Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Rona Aartappelsop (Vichyssoise) Geert -23 minutes ago
3 Doodgeskiet? Oktober 2026 saam gesels Geert -24 minutes ago
Paraat!!!! Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -39 minutes ago
Selfverdediging Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago
Ek sal graag wil sien hoe… Padlangs deur die RSA - Dis… Voortrekker -3 hours ago
Lekker man 😎 Padlangs deur die RSA - Dis… Voortrekker -3 hours ago

Onderwerpe op Kampforum

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Die ondervermelde is nie kritiek nie, dis bloot 'n reaksie op 'n vraag op die Koffie & Tee (of is dit nou Tee & Koffie ?) draad, wat het van my geword en die antwoord daarop, ek kuier by CP.

  1. Ek volg maar die gebruik om die raad wat voortdurend op sosiale media uitgedeel word : "as iets jou nie interesseer nie, hou maar verby".  En dis presies wat ek doen.
  2. Wat die Tee & Koffie draad betref, die volgende :  Ek het agtergekom die meeste mense groet gou dié wat reeds aangemeld het en ouens wat daarna groet of iets te sê het se sêgoed word in die wind geslaan. 'n Goeie voorbeeld : dit lyk vir my net Deon het gesien en gereageer op wat ek gister gesê en die res wonder wat van my geword het terwyl ek gister hier was op die draad wat elke dag op gesels word.
  3. Ek gesels op verskeie sosiale platforms met mense wat oor goed gesels wat my belangstelling prikkel en dit is korrek dat ek deelgeneem het aan heelwat gesprekke op CP, onder andere :-
  • i/d en voertuig registrasie risikos waar besonderhede deur sekerheidswagte geskandeer word
  • my gunsteling natuurlik, verskeie gesprekke oor die Kruger Wildtuin, keuse van kampe, roetes na KNP, afbakening van staanplekke, dienslewering, ens
  • hoe spandeer jy jou tyd by 'n kampoord
  • verkeie gesprekke oor "movers", verskillende soorte, probleme, pryse, installeerders, ens.
  • opknapping van ou karavane - verskeie
  • karavaan/boswa battery soorte, probleme, soorte laaiers en probleme daarmee
  • yskas probleme en oplossings
  • sleephak eienaardighede en probleme
  • keuses van lugversorgers, die installasie daarvan, voor- en nadele, pryse, ens.
  • en les bes, die Steinhoff-debakel

Ek verwag natuurlik nie mense moet na my pype dans nie, ek verduidelik bloot dat ek gesels op plekke oor onderwerpe wat my interesseer.

Durban

dassie

Thu, 14/12/2017 - 18:55

In reply to by Sleep nou

Dit smaak my vandat Voortrekker die format so bietjie aangepas het is daar asof hier meer vuur is GOOI Kole julle

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus