6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel daar was 'n paar… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -32 minutes ago
Hou net die letter e in vir… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -42 minutes ago
Laaste oor die dekselse kappie Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -1 hour ago
Lower Sabie Kruger 2026 Geert -1 hour ago
Kappie e se toets Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -1 hour ago
Laptop e..... Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -2 hours ago

Stop Ry op die pad

Bloemfontein
Submitted by OOM JEEP on
Forums

Weet nie eintlik of hierdie draad n grap behoort te wees nie.

Toe ek n kind was, en ons ry met die ou Hudson Hornet 1953 model om te gaan kuier by tant sussie hulle op Warden .... dis nou van die plaas naby Paul Roux.,, dan pak my ma n blik met broodjies  ,,, tuisgebak... stukkies worsies.. tuis gemaak... en gekookte eiers in.  Dis nou vir die pad... da was nie geld vir iets anders nie. Ek onthou hoet ons uitgesien na die outing.

Nou se ek vir Elma as ons by die stop ry moet staan dan moet ons dit ook doen..... jig se sy, ..... ek onthou van die reuk van n koue gekookte eier.. ek word sommer naar.  Sy wil niks weet nie. Sy sal maar vir ons iets anders kry. Chips, kaaskrulle en sweets.

Tye het darem verander hê.

Ek vertel nou die storie , want ek hoor daars so n paar stop ry gedoentes oppad Plet toe. Wat van n flask koffie vra ek. .... ja oky dit kan dalk werk...... Sien sy like koffie.

 

Was nou die dag Plett toe, eintlik Keurboomstrand om biki na my belange om te sien.

Die enigste stop-ry is tussen Kroonstad en Venterburg en van Colesberg af kan julle maar balega!! Spietkops is yl gesaai, kyk maar net uit naby die dorpe soos Graaf Reinet ens.

As jy nou wild wil wees en n Hilux ry balega jy links daar by Uniondale en sleep oor die berg oor die Avontuur roete en in n japtrap is jy in Plett.

Haal net jou valstande uit en trek jou bra-straps so 5 lusies vaster.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 30/05/2017 - 15:34

Laaste sin hierbo :  is dit omdat jy 'n Hi-Lux ry met bladvere agter ?  Indien wel, probeer die nuwe Navara met onafhanklike vere agter, dan kan sy saamry en sê : "Look Ma, no bra !"

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 30/05/2017 - 16:56

Ek eet nie dikwels gekookte eiers by die huis nie maar op die pad is 'n gekookte eier vir my so lekker.  Ek dop hom heeltemal af en bestrooi die hele eier baie mildelik met sout.  Dan eet ek hom hap vir hap.  Saam met 'n broodjie,  hoenderboudjie en 'n frikadel is dit koningskos.  En lekker warm koffie.

Ek is te ongeduldig om "stop ry gedoentes" te geniet.   Vir die bestuurder kan dit seker as 'n ruskans gesien word maar vir my is dit nie pret nie.no

 

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 30/05/2017 - 19:55

Lekker gelag jou vir party opmerkings?

Johan, dit kon werk om so eet-eet te stop-ry-stop ry, maar teen die tyd jy by jou bestemming opdaag, is 'n groot hap uit jou vakansie voedsel voorraad?

Nee ek hakkel nie, spoeg dit het uit soos dit omtrend sal wees?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus