6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hennie Botha Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Privaat boodskap Forum Herstel en terugvoering Geert -3 hours ago
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -5 hours ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -10 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -11 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -11 hours ago

Noodhulp kissie

Secunda
Submitted by Sleep nou on
Forums

Soos ek alles regpak kom ek agter wat nou sou iets gebeur terwyl ons kamp en daar is nie hulp naby nie. Ek weet nou na die vrag wat nou is dat n noodhulp kissie nodig is sal bietjie vandag gaan rondkyk vir een. Het julle n noodhulp kissie byterhand?

Centurion

Voortrekker

Sat, 12/08/2017 - 09:22

Ek dink ek het amper so iets.  Het al erg brand wonde met hom behandel te danke aan die gel packs.   Dink die een wat ek het is wel groter, maar ek sien hom nie?

MAKRO

m

0

Dit is noodsaaklik dat Kampers 'n Mediesekissie moet hê vernaamlik as jy op afgelee plekke kamp.Net ter verduidelikkig dit is nie dieselfde as 'n Noodhulpkissie nie, dis baie meer. 'n noodhulp kissie het nie medeksie in nie. So daar is 'n hele paar dinge wat noodsaaklik is in 'n Kamper-Medikasiekissie. Pille vir Griep, kopseer ens. Ek het tot Antibiotika, en antihistamien , en Imodium pille wat 'n lewe kan red om nie te praat van Lewerpille en dan ook Gemmerbrandewyn ( dis medisyne vir baie dinge ). Vra vir jou dokter vir 'n volledige lysie. Oogdruppels en Detol is ook 'n moet.

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Sun, 13/08/2017 - 18:21

Ons het ook n vol een.

Kampers het al baie by Yvonne kom aanklop vir hulp.

Sy dokter graag.

Oefen glo op my, dit is hoekom ek so vol knoppe is. He He

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 14/08/2017 - 07:48

Was by Dischem gewees ek is ook toe aangeraai voor ek koop om by Macro te gaan loer

0

As ons beskaafd gaan kamp vat ons altyd die volgende saam:

Anti-Hestamin vir byte en allergie.

Immodium vir groot strooi

Burnshield vir as ek te veel Brannas inhet en in die vuur val.

Pleisters van alle grootes

Lekker speld vir dorings uithaal

Verkoue en griep medisyne

Dettol en watte. (as die kinders seer kry oor hulle stout is, Turlington)

Hoofpyn pille.

As ons remote kamp dan voeg ons twee slangbyt teenmiddels in naamlik teengif vir Adders en teengif vir Mamba, dis al, die res moet jy maar uitstaan.

Die tannie het ook altyd naald en gare vir steke wat ingesit moet word. So n klein groen pakkie.

Ek glo die beste raad vir swart mamba byt is om stil te le in die koelte van n boom want n lyk stink geweldig in die son.

0
Centurion

Dusty

Mon, 14/08/2017 - 08:48

Frikadel, daai turlington is 'n baie goeie middel.

Ek het 'n worshond gehad wat baie siek was. Ek het haar toe veearts toe gevat en hulle het 'n paar toetse gedoen teen R1000.00. Uitslag: hulle weet toe nie wat fout is nie maar wou die hond daar hou vir verdere toetse teen R1500.00/. Ek vat toe die hond huistoe en voer haar toe condensmelk met 'n paar druppels turlinton op 'n teelepel elke oggen en elke aand. By dag 3 was die hond weer perdfris of is dit nou hondfris.

Jammer ek kaap die draad, maar dit is ook medies

0

Fishermen / girls.... one very strong side cutter to cut the back off a fishing hook that's embedd itself. It's easier to cut the back off and push it through than try to get is back out because of the barb.

For those travelling outside SA  / other provinces.... Take a few sterile syringes & needles with you, Don't rely on them having sterile ones....

There's umpteen things one can take with so I'm gonna stop here...

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus