Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Neef Herman, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Voorwêreld Oktober 2026 saam gesels neef Herman -1 hour ago
Sterkte Verskoning Geert -2 hours ago
Vlieënde Tesla Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago
Suksesvolle/bevredigende vakansie Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -3 hours ago

Die tandarts besoek

Durban
Submitted by dassie on
Forums

Kyk daar is 2 dinge in die lewe wat jy kan verseker wees en dit is die dood en taxes .Ek weet nie wie het die steling gemaak nie maar hy het uitgelos van ten minste 1 keer in jou lewe gaan jy n tandarts nodig he .So breek daai dag aan waar ek van die bek mechanic se dienste MOET  gebruik maak .Ek sit met n tandpyn dat die eenkant van my gesig so opgeswel was ek kon skaars my brille opsit .By sy ontvangs kamer gekom en die auntie met die bolla wat so styf getrek is dat sy nie haar oe kan knip nie beduie sy vir my om die vorms in te vul .Jinne dame ek is nie hier om n kar te koop nie mompel ek deur my dik gesig .Nee se sy Dis ingeval dokter n glipsie maak kan jy hom nie” sue”  nie . Moet se dis nou baie gerustellend om dit te hoor dat ek dalk vir die res van my lewe met hang gesig gaan rondloop soos n Engelse Bulldog .

 

Nadat n stomme ma met n gillende kleuter uit die spreekkamer kom is dit my beurt .Die man beduie ek moet sit op daai stoel wat soos die Challenger maan stoel lyk .Ek sit maar hou daai armstutte so styf vas dat my kneukels wit word .Hy vra waarmee kan hy help en merk toe ook op dat ek baie senuwee agtig lyk .Hy se ek moet ontspan want ek maak hom senuwee agtig ek is sy eerste rerige pasient .Omdat hy nie in die gemiddelde 20% van sy klas  was nie het hy geoefen op plaas diere en ek is sy 1 ste mens .He he he lag die poephol vir sy eie grappie .My mond is droog en ek maak amper soos n vis op droe aarde hy staan nader en druk so levertjie langs die stoel en die stoel val so vinnig agteruit dat my bek automaties oopvlieg .Hy se Ahaaa ek sien die probleem en neem so intrumentjie van vlekvrye staal om in my bek te grawe .Daai dag het ek iets omtrent myself uitgevind dat as ek eendag altwee my bene verloor sal ek op my boude kan loop .Kyk toe daai man so grawe toe stap en amper uit sy stoel op my boudjies .

 

Hy gryp so naald wat so dik soos my middle vinger is en duik daar in my mond in ek hoor hoe kraak my verheemlte soos daai naald been en vleis deurdring .Okay se die ou Sit so bietjie ek is nou terug .So sit en top jy oor die lewe en voel dat iets snaaks aan die gebeur is jou gesig raak soos jellie die hele helfte van jou gesig trek nou hier af grond se kant toe .Jou lippe raak gevoelloos en jy kan nie praat nie .Die perd kom terug en se Daarsy nou kan ons werk .Daai vorm wat ek geteken het is nou op my brein ek kan hom nie eers “sue “ nie .Toe trek hy daai Bosch boor met timmer aksie nader en ek ruik rook en sien rook borrel daar by my bek uit en ek hoor die glips van die boor .Dan se hy wat almal se as hulle n glipsie het Okay “rinse” Ek vat daai papier glassie met die pienk vloeistof in en dis waar daai lippe nie wil saamwerk .Ek spoel hom so links en toe regs en weer links .Intussen loop die pienk vloeistof oor daai Mick Jagger lippe uit want sien jy doen jou bes om daai 2 tubes styf toe te druk maar tevergeefs .Hy se Spoeg in die silwerbak sy assistant is mooie jong dametjie en jy wil haar beindruk die beste wat ek doen is so swak straaltjie speeksel pienk vloeistof wat nou oor jou bors en baard loop .Jy probeer terug sit maar nou is daar so speeksel lyn vanaf die papier glassie en jou onderste lip .Jy probeer blaas sodat die lyn moet afbreek maar verdomp of die ding wil laat los

 

So los jy maar die lyn en sit terug in die stoel .Nou probeer die tandarts n gesprek met jou aan knoop .Hy vra na jou familie ens maar die  die lippe werk  nie saam en dit klink na n gemompel .Okies se hy Maak mooi groot oop dan haal ons daai kalant sommer gou uit .Mense ek sweer hy het my kakebeen saam met daai tand uitgetrek ek voel dinge woel hier in my binneste en dit ruk hier in my lyf .Genadiglik is die tand uit en hy gooi hom in so bakkie van vlekvrye staal dat dit klink soos alabasters wat in n pee pot val .Druk so stukkie watte in die gat en se Daarsy oom jou probleem is uitgesort .Se maar as daar nog iets is wat ek kan doen .

 

Cheers

Johann L wee jy ek kan nog steeds daai lam gevoel ,voel nadat die tandarts daai gif ingespuit het .Mens dis n aaklige gevoel

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 13/11/2017 - 06:03

Enige ou wat al 'n tand moes laat trek, ken daai storie.  Van die sit in die stoel, krap in jou mond, spuitnaald, dooie bek tot die gekraak van 'n tand wat uitkom.  Dit voel of jy 10 dode sterf deur die proses.   laugh

Dassie, dit is so lekker om weer van jou te hoor.   Jy moenie so van die radar af verdwyn nie, ons mis jou.   Welkom terug.yes

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 13/11/2017 - 07:59

My oorlede pa het altyd gese n politiekis lieg oop oe en n tandarts lieg oop mond

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus