Ok, ek gaan begin met my 3B se regmaak en hoop as ek klaar is is die 3B ook klaar. Wees maar geduldig.

Kinders se 3B
Wilsur, jy is seker half spyt dat jy nie sommer die karavaan vir jouself kan hou nie.
Wat ons nie alles vir ons kinders sal doen nie. Hulle gaan die puik handewerk van Pa geniet. Dit lyk regtig baie mooi. Soos Len sê, dit was nou 'n lekker lees artikel.
Kyk nou net...............
Kyk nou net hoe lekker gesels en kyk ons as dit by die tegniese goedjies kom !
Dankie Willem, ek hoop nog ouens volg jou voorbeeld met fotos en geselsery oor waarmee ons alles met kamp-goeters doenig is.
Freda, gelukkig bly…
Freda, gelukkig bly voorlopig op my naam want ek moe die lisensie en versekering betaal, so ek kan hom ook enige tyd gebruik want hy staan ook by my.
Len, ja dit is vir my ook die kekker deel van die Forum.
Soos hy klaar kom (voor einde September) sal ek die laaste foto's ook plaas. Die meisiekinders koet nog die gordyne maak. Ek het een nuwe deur laat maak en nou pas die ander nie by hom nie, al die ander moet nou afgeskuur word en die selfde vernis kry en dan moet ek dit nog terug sit ook.
Die 3B het die afgelope…
Die 3B het die afgelope naweek sy inwydings kamp gehad en dit klink of die kinders dit geniet het.



Oupa se bulletjie Ivan.
Ek glo die kinders het dit…
Ek glo die kinders het dit baie geniet. Natuurlik, veral die kleintjies. Ivan is te pragtig!
Dit lyk baie netjies, Wilsur. Het hulle die tent daar naby ook opgeslaan?
Dankie...........
Dankie vir die bewyse Willem - sommer baie spoggerig.
Het dit goed gegaan met die slepery en het alles gewetrk soos dit moes ?
Freda,…
Freda,
Nee hulle het net die Rally opgeslaan. Desember staan hulle 'n week en sal dan die vol tent opslaan.
Len,
Ja, dit klink of die sleep heel gemaklik was. Hulle het net met die dogter se kar se ligte gesukkel, die Vrydag laat na gaan en herstel maar steeds nie 100% nie maar kon darem ry. Sondag prop hulle in en daar werk als 100%.
Herstel Opvolg
Soos julle sie het die kinders gaan kamp, ek het gevra om te kyk of hulle lek plekke kan sien.
Wel daar was toe so 4 strepe onder die Rally. Het toe maar vandag die aluminium strips afgehaal (ook maar goed so) om hom behoorlik te seël. Die oues was vrot al get dit op die kante gelyk of dit onlangs gedoen was. Gelukkig sou dit nie in die muur gegaan het nie want die plaat is so 10mm omgebuig.
Ek gaan daai ghries spons opsit en die hoek vol Siklaflex spuit voor ek dit terug sit. Na die WilSur kamp sal ek voor Desember die anderkant moet doen want hulle kamp vir 'n week oor Desember.
Len, dit is 'n tipe spons…
Len, dit is 'n tipe spons wat deurtrek is met was/wax as ek reg is.
Herstel Opvolg
Ok, ek het die deur kant klaar gemaak.
Len
So lyk die goed wat ek na verwys het. Jy plak dit aan die karavaan kant.

O, okay, ek ken dit as kleef…
O, okay, ek ken dit as kleef spons. Gebruik dit ook om my sink stoortjie af te seël vir stof?
Daai goed doen wondere, netjies Willem.
Lekker lees ek nou weer hier…
Lekker lees ek nou weer hier deur, baie netjiese projek.
Hi Willem, hoe het die…
Hi Willem, hoe het die kinders se Desember kamp toe afgeloop?
Hennie, hulle was Sondela…
Hennie, hulle was Sondela toe gewees en dit baie geniet. hulle gaan juis die Mei kamp saam Kokoriba toe.
Willem, ek is bly dat alles…
Willem, ek is bly dat alles toe mooi uitgewerk het.
gaan juis die Mei kamp saam …
gaan juis die Mei kamp saam
hoelykit Hennie?





WOW
Willem jy slaan uit welgedaan puik puik wat n restorasie