Die griep van my ai ai.
Kry nou laasnag n nagmerrie wat net nie wil ophou nie. Moes opstaan en gaan seker maak .
Ek droom hier kom inbrekers in ons huisie in en steel my J & B wat ek gekry het vir die Plet kamp.
Aag wat ons gee nie om nie ,…
Aag wat ons gee nie om nie ,, dis nou kwaad word daai vi niks. Ry maar en gebruik stop ry as rus stop. Het al daai kopskuif gedoen.
Kan mens daai ander pad van…
Kan mens daai ander pad van graaf reinet PE ook ry of is hy nie geskik nie. Of die willowmore PE pad.
Frans Pretorius
Soos ek voorheen genoem het, as jy GR na PE ry moet jy verby Uitenhage op die besige stuk pad tussen Uitenhage en PE. 'n Pad met baie verkeer, mense, diere. Jy ry ook in verkeer in die Baai in voordat jy op die N2 kan draai. Met jou groot karavaan gaan dit dalk nie te maklik wees nie.
Ek reken Frans sal jou meer kan vertel en beter raad gee. Kom in, Frans, kom in! Roger? ![]()
Omie JEEP!!!!
Johan, vir wat dit werd is! Ons het van George af Uniondale, Willowmore, Aberdeen, Middelburg, Colesberg, Bloemfontein gery, meer om bietjie "ander pad " terug te kom As N12. Effe misgis, mooi natuur, pad nie te waffers. Jy gaan af George se rigting, draai eerder links af by Middelburg oor Cradock N10, ek dink beter roep. Onthou,ek het NIE gesleep nie, sou nie eers daardie pad met klein karavaan wou aanpak!!!! Pad is NOU (SMAL) waar hulle werk, en jou kar en wa is vol teer en gemors!!!
Ek sal ook seker nooit weer oor Bloemfontein ry en dan Welkom - Bothaville (R30). Daar is lang stuk pad tussen Welkom se kant en Odendaalsrus waar spoedperk 80 is, maar die manne met die groot SUV en trokkies het geen respek vir spoed of plat karre nie!!!
Indien ons OOIT weer afgaan George se kant toe, sal ek by N12 bly, en eerder naby Britstown ORDENTLIKE slaapplek, dalk op plaas of so, soek. Ons sou hierdie keer by Victoria Wes oorna, maar straat en blyplek niet een kyk gegee. Anderkant BeaufortWes by Steenbokkie gaan oornag, maar dis te naby as jy van daar af terugkom.
Hoop info kan help, ander whatsapp of e-pos my.
Oky, baie dankie…
Oky, baie dankie.
Ons oornag by Jesa in Graaaf Reinett. Dan vat ek maar die Uniondale George pad.
Wou net gehoor het v.d. ander opsies. Sal met die terug kom slag besluit. Ons kom 18de Sondag terug en sal weer iewers oornag dan 19de deurry bloem toe. As Jesa lekke is, kom ons weer daaroor, sonie Cradock oor. Baie lus ve Daggaboer se kos. Of Beaufort oor. Slaap by karoo n.p. Ons is mal oor hulle. Dis maar net die verveelentheid van die lang stukke pad tussenin.





Dis omtrent 'n nagmerrie! …
Dis omtrent 'n nagmerrie! En 'n ramp as dit moet waar word.
Ek het vanoggend al my kruideniersware sakkies netjies opgevou soos jy gewys het. Nou is dit net 'n klein sakkie vol en nie meer in my pad nie. Dit wag nou vir die gadget.
Julle gaan mos oor Graaf Reinett ry? Frans het Willowmore/Graaf Reinett gery en sê daar was heelwat padwerke. Dis hoe ek hom verstaan het, hy kan my reghelp as ek verkeerd is.