Die forum staan al 228 lede sterk. Dink nou as al 228 lede aanlyn is. Kom lede val in en gesels lekke saam
Ek kom agter dat daar wel…
Ek kom agter dat daar wel meer mense gesels, of die selfde mense net meer
Dit is mooi getalle daai vir…
Dit is mooi getalle daai vir so jong Forum en fb blad. Almal op fb moet nou net hier ook inval.
Lede
Ja, baie geluk Voortrekker. Jy kan trots voel op wat jy vermag het. Die feit dat so baie van die ingeskrewe lede niks van hulle laat hoor hier nie, is 'n jammerte. Ek vind dit vreemd dat hulle nie eers reageer op die welkom heet nie. Ook kan hulle tog nie alles lees as hulle nie aanlyn is nie, so mens wonder of hulle registreer en dan nie weer inskakel nie. Op die Facebook blad is die deelname ook maar power.
Tog, die mense moes vir 'n rede aangesluit het. Mens kan net hoop dat met die tyd saam sal dit al hoe beter word.
Daai bakkies boek blad doen…
Daai bakkies boek blad doen nie die ding vir my nie, ek raak so gefrustreurd as ek daar ingaan en al wat ek sien is, vandag so lank terug, of, Sannie se koekies bak resep is deur driehonderd mense gedeel, en so kan ek aangaan. Ek kry nie my voete gevind daar nie, te oud en te dom.
Staan nou 394 forum lede
Ons grooi mooi dis n lekke forum kom alle lede maak n koffie log in gesels bietjie saam vertel meer van julle
Wat van die Forum so bietjie Bemark.
Ek glo in bemarking as jy wil uitbrei. Een van die Grootste voordele van 'n forum soos die Bo iets soos KAMP-mal op die FB is dat mens altyd maklik kan teruggaan na 'n onderwerp wat belangrikke inligting bevat soos Bv. in die DIY en Wenke afdeling. ( Wat ek dink ons moet beslis uitbou ).Dan is daar ook Kampplekke wat mense beindruk het ens. Op FB as 'n onderwerp meer as 'n week op was is hy tot niet en mens kry hom nie weer nie. Ons kan ook dinge wat op die Kamp-mal FB wat van waarde is oordra na hierdie Forum want so bly dit behoue. Dis maar hoe ek daaroor voel.
Goeie punt wat jy noem Tora,…
Goeie punt wat jy noem Tora, ek weet nie veel van plagiaat en kopie regte nie, maar dit behoort te werk?
Ons kan, en mag, Kampforum.co.za, vanaf fb, se insette hier lewer, ek is net nie seker van enige ander groep nie.? ?
Mag nie Kamp mal se goed…
Mag nie Kamp mal se goed gebruik nie. Die mense van kamp mal is mos welkom om hier aan te sluit.
Dalk, net dalk moet ons…
Dalk, net dalk moet ons iemand bedank.... het so n paar mense nuuskierig gemaak en nou kom loer hulle in. Baie welkom hier en kom gesels saam.
Ons is nie regtig so erg soos wat daar van ons vertel word nie..... ( ok ek weet nie van almal nie maar ek is eintlik n baie rustige mens wat niemand kwaad maak nie)
Dit is so Segekok, ek is ook…
Dit is so Segekok, ek is ook eintlik 'n baie ordentlike en eerbaarlike mens ![]()
Dankie!





En die FB groep staan op…
En die FB groep staan op 1090 lede vandag.