Sit ek hier en dink aan my dag se planne en soos my gedagtes dwaal begin ek terugdink na 2014 Maart - April.
Ek moes DJ by my vriend se troue en was op soek na tradisionele troue musiek. Ek het toe rondgevra op die ou wegsleep forum en daar was nogal vele lede wat my gehelp het.
Nou probeer ek onthou wie dit was vir wie ek ontmoet het? Een van die lede het vir my 'n CD gegee met al die lekker ou liedjies - wie was die lid?
Laat jy my hartjie nou…
Laat jy my hartjie nou onnodig vinnig begin klop
Het jy dalk 'n beskrywing…
Het jy dalk 'n beskrywing wat in jou gedagte dwaal, dalk help dit.
Ek is seker ek het dit gaan…
Ek is seker ek het dit gaan oplaai in Midrand / highveld erens. Buite by hek / boom gewag by groot maatskappy.
Goeie vraag, Len. Sal ek…
Goeie vraag, Len. Sal ek ook graag wil weet.
Ag, ek hoop ons kry die ou. Anders gaan ons almal nou vir ewig wonder wie dit was!
Wat wil jy met die ou maak…
Wat wil jy met die ou maak as jy hom kry ?
ek wil graag dankie sê vir die CD Len
...eintlik wonder ek maar net. Ek is maar so, wonder oor mense.
Was dit nie oorlede Gyfie…
Was dit nie oorlede Gyfie nie, of Frik?
Nee dit was nie Gyfie nie…
Nee dit was nie Gyfie nie... nee ek glo ook nie Frik nie.
Ek pleit onskuldig, ek weet…
Ek pleit onskuldig, ek weet van niks.
poenerhoes
Was dit nie DK nie.
Ek het ook al gewonder? Of dalk poenerhoes? ![]()
Jis jou geheue is vrot dit…
Jis jou geheue is vrot dit was ek ......
Was dit nie Tienie nie? Kan…
Was dit nie Tienie nie? Kan nou nie onthou wat was sy forum naam nie?
LMGA @ Harry
Jy het dit kom oplaai hier…
Jy het dit kom oplaai hier in Oak Avenue Highveld Park Centurion. So groot wit gebou. Ag ek moet dit seker maar sê Telkom se Operasionele sentrum.
Jy het dit nodig gehad vir `n troue en hier is `n knaap wat ook DJ en hy was gaaf genoeg om dit te deel
Groetnis
So voor almal my uithaal oor…
So voor almal my uithaal oor hulle stadige internet duur oproepe ens ens DIT IS NIE MY SKULD NIE !!!!
Nee ek sit nie fone in of maak hulle reg nie en ja as die popo die fan strike sal ek heel moontlik `n mede forum lid help soos wat ek met obie gedoen het toe ons nog almal op die Weg forum gekuier het.
Groetnis
My maggies! Wel te kenne …
My maggies! Wel te kenne ![]()
Soos Freda se, ek was in 2014 nog op honeymoon en is daar sekere dinge wat ek nie so goed kan onthou van daardie tyd nie - my vrou is heelwat jonger as ek ![]()





CD
Voortrekker ek wil net vir jou se dit was nie ek nie