Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die Auobrivier Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -11 minutes ago
Voortrekkery Voertuiglisensie Rona du Plessis -41 minutes ago
By voorbaat, Veels Geluk aan Geert! Ek gaan verloor!!! Rona du Plessis -4 hours ago
Toe word ons dors Kruger 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
Steeds lekker vooruitsigte - vir Chris Vakansiebeplanning 2026/27 Rona du Plessis -5 hours ago
Meiringspoort status Pad en roete inligting Wessel Strydom -5 hours ago

Ons 4-maande toer

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on
Forums

As alles volgens plan verloop, skop ons 4-maande vakansie oor 2 weke af. Ons reisplan lyk as volg:

5 - 14 April: ATKV Hartenbos

15 - 21 April: Karoo Nasionale Park

22 April: Forever Gariep

23 April: Weltevrede, Parys

24 April - 3 Mei: ATKV Klein-Kariba

4 Mei - Malelane-kamp, Krugerwildtuin

5 Mei - 1 Junie: Krokodilbrug, Krugerwildtuin

2 Junie: Orpen, Krugerwildtuin

3 Junie - 3 Augustus: ATKV Eiland Spa

4 Augustus: ATKV Klein-Kariba

Die res van die beplanning terug huistoe moet nog gefinaliseer word, maar sal waarskynlik weer Weltevrede, Gariep en Karoo Nas Park insluit.

Ek het gister die Hilux by 4x4 Mega World in Somerset-Wes gehad vir die stofdigting en uitgly-laai vir die Snomaster. Op die oog af lyk dit of hulle 'n baie netjiese werk gedoen het. Ek het sommer van die geleentheid gebruik gemaak om my voorraad Joey's boerewors en patties te gaan koop. Dit is gou by die huis in porsies vakuumverpak. 

Ek het ook gou by Cara-Camp aangegaan om die Thetford chemikalieë vir die Porta Potti aan te vul. Ek moet genoeg saamneem vir die 4 maande. Teen 60 ml elke 5de dag behoort ek sowat 1.5 liter te benodig.

Vandag sal voortgegaan word om alle items wat onnodig in die karavaan is uit te haal. Ons het die "gawe" om onnodige goed (wat dalk gebruik kan word, maar nooit nie) saam te karwei.

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 10/05/2025 - 18:44

My kinderdae (en selfs jongmensdae) se nostalgiese herinneringe aan die Kruger Wildtuin se kraglose vaste akkommodasie, piekniekplekke, filmvertonings en petrolpompe wat met die hand gepomp word steek vas in my geheue as fantastiese ervarings.

Aan die ander kant, lewenswyses het aanbeweeg en die vernuwing van die Kruger Wildtuin op verskeie terreine is vir my ook geen struikelblok nie. Die wysiging van geboue en stukture na nuwer meer moderne neigings pla my ook geensins nie.

Ek is ook lief vir Berg-en-dal netsoos wat ek lief is vir Pretoriuskop en nog talle ander ruskampe, net om wel iewers in die Wilduin te kan wees span vir my die kroon.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 11/05/2025 - 13:40

Ons het vanoggend die sirkelroete verby (die gewese) Duke-suiping gery. Alhoewel ons nie een van die noemenswaardige goed (lees: "roofdiere") gesien het nie, was dit nogtans 'n vrugbare en genotvolle rit.

Ek het vanoggend die GPS "reset" ten einde ons afstand, reistyd en gemiddelde spoed te meet. Ons 59.4 km gery het ons 3 uur en 30 minute geneem. Laasgenoemde is slegs reistyd terwyl die Hilux beweeg het - m.a.w. tye van stilhou is nie ingesluit nie. My gemiddelde spoed was 16 kpu. Dit is maar my gewone spoed in die wildtuin. Ek poog om nooit 25 kpu te oorskry nie.

Ek verstom my aan die spoed wat baie mense ry - veral diegene met karavane wat na 'n ander kamp verwissel. Persoonlik het ek 'n beleid dat my volgende kamp nie verder as 150km moet wees nie. Indien wel, slaap ek eerder een aand oor by 'n tussenin kamp.

Iets wat my dwars in die krop steek is diegene wat geen respek vir aankomende verkeer op gruispaaie het nie. Hulle kom van vooraf teen 'n stink spoed (want hy mag mos 40 kpu ry) en ry jou onder stof. As ek 'n voertuig van vooraf sien kom, verminder ek spoed tot bykans kruipspoed ten einde stof tot die minimum te beperk. Ek het groot waardering vir diegene wat dieselfde doen.

Iets anders wat ek oplet is hoe sommige voertuie net baie meer stof veroorsaak en dit teen 'n spoed wat geensins vinnig voorkom nie. Sou dit spesifieke bande wees wat daarvoor verantwoordelik is?

Maar genoeg gekla. Dit wil voorkom of ons weer begin verander. Skielik begin 'n ligte windjie waai en dit is vandag ook nie naastenby so warm soos gister se 34°C nie. Nogtans sit ek nou hier in die wa, met die lugreëlaar aan, en tik. YR.no wys ook dat die temperatuur van môre af gaan begin afneem.

En vanaand vat die oukêrel weer kortpad met kosmaak. Dit sal sommer 'n tuna/mayo roosterbroodjie wees wat op die "sandwich press" gemaak gaan word - met 'n lekker avo daarby.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 11/05/2025 - 18:02

... wat ek bykans nie ken in die wildtuin nie. Hier in Krokodilbrug waai 'n lawwe wind - nie té sterk nie, maar blare en stof waai die wêreld vol. Die voorspelling is dat dit koeler gaan word - wat eintlik te verwelkom is, want die vorige 2 dae was behoorlik warm.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 11/05/2025 - 18:15

Dankie Chris, kuier nog lekker saam met julle.

Bly vir julle onthalwe dat die weer 'n raps koeler word.  Ons het gister 'n lieflike 28mm reën gehad, ons reënseisoen is dus hier.

Dis nogal opmerklik dat besoekers aan die Kruger Wildtuin al hoe meer kla oor die gedrag (veral padgedrag) van ander toeriste  -  veral hul gedrag by 'n sekere besienswaardigheid.  Ek het my voorgeneem om my nie aan sodanige gedrag van ander te steur nie, want ek kan eintlik tog nie daardie ou se gedrag verander nie.  Sou ek my tog daaraan steur, maak ek myself net ongelukkig en bederf ek my vakansie-ervaring in die Wildtuin.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 12/05/2025 - 15:14

Na 'n lekker laatlê-sessie is ons eers na 08:00 vanoggend uit die kamp uit. Jy kan dit nie 'n laatslaap-sessie noem nie, want enigiets vanaf 05:30 begin dit redelik raas en rumoer deur diegene wat met hek-oopmaaktyd wil vertrek. En dan kan niemand slaap nie. Dus lê ek maar en Netwerk24 lees. As ons nou jonger was ... Nee wag, dat ek eerder stilbly.

Ons het met die gruispad (S28) Onder-Sabie toe gery en met die teerpad teruggekom na nog 'n lekker M&B "brunch".

Krokodilbrug

Skaars op die S28 het daar 'n leeuwyfie gelê - net so goed soos dood sonder om 'n ooglid of oor te roer. Maar die leeu-verskriktes het weer in hordes saamgedrom. Ons het net verby gery. Al's en al's het ons 'n vrugbare dag beleef met baie wild. Maar as jy daarop ingestel is om roofdiere te sien, sou jy 'n teleurstellende dag saam met die Bouchers gehad het. As baie olifante, buffels, kameelperde, bontkwaggas, blouwildebeeste en rooibokke jou opgewonde maak, sou jy egter dit net soos ons geniet het.

Hier in Krokodilbrug doen Khaki Ferreira al 16 jaar diens as ere-veldwagter. Hy het nou-al opgehou vra of ons iets moois gesien het, want my antwoord verwys altyd na die mooi bome en pragtige rooibokramme.

Ons was eers na 14:00 terug by die kamp en ek twyfel of ons weer sal gaan ry vandag. Vanaand maak ons 'n eenvoudige maalvleis-maaltyd wat bedien word op bruinrys.

Die plan is om nie môre-oggend te gaan ry nie. Ek wil die Hilux in 'n meer respektabele toestand kry vir ons Nelspruit-besoek. Ek wil net na die middag hier vertrek, want ek moet nog sekere vorms by die kardioloog se kamers gaan teken voor Woensdag se prosedure - waarvoor ek reeds om 06:30 by die hospitaal moet aanmeld. Ek moet ook tyd hê om vir Ralie bekend te maak met die pad tussen die gastehuis en die hospitaal. Sy sal maar die Hilux daar moét bestuur - of sy nou wil of nie, want ek mag vir 24 uur nie bestuur nie.

Ons los alles net so hier in Krokodilbrug en vertrou dat ons weer Donderdag hier in ons eie kaia kan kom slaap.

 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 12/05/2025 - 16:35

Sterkte met die prosedure Meneer Boucher....glo dit sal goed gaan en dat die pompie daarna weer klopdisselboom sal wees tot die volgende groot diens, so net voor 100?laugh

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 12/05/2025 - 16:52

Dankie vir die nuutste terugvoer !

Ek is nuuskierig Chris, wat presies wil die kardioloog doen of bepaal ? Gaan hy 'n angiogram gebruik ?

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 12/05/2025 - 17:04

Glo dit sal goed verloop Chris. Na 70 jaar goeie diens is dit seker tyd vir bietjie afskaal en rustig raak. Nou nie dat jy nie rusfiks is nie, maar daar is altyd plek vir verbetering.

Lees ek van die Japanese Prof wat uitgevra was oor oefening en spesifiek hart se lewensverwagting. Seg hy.

"Om te veel die hart kliphard te stoot, nie te goeie idee nie. Moet ook nie gladnie bietjie gematigde oefening onderskat nie. As jy lank wil lewe, gaan lê en rus dan liewers ń bietjie. Jy het net soveel hartkloppe ingeprogrameer, en dit is maar dit".

 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 12/05/2025 - 17:20

Ek glo almal sal terugvoer waardeer, en almal hoop vir goeie toetsuitslae. Sal begryp as jy nie wil deel nie.

Seg vir Ralie mens bestuur 'n hilux met aggressie en 'n laphoedjie in verkeer. Dit werk fantasties

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 12/05/2025 - 17:30

... ja, ek het verstaan dat daar o.a. 'n angiogram gedoen gaan word. Ek het net minder as 4 jaar gelede 'n angiogram gehad nadat my hart uitermate stadig en ingereeld geklop het (tot so laag as 40 slae per minuut). Die angiogram het alles normaal gewys en my bloeddruk-medikasie is aangepas. Hartklop het oor tyd na normaal teruggekeer. 

Maar net voordat ons op vakansie vertrek het, het ek ongemak op die bors begin ervaar. 'n GP in Kleinmond het vermoed dit is ontsteking van my boonste lugweë. Dit het nie juis verbeter nie en ek het GP in Hartenbos gaan sien. Beide GP's het erge onreëlmatige hartklop waargeneem en my hartklop het toegeneem tot 121 per minuut. Ek is na 'n kardioloog in Mosselbaai verwys en hy was eerder van mening dat die ongemaklike (amper pynlike) gevoel is eerder toe te skryf aan hartvlies-ontsteking. Medikasie het dié probleem heeltemal opgelos. Maar sy kommer is die baie vinnige ongereelde hartklop (atriale fibrilasie). Hy't my op 'n bloedverdunner geplaas wat ek eers vir 'n maand lank moet gebruik voor verdere optrede.

Hy't vir my die afspraak gereël met die kardioloog in Nelspruit. Die gedagte is dat ek waarskynlik kardioversie (skok van die hartspier) moet ondergaan. 

Ek sal dus eers Woensdag na al die ondersoeke uitvind watter dinge alles aangevang gaan word.

Dankie vir die goeie wense. Ek spot met Ralie (tot haar ontsteltenis) dat sy nie vir my 'n duur houtjas moet koop as dinge nie reg verloop nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 13/05/2025 - 07:52

Veilig ry Nelspruit toe en sterkte met die toetse. Hopelik is dit net roetine om seker te maak alles is pluis sodat julle toer van ‘n derde van ‘n jaar kan voortgaan. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 13/05/2025 - 09:40

Sterkte vir jou oor die klompie dae van nou af, ek hoop en vertrou alles sal goed afloop sodat julle met gerustheid die res van julle vakansie kan voltooi.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 13/05/2025 - 10:25

Eerstens my dank aan almal vir die goeie wense vir môre se dinge.

Ons is sommer net rustig in die kamp voordat ons (volgens beplanning) ongeveer 13:00 Nelspruit toe wil vertrek. Die Hilux is afgespoel, maar ai - die suikerboere wil nie saamspeel nie. Net toe ek wil begin om af te droog, begin die swart roet en as uit die lug val. 'n Naby-geleë suikerboer is besig om 'n suikerrietland te brand en die luggie trek ongelukkig in hierdie rigting. Dit is omtrent 'n gemors. Toe ons verlede week Komatipoort toe was, was die dorp ook onder roet en as. Dit is een van twee nadele van Krokodilbrug. Die ander een is die feit dat dit 'n hekkamp is. Dagbesoekers stroom hier in en uit en heelwat privaat lodges net buite die wildtuin se gaste word met oop safari-voertuie in die park ingebring. Hier is amper net soveel "jeep jockeys" op die omliggende paaie as in die Skukuza-omgewing. By enige "special sightings"  is dit omtrent verkeersknope.

Genoemde negatiewe faktore (in my oogpunt) mag die enigste redes wees wat my sal noop om 'n ander kamp in die toekoms in die wildtuin te oorweeg. Maar dat dit andersins 'n lekker en seker die netjieste kamp in die wildtuin is, is nie altemit nie.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 13/05/2025 - 11:16

... nadat ek die Hilux gewas het. En dit kom lê toe op die nat bakkie voordat ek kon afdroog. Met die gevolg dat dit vassit aan die bakwerk en nie net afgeblaas kan word nie. 

Krokodilbrug

Krokodilbrug

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 13/05/2025 - 11:30

Aarde Chris. Toe ek lees gedink jy dik ń bietjie aan..maar die fotos sê jy versag die situasie sommer baie. Lyk my na ń gesondheidsrisiko??

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 13/05/2025 - 11:31

Ons het ook al heerlike dae in Krokkies gekamp maar het dit nog nooit oorgekom nie. Sal ChrisB se ervaring dophou in die toekoms.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 13/05/2025 - 14:33

Toe ek in die wildtuin gewerk het, het ek gereeld daardie roet in die Suide gesien. Dit is algemene praktyk van die suikerriet boere om die lande te brand na die oes af is. Dis nie aangenaam as dit so roet reën nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus