6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Skinder??? Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -42 minutes ago
Wessel daar was 'n paar… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Hou net die letter e in vir… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Laaste oor die dekselse kappie Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -2 hours ago
Lower Sabie Kruger 2026 Geert -2 hours ago
Kappie e se toets Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -2 hours ago

DESTYDS GENOEG GEWELD IN FABELS:

Pretoria
Submitted by Slowstrike on
Forums

DESTYDS GENOEG GEWELD IN FABELS:

Deesdae maan kykNET kykers dat programme soos Binnelanders nie geskik is vir kykers onder 13 nie.

Ek kan nie help om te wonder hoekom nie.

Ons geslag het grootgeword met "cowboy"-flieks waarin 'n lewe niks werd was nie.

Die natgeswete skieters het rustig stowwerige dorpies te perd binnegery ná 'n paar koelbloedige moorde.

'n Paar glasies whisky in die kroeg later het hulle met skamel geklede dames teen 'n trap boontoe beweeg.

Dalk was ons voorbereid op al hierdie geweld deur die liedjies en fabels waarmee ons grootgeword het.

Nie alleenlik het Hansie en Grietjie in 'n woud verdwaal nie, hulle was amper gekook en opgeëet deur 'n heks.

Jakkals het met Wolf se vrou gekafoefel en dit het reën op 'n wolklose dag tot gevolg gehad.

'n Eensame wolf tjank deesdae as dit volmaan is.

Dis nou wanneer hy nie probeer om Rooikappie in te sluk nie.

Saans het Ma vir ons Siembamba gesing.

Ons het grootoog gelê en wonder: Hoekom was sy nek omgedraai, op sy kop getrap en daarna in 'n sloot gegooi?

En hoekom het Oom Kallie so diep in die bottel gekyk en daarna sy vrou met 'n handsambok bygekom?

Aljander-Aljander-so-deur-die-bos het ons verwar.

As die ma's en pa's sulke lekker kos gekook het, hoekom moes die kinders verstik aan 'n druiwetros?

En hoekom moes die laaste een se kop afgekap word?

Ons het met nuwe respek na ons ouers gekyk.

Vader Jakob was geen rolmodel nie. Lê en snork terwyl die kinders sing die kerkklok het al lankal gelui.

Die padda en sy muis se vryplanne in die vlei het ook nie uitgewerk nie.

Arme vuurvlieg was in die pad gesteek omdat hy nie sy lig kon verhuur nie.

Besigheidsplan geskrap.

In "Hoe ry die Boere""skiet die boere se gewere "Boem! Boem! Boem!".

Dit boonop onder aanmoediging van die Kaapse meisie wat sing "Skiet nog een! Skiet nog een! Skiet raak!"

Die kersie op die koek was die lappop op die ashoop.

Vir jare het ek elke Saterdagoggend saam met Pa gery as hy tuinvullis op die ashoop gaan gooi.

Maar hoe hard ek ook al gesoek het, ek kon die verslete, gedaan en stukkende lappop nooit kry nie.

Deesdae word dié stories en liedjies selde gehoor.

Ons kinders kyk mos TV. Met behoorlike sensuur.

Maar ongeag al die afkoppe, moorde en geweld dink ek ons geslag het darem nie te sleg uitgedraai nie.

Ons is tot verantwoordelik genoeg om ons laerskoolkinders te verbied om Binnelanders te kyk.

(Met erkenning aan Madré van Tonder.)

Port Elizabeth

Frieps

Tue, 23/05/2017 - 09:25

Ons het al hierdie fabels gehoor en nie eers ag geneem van die "wreedheid" daarin nie.  Vir ons was dit heeltemal normaal.    Vandag moet kinders kastig beskerm word teen hierdie dinge, maar intussen kan hulle, met moderne tegnologie, dinge sien wat ons hare sal laat rys.

Ek onthou, so jaar of wat gelede, was daar 'n "geweldstoneel" in Sewende Laan.  Dit was nie eers erg nie, maar hulle moes 'n boete daarvoor betaal.  Daarna het hulle ook 'n ouderdomsbeperking op die sepie gesit.  Ek dink die arme mense doen dit net ingeval iets in die sepies weer 'n herrie gaan veroorsaak.

Dit was baie interessant om te lees, Slowstrike.

0

Ai ek het altyd Tom& Jerry gekyk praat van geweld sjoe die arme kat het altyd 2de gekom veral as Ou Spike die bulhond hom onderhande geneem het laugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus