Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Strand verkeer.... Onrus woonwapark Wessel Strydom -1 hour ago
Ablusie blok Onrus woonwapark Goeie Hout -1 hour ago
Personeel ingesteldheid.... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Slep Onrus woonwapark Goeie Hout -1 hour ago
Onrus Pryse Onrus woonwapark Goeie Hout -1 hour ago
Onrus Onrus woonwapark Goeie Hout -1 hour ago

November saampraat

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Jan Meyer skop die maand af met sy verjaarsdag (wat toe 'n fout is). Vele meer word jou toegewens Jan (wat ek sal herhaal op 19 Nov). Mag jy vinnig volkome herstel na jou operasie.

Brits

Wessel Strydom

Sat, 01/11/2025 - 08:00

Veels geluk met verjaarsdag. Mag die nuwe jaar net voorspoed, genot en goeie gesondheid inhou.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Sat, 01/11/2025 - 09:38

Baie dankie vir die goeie wense. Sal dit​​​​​​ bêre vir die 19de wanneer ek regtig verjaarcheeky​​​​​​

Met die gesondheid gaan dit goed en het ek lekker slap gelê hierdie week. laugh

Nou net geveg met miere opsit wat my grasperk oorgeneem het.

Chris B enige aanbeveling?​​​​​​

 

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Sat, 01/11/2025 - 11:21

Laas jaar is my 2015 Pajero ge-recall vir lugsak vervanging. As jy nie jou voertuig handelaar toe vat nie sal jy nie weet nie. Ek was met n' diens so meegedeel.

Miskien het hy ook hierdie Takata lugsak in gehad?

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 01/11/2025 - 11:55

Ek vermoed dat die oorgrootte meerderheid voertuie, ongeag vervaardiger, teruggeroep word weens lugsakke!!!

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 01/11/2025 - 12:12

Wetie waar kom ek aan vandag se datum nie. Kyk nou weer op jou profiel en sien dit is inderdaad 19 Nov - ook toevallig my seun se verjaarsdag-datum.

Wat jou mierprobleem aanbetref - een van die beter middels om te gebruik is chlorpyrifos. Ongelukkig word dit nie meer in kleinmaat verkoop nie. 'n Oud-kollega van my het onlangs vir my daarvan laat kry. Ek moet net 'n aantekening daarvan maak om dit in te pak wanneer ek Ebb &Flow toe gaan om 'n bietjie vir jou saam te bring. As jou huidige probleem teen daardie tyd (laaste week van Nov) reeds verdwyn het, het jy dan van die middel om te gebruik in die toekoms.

WhatsApp of SMS jou nommer vir my sodat ek kan kontak maak wanneer ek daar is. My nommer is 079 500 1442 of e-pos by chris. boucher@sonicmail.co.za

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 01/11/2025 - 13:34

Net twee maande van die jaar oor, en oor drie weke maak besprekings oop vir Dwarswegstrand Des 2026. Dan moet ek 40% deposito hoes. Gelukkig het my verband ‘n groot reserwe. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 01/11/2025 - 14:15

Ek en die "government" het vanoggend besluit dat ons die 5-aande wegbreek na Ebb & Flow 'n bietjie moet verleng. Ek mik nou om die voorafgaande Vrydag- en Saterdagaand 'n bespreking in die Bontebokpark te maak en die Vrydag- en Saterdagaand, na Ebb &Flow, eers by ATKV Hartenbos te gaan kuier.

M.a.w. om die 5 aande 9 te maak. Sal Maandag gou poog om genoemde aande by te voeg.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 01/11/2025 - 21:11

Die Duitsers wat met fietse toer se planne het heelwat verander. Hulle het n werksaanbod gekry om by Bush n Buck te help oor Desember, so hulle gaan intussen met kar rond toer in SA tot begin Desember. Intussen gaan Katja se ma ook by hul aansluit vir n trippie later die maand. Hulle was gister in Pretoria en ons het n lekker braai saam met hulle geniet. Regtig waar vreeslik aangenane mense 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 01/11/2025 - 21:39

Ek het op die 'Oktober Saampraat' gesprekslyn genoem van my beplande Kgalagadi-kuier in Oktober 2026. Ek het nog een aand tussenin benodig wanneer ons van Twee Rivieren na Mata Mata verskuif. Die betrokke aand (9 Okt) is beskikbaar slegs in Kalahari Tented Camp (KTC). Ek het dit intussen bespreek en hoop om dit dalk vir 'n ander kamp te ruil indien so-iets beskikbaar kom. Die enigste keer wat ek nog in KTC gebly het was in Mei 2007. Ek het die kamp baie geniet. Ek is net bevrees dat dit in Oktober dalk baie warm kan word in 'n tent. En dan hoop ek ook om nog 'n aand of twee in Nossob te bekom - maar dit klink amper na wors in 'n hondehok.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 02/11/2025 - 10:32

Ek dink "Geert se Duitsers" is aangenaam verras met wat hulle in ons land te beurt geval het. Hoop hulle geniet ook die res van die tyd hier. Geert se ondervinding van vele plekke om te besoek kan vir hulle baie handig te pas kom.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 02/11/2025 - 22:40

Dit lyk mos net rég. Ek is van dié vir wie daar "naand" gesê is in sy skrywe - Maandagoggend is nog baie ver. Ons wag vir vele meer bydraes - al is dit nie nuut nie, ondervinding tel baie. Geen verskoningslaugh

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 02/11/2025 - 23:10

as 'n wegbreek as mens Kruger Wildtuin toe gaan?

Ons is nou op daardie punt. Daan het 'n afspraak vir Dinsdag by die ortopeet waar die "clips" waarskynlik verwyder sal word na sy knievervanging. Ek het soortvan 'n plan gehad om 'n ompad vanaf Nelspruit huis toe te neem, maar alles het afgehang van hoe die pasiënt aansterk. Toe ek hom vanmiddag daaroor vra het hy gereken dat aangesien Ox beseer is, ons vir Rassie kan laat weet dat hy beskikbaar is.... Ek het gaan kyk - kampeerplek is geredelik beskikbaar by kampe in die suide. Temperature vir die komende week lyk nie te nukkerig nie en geen noemenswaardige reënval word voorspel nie (tot Sondag). So, môre as alles goed gaan, het ek 'n vollerige dag en sien uit daarnalaughlaugh

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 03/11/2025 - 05:34

....enige aantal dae in wille Krugertuin tel baie punte. 

Klink of 'n paar aande in B&D, Malelane kampie, Satara, Orpen op julle pad terug kan wees. Hopenlik is die pad van Orpenhek  deur my tonnel, huistoe in rybare toestand. Anders moet jy maar so beplan om N4 terug te ry.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Mon, 03/11/2025 - 07:00

Voel sommer baie ligter in die gemoed as ek Blouwillemaandag se storie gelees het. Veral vanoggend sin het my goeie herinneringe gegee. 

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 03/11/2025 - 08:47

Soos reeds genoem, het ons maar min gekamp die af gelope jaar en ek wou nie veel gesêls nie, die hartseer van onttreking simptome was te erg. Natuurlik ook die opgewondenheid van ons twee oumense wie se kinders 16 Deseember hier land om te kom kuier. 

Ons was Januarie by Buffelspoort vir 'n week, al te veel oor ons gunsteling oord hier gesêls en wou julle nie verveel met die ene nie.

Ons was dan ook twee keer vir naweke by Umfula oord by Parys, dit was meer om die kinders se ontwil, skoonseun is nog skrikerig vir sleep🤣

Dit is 'n baie lekker en netjiese oord, enigste ding wat my erg krap, is dat jy elke keer wat jy die onderdak warm swembad in gaan, moet jy R5.00 by die "turnstile" hek betaal. Dit raak rof met klomp kinders wat saam met ons kleinseuns kom naweek hou. Ons geniet die kinders met hul maats, maar dit kan duur raak.

Dan was ons in Oktober by Sionberg net buite Heidelberg. Baie nice oord, ons het mos 'n saamtrek van die forum daar gehad, en wou graag weer daar gaan kamp.

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 03/11/2025 - 13:35

Ek wou graag eers na afloop van die 5 aande by Ebb & Flow Hartenbos toe gaan - maar daar's geen vaste akkommodasie vir daardie naweek beskikbaar nie. Gevolglik moes ek noodwendig die twee naweke (weerskante van die Ebb & Flow-tydjie) omruil. 

Nou gaan ons eers Hartenbos toe en na afloop van Ebb & Flow gaan ons Bontebokpark toe. Nietemin 9 nagte se wegbreek begin eerskomende Vrydag oor twee weke.

Die versoeking was groot om die Bontebokpark-naweek eerder te ruil met Karoo Nas Park. Maar ons was jare laas in Bontebok terwyl ons redelik gereeld in Karoo kom.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 03/11/2025 - 14:12

Die Bouchers se beplande toertjie klink lekker. Julle moet dit baie geniet!

Ek sien reeds uit na Dwarswegstrand maar dis eers na Kersfees. Tot dan het ons geen planne of fondse om planne mee uit te voer nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 03/11/2025 - 14:28

Chris B, ek sien veral uit na jou verslag met fotos oor Ebb & Flow. Ek bedink nog ons kusoorde vir volgende jaar, na die Baviaanskloof besoek.   

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 03/11/2025 - 14:44

Ek sien reeds uit na Dwarswegstrand maar dis eers na Kersfees.

Om te dink vanaand sou my laaste aand (van 21 aande) in Karoo Nas Park gewees het alvorens ons môre na Dwarswegstrand sou verskuif vir die volgende 30 aande. Maar (ongelukkig) a.g.v. vroulief se gesondheid was ons gedwonge om te kanselleer.

Die Karoo-deposito is gebruik vir om te betaal vir my Ebb & Flow verblyf en die Dwarswegstrand-deposito is oorgedra na ons Jan/Feb-bespreking aldaar (wat nog steeds staan). Ons hoop maar van die beste dat mammie se rugpyn ons gaan toelaat om wel te gaan kamp.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus