Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lyk na heel aangename oord Umfula Geert -3 minutes ago
rondsoek vir diesel ??? Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -8 minutes ago
Skerm skoot Oktober 2026 saam gesels Johann L -2 hours ago
App beskikbaar Oktober 2026 saam gesels Johann L -2 hours ago
Dit is reg, die braaipit is… Umfula Johann L -2 hours ago
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -13 hours ago

Umfula

Vaalpark
Submitted by Johann L on
Forums

Gaan weer probeer om 'n inset te lewer, sukkel nou geruime tyd🤣

Ons en die kinders het so rukkie terug by by Umfula gaan kamp, Adriaan is baie lief vir visvang en, volgens hom, is dit die beste oord vir die rede.

Die  naweek het maar koud en met erg wind Vrydag begin, maar Saterdag het dit darem warm geword. Dit is 'n oord op 'n kleinwild plaas naby Parys en is baie gewild onder oud en jonk. Baie om almal mee besig te hou. Die enigste ding wat my irriteer, is die feit dat die warm onderdak swembad duur raak teen R5.00 per persoon per ingang. Jy moet elke keer wat jy by die hek ingaan dit betaal.

Daar is groen gras , modder en plaveisel staanplekke. 

9

 

Vaalpark

Johann L

Sun, 11/10/2026 - 14:16

Boonste fotos was van 'n vorige kamp hier, ek plaas nou die nuwe fotos, wou eers handdoek in gooi want die skerm verander na 'n nuwe blad sodra jy "save" druk"

Umfula
0
Vaalpark

Johann L

Sun, 11/10/2026 - 14:19

Adriaan het baie en groot visse gevang, ek kry nie meer opskrifte aan 'n foto geheg nie, sal maar weer probeer.

Hier is sy rekord vir die naweek, 'n 5.6 Kg karp

0
Kaap

Goeie Hout

Sun, 11/10/2026 - 17:39

Baie nice outfit wat jy het.  Minimalisties se hulle.

Lekker om so te staan.  Die geroeste braai put is seker die plek sinne.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 11/10/2026 - 19:36

...welkom terug my vriend. Ek hoop ons gaan meermale van jou hoor, al is dit net om saam te gesels. 

Jy behoort nie nou meer te sukkel met forumblad en fotos nie, Anto [Voortrekker] het al die probleme uitgesorteer. Ek dink die foto's laai via 2de ikon van regs, werk vir my nog die maklikste. 

0
Pretoria

Geert

Mon, 12/10/2026 - 09:15

Lyk na heel aangename oord. Ongelukkig vir ons deur Johannesburg verkeer ry om daar uit te kom, maar hopenlik eendag. Snaaks dat oord die vuurpitte so op hul mooi gras sit en verbrand

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus