik loop aircon nog.

Chris B---Ek weet rerig nie waarom jou seun so gaande oor B&D is nie. Nooit weer langer as 2 aande nie. Dan ook eerder Malelane kampie.

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 10/05/2025 - 07:56

Berg-en-dal is die enigste hoof ruskamp in die Krugerwildtuin waarby ek nog nie oorgebly het nie. Die duur bosveld kampe was ek nog nie een by nie en sal ook nooit kan gaan nie. Die twee hek kampe (Krokodilbrug en Orpen) het ek ook nog nie by oorgebly nie. O, en ook nie Mopani nie, so B&D is nie die enigste nie. Ek het egter geen begeerte om by een van die twee oor te bly nie. Maar ek gun dit vir ander wat graag daarheen gaan. Tsendze en Shingwedzi (in daardie rangorde) bly my gunstelinge. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 10/05/2025 - 12:39

Ekself is baie lief vir B&D. Ek hou nie van hulle mans-ablusies se storte nie, maar die kampeerarea is heel 'okay'. Hulle huisies is lekker ingerig en ons was nog altyd gelukkig met wild in die omgewing. Ek reken dit is die beste area vir wildehonde en witrenosters. Ons het al uitstekende luiperd- en leeu-besigtigings rondom die kamp beleef. En a.g.v. bogenoemde wat my seun-hulle ook ervaar, is B&D hulle gunsteling-kamp.

My dogter en skoonseun wou nooit byt aan B&D nie - volgens hulle het die argitektuur van die kamp hulle nie aan "wildtuin" laat dink nie. Verlede Mei het hulle egter saam met Amerikaanse vriende in B&D se chalets gebly. Hulle voorneme is, indien hul weer beskore is om die wildtuin te besoek, dat B&D altyd weer deel van hul reisplan sal wees.

Gelukkig verskil smaak. Sommiges wil nie in Krokodilbrug of Malelane bly nie a.g.v. die aangrensende suikerplase wat jy kan sien en selfs somtyds hoor. Ek was nou 5 aande hier in Krokodilbrug en is nog vir 'n verdere 23 aande bespreek. Dit is, wat my aanbetref, die netjieste en bes-bestuurde kamp in die wildtuin. Dit sal my nommer een keuse wees in die toekoms. Dit is een van die beste wildareas in die wildtuin met 'n lekker verskeidenheid roetes.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 10/05/2025 - 13:36

volgens hulle het die argitektuur van die kamp hulle nie aan "wildtuin" laat dink nie

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 10/05/2025 - 13:42

Ons het vanoggend weer die S25 (Krokodilrivierpad) en H5 (Randspruitpad) se sinkplaat-geryde oppervlaktes gaan aandurf. En dit was die bietjie ongerief werd - ons het ons eerste duidelike (maar steeds te ver vir my ou selfoon-kameratjie) "sighting" van katte gehad toe ons 3 jagluiperds, skaars 1km vanaf die teerpad op die S25 gesien het. Verder het ons heelwat algemene wild gesien, maar snaaks genoeg nie 'n enkele olifant vandag nie.

Ons het in tipiese Chris & Ralie Boucher-styl vir ons muesli, jogurt, piesangs en papaja vir iets te ete ingepak - en dit lekker in die skadu van 'n reuse-groot jakkalsbessie langs die Bumerivier (op die S108) geniet.

Dit is weereens 'n lekker warm dag en ons lê nou op die naat van ons rug in die lugreëlaar-verkoelde karavaan. Ons beplan om later vanmiddag sommer by die Gezantfombi-dam 'n wyle te gaan vertoef.

Omdat my Joey's boerewors (en die aanvullende Travalia boerewors) dit nie gaan maak vir die oorblywende 3 maande nie, het ek besluit om Komatipoort Superspar se Ouma boerewors 'n "go" te gee. Ek het eergister net eers een pakkie gekoop, waarvan ek gisteraand die helfte saam met die hoender-espetada gebraai het. Dit kon nogals gekom het - ala die uitdrukking wat ons in ons kinderdae gebruik het vir iets lekkers. Vanaand braai ek die ander helfte saam met 'n paar "pork rashers". Terloops - wat noem jy laasgenoemde in Afrikaans. Varkrepies???

Nietemin - as ons weer ingaan Komatipoort toe gaan ek beslis nog van hul Superspar se Ouma boerewors koop.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 10/05/2025 - 14:52

....is wat ons dit ook noem. Juis gisteraand gebraai, vir paar oggende se ontbyt.

Die vraag is---wat is wildtuin argitektuur??? Die ou dae se rondawels soos by Balule. Of Olifantskamp se tipe huisvesting.???

Daar is ook moderne chalets soos by  Talamati en Mopani.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 10/05/2025 - 17:40

... vir my maak 'n kamp se argitektuur nie saak nie. In die verlede het ons nogal heelwat gebruik gemaak van vaste akkomodasie. Die gerieflikste verblyfeenhede vind jy in B&D, Onder-Sabie (die met uitsig), Mopani en Shingwedzi - almal akkommodasie wat heeltemal afwyk van die ou tradisionele rondawels. Solank ek in die wildtuin is.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 10/05/2025 - 17:42

Iemand het foto's op facebook geplaas van die jagluiperde wat julle gesien het

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sat, 10/05/2025 - 18:04

Seker maar agv my agtergrond . Argitektuur is vir my baie belangrik. As ek ń gebou sien wat op ń blokkiesboek ontwerp is, kry ek so pyn. Dieselfde materiaal, dieselfde oppv en selfde vakmanne en jy sal die verskil tussen dag en nag duidelik sien van Argiteks ontwerp, of van pappa en sy blokkiesboek.

Daar is sekere elemente wat eenvoudig die " wildtuin gevoel" oordra en die ervaring meer as net " gemaklik" maak. Skuus Chris.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus