Ok, ek gaan begin met my 3B se regmaak en hoop as ek klaar is is die 3B ook klaar. Wees maar geduldig.

Willem se 3B
Ek begin met 'n paar van die eerste foto's, die kos kaste.
Willem se 3B
Hier was ek besig om die uit trek bed te verander in 'n enkel bed en die twee bankies agter om 'n vol permanente dubbel bed te wees.
Willem se 3B
Die dak was redelik vuil en moes oor geverf word.
Willem se 3B
Die kinders het nie gehou van die bestaande Novilon nie en moes toe maar self die nuwe vloer teëls lê wat Pa moes koop.
Willem se 3B
Die oond / stoof het ek gewonder hoe / wat moet ek maak.
Nou kan hulle hom laai as hulle vir 'n langer tyd gaan kamp.
Willem se 3B
Ek het besluit om ook 'n buite blad te maak want dit werk vir my.
Willem se 3B
Die neus kas se boonste deel was gebreek en ek wou hê die spaar moet ook daar in pas want die 3B se neus is redelik lig.
Willem se 3B
Ek het gesien dat al die venster rubbers vrot gebrand is deur die son en dit het water laat deur kom.
So het ek almal vervang en ook die strip aan die bo kant nuwe seelaar (ghries spons) in gesit.
Ek het ook onder die venster rubbers Sikaflex ingesit.
Willem se 3B
Ek het ook al die water pype vervang en die binne wasbak en buite wasbak se afloop water na een plek gely.
Die opwasbak wat binne was wat ek uit gehaal het het ek in die buite opwas raam gemaak pas en ook 'n water punt vir hom daar aan gelê.
Liewe magties, dit was 'n…
Liewe magties, dit was 'n projek wat mooi uit gekom het. Jou kinders gaan die wa geniet, baie netjies Willem.??
Ek admireer regtig iemand…
Ek admireer regtig iemand wat kans sien om so taak aan te pak. Nie sommer enige iemand kan dit doen nie, mens moet vaardigheid hê daarvoor. Dit was seker baie werk, Wilsur, geluk en welgedaan. Die kinders gaan baie lekker kamp en is seker hul Pa ewig dankbaar.
Willem se 3B
Ek het ook die onderstel af geskuur en geverf. Het ook die skokbrekers vervang.
Willem se 3B
Die tent het goed gelyk maar die staal pale was baie gebuig en die koppelings was nie almal die selfde nie.
Ek het later eers gesien daar is ook 'n rally.
Het toe besluit om al die pale te vervang met aluminium pale.
Baie netjies
Ek admireer julle ouens wat sulke projekte aanpak. Wens ek het meer tyd gehad om ook so iets aan te pak.
Willem, jy het net betyds…
Willem, jy het net betyds daai skokbrekers vervang, daai een was op pad om te breek, langs die pad.
Willempie, Willempie...........
Ek is stomgeslaan met hierdie rits fotos, Willem. Hemel, dit wil gedoen wees - om die minste te sê, puik !
Die hele proses het verloop soos 'n toer-vertelling wat ek baie geniet het, veral in die lig van my klaaglied vanoggend dat hierdie forum geen tegniese geselsies oplewer nie - nou is ek verkeerd bewys !
Ek is baie geïnteresseerd in die foto waar dit blyk of die een wiel se as (waar die wiellaers op hardloop) amper afgebreek is of is dit 'n deel van die skokbreker ? Hoe sou dit moontlik kon gebeur het, het jy dalk 'n verklaring daarvoor ?
Wat het jy besluit, gaan die wa 'n battery hê wat gelaai word of gaan alles net 220v wees ? As ek reg onthou van my in die 80's En die yskas-foto yskas, dit is 'n groter yskas - het jy dit saam met die wa gekry of moes jy dit self koop ? Gooi jy gas wat destyds standaard was heeltemal uit ? En die agterligte, lyk dit nog goed of gaan jy dit vervang ?
Baie dankie vir die vrek interessante vertelling.
Dankie almal, dit het my die…
Dankie almal, dit het my die hele 2017 tot nou besig gehou.
Len, al die ligte is 12v LED's maar het besluit om nie 'n battery in te sit nie. Die plan is as jy langs die pad stop tap jy sommer van die voertuig krag vir ligte. Ek het by Danie van die ander forum 'n sterk transformer gekoop wat al die 12v voorsien.
Ek het hom gekoop met die groot yskas, sou hy nog die klein een ingehad het het ek een wat 220v en gas werk soos joune hier in my kuier plek wat ek sou insit.
Die gas is uit die karavaan gehaal vir veiligheid vir die kleinkinders.
Die agter ligte lyk nog goed en gaan vir eers so bly.
Daai weg gesluite as is die bo punt van die een skokbrekers. Ek reken dit is veroorsaak deur die rubbers wat geslyt was op die skokbreker.





Willem se 3B
Dit is wat ek gesien het voor ek hom gekoop het.