6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Skinder??? Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -41 minutes ago
Wessel daar was 'n paar… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Hou net die letter e in vir… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Laaste oor die dekselse kappie Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -2 hours ago
Lower Sabie Kruger 2026 Geert -2 hours ago
Kappie e se toets Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -2 hours ago

Pappegaai

Vaalpark
Submitted by Johann L on
Forums

Vier broers wat arm. groot geword het, het verder gaan studeer en het almal suksesvolle professionele loopbane gehad. Hul bejaarde moeder wat hulle alleen groot gemaak het, het ver van hulle gewoon en hulle het selde by haar gekom.

Een Kersfees eet die broers saam en elkeen vertel trots van die duur geskenk wat hy vir hulle bejaarde moeder gegee het.

Die eerste sê: 
'Ek het vir Ma 'n groot en weelderige huis laat bou. 

'Die tweede sê: 
'Ek het 'n tuisteater van R100,000 vir haar
laat insit.

'Die derde spog:
'EK het gesorg dat my Mercedes agent 'n nuwe SL600 vir haar aflewer.

'Die vierde antwoord:
'Julle weet mos hoe baie Ma daarvan hou om die Bybel te lees, maar dat sy nou byna
heeltemal blind geword het en nie meer self kan lees nie? 
Ek het by 'n unieke troeteldier winkel 'n pappegaai ontdek wat die hele Bybel uit sy kop ken! Dit het 20 leraars 12 jaar geneem om hom alles te leer. Ter betaling moes ek belowe om vir die volgende 20 jaar jaarliks R100,000 aan die kerk te gee, maar dit was die moeite werd. Nou kan sy net 'n Skrif gedeelte noem, en die pappegaai sal dit vir haar voordra.
'Die ander broers was beïndruk.

Na Kersfees stuur die tannie toe haar dankie briewe:

'Dewald, dankie vir die huis wat jy laat bou het. Maar dit is eintlik heeltemal te groot. Ek kan net een kamer gebruik, maar ek moet alles skoon hou en ek is doodmoeg.'

'Leon, jy het vir my
die fantastiese tuisteater gegee wat plek het vir 50 mense, maar my vriende is ongelukkig al almal dood of in ouetehuise. Ek hoor boonop maar sleg en sien amper
niks nie. Dankie nietemin vir jou geskenk.'

'Martin, ek is te oud om te reis, en my kruideniersware word afgelewer. Ek kan die
Mercedes dus nie regtig vir enigiets gebruik nie. Maar dankie vir die gedagte.''

'Liewe Werner, jy was die enigste seun wat mooi oor my behoeftes gedink het voor jy jou
geskenk gegee het. Baie dankie die hoender was absoluut heerlik!" 

Liefde Ma. ??

0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus