Ek het maar nuwe draad begin waar ek in toekoms Ballito kuiers gaan deel
Lunch braaitjie
Sondag middag braai. Mag nie vuur maak op die balkon nie. Dit was egter skrikwekkend gewees om te sien die hoeveelheid vet wat agter gebly het in water van skaap tjops
Braai "with a view"
Ek dink met so 'n uitsig maak dit nie saak of dit kole, elektries of gas is nie. Weet nou nie van wind nie, maar dit lyk wel asof dit 'n mooi dag was. Kuier lekker verder.
Rona en ChrisB
RONA.....gister was nog bietjie winderigheid, maar vanoggend n mooi windstil oggend met n gladde see...hoop dit bly so
CHRISB....ons kom Sondag 6 September terug
Walvisse
Gister middag mooi sighting gehad van walvisse en vanoggend al 2x gesien, maar is rustig vanoggend....nie so "spelerig" soos gister middag sin nie. Dis die 1ste keer dat ek walvisse aan Natal se kus sien....seker omdat ons gewoonlik net oor Desember en Januarie gekom het. Ek het videos...sal kyk of ek erens n mooi foto kan neem.
Nog geen dolfyne gesien nie
Ek ken nie daardie deel van…
Ek ken nie daardie deel van ons ook land nie. Maar jou sonsopkoms-foto's laat my onwillekeurig dink aan die pragtige sonsondergange by Dwarswegstrand. Aai - ek sien sommer uit na ons twee weke in een van laasgenoemde se strandfront-woonstelle Jan/Feb 2027.
Geniet jou week van rustigheid Geert.
Seelewe...
op die rotse en in rotspoele is vir ons ook 'n groot aantreklikheid. Mens kan jou verkyk aan al die soorte diertjies met hulle verskillende kleure en vorms. Sommige op die rotse is so klein en sensitief dat dit verstommend is hoe hulle aangepas moet wees om te oorleef tot die volgende hoogwater.
Dankie vir die foto's, ek ruik sommer die see....
Dolfyne sorg ook gewoonlik vir groot vermaak. Geniet dit!
Was ek maar....
....'n ryk man, dan koop ek 'n boswa met ordentlike tent. Dan kan ek ook met geruste gemoed langs see gaan uitspan.
Geert, geniet jou seevakansie!!!!
Die giftige vis
Dié outjie lyk onvriendelik en dit klink asof hy 'n mens nog minder vriendelik laat voel.
Ek moes uit nuuskierigheid eers gaan oplees oor hierdie gedierte. Daar is verskillende soorte - o.a. ook 'n varswater een wat eetbaar is. Nee wat, dan gaan hengel ek eerder in die hoop op 'n varswater Sardientjie.
Kleintyd het ek 'n "trofee' van so 'n Puffer Fish gesien. Dit was in 'n lamp omskep. Ek onthou die grootte as +/- 25x30 cm met 'n blouerige kleur op die rug. Indrukwekkend gewees.
Gifige blaadoppies
In my strand-hengeldae honderde blaasoppies van hoeke afgehaal. Sover ek verstaan moet jy nie sommer net aan n blaasoppie staan en kou nie,kan jou effe lam laat.
Daar is egter mense wat baie betaal vir n stukkie Blaasop-sushi. Die Shef moet glo sy 10 000 ure insit voordat hy papiere kry.
Geert
Geert so bly julle sien dit. Ai ek geniet jou fotos.
My droom is om weer saam met n skilpad te swem. Ek is n gekwalifiseerdeerde diep see duiker maar die met Mantas te swem, maar ai...hulle kom nie op ons dieptes.
So in struisbaai is daar Mantas wat gevoed is dan trek ek my skoene uit en gaan loop met hulle....





Geert ...
... smaak my julle kuier in "style". Vir hoe lank? Geniet!!