Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Slaap - wat's dit? Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
ogies toe Oktober 2026 saam gesels Voortrekker -2 hours ago
Hallo Deon Help met kamp beddens en… Rona du Plessis -3 hours ago
Len?? Verskoning Rona du Plessis -4 hours ago
Een dood Oktober 2026 saam gesels Johann L -4 hours ago
Geelvis Padlangs deur die RSA - Dis… Wessel Strydom -4 hours ago

Wenke vir nuwe kampeerders

Port Elizabeth
Submitted by Frieps on
Forums

Die meeste van ons is gesoute kampeerders.   Dit beteken natuurlik nie dat ons alles weet nie, want daar is altyd nog iets om by mekaar te leer.   Mens leer ook met elke kamp weer iets nuuts.

Kom ons veronderstel iemand sê vir jou hy gaan nou vir die eerste keer 'n karavaan koop en begin kamp en jy moet hom raad (wenke) gee om mee weg te spring.

Kom ons gee elkeen 'n paar wenke.   Dit wat jy as belangrik beskou vir 'n nuweling om in gedagte te hou,  dalk nie weet nie of nie aan gaan dink nie.

Ek sal die bal aan die rol sit.  Die tegniese aspekte sal ek vir die manne los.  Gee soveel wenke jy wil.

1.  Oefen by jou huis hoe om die tent op te sit.  Raak vertroud met die pale en toue en hoe alles inmekaar pas.

2.  Kamp eers 'n paar keer naby jou huis totdat jy gemaklik voel om die langpad aan te durf.

3.  Moenie onnodige items saam karwei nie.  Jy kan met baie minder klaarkom as wat jy dink.

4.  Maak 'n check lys van daaglikse benodigdhede, soos kos en klere.  Soos jy kamp voeg jy by wat jy nie op het nie of skrap wat jy nie gebruik het nie.

5.  Of jy nou opslaan of afslaan of kos maak of skoon maak, spanwerk is belangrik.

Meyerton

Segekok

Thu, 14/12/2017 - 15:13

Freda ek dink nog n baie belangrike ding is ....  Hoe maak jy jou wa staan as jy by die kamp aankom.  Daai liewe Steadies wat "JACKS" genoem word... Rigting waarin jou tent opslaan ens.  

Die merk van jou tent pale....  ( BAIE BELANGRIK)  

Die rigting en plek waar reenwater gaan kom loop as dit sou kom reen..... 

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 14/12/2017 - 15:26

Sleep eers jou karavaan so paar kilometer, dit sal help om daai gevoel te kry van hoe jy en jou trek voertuig reageer op die "nuwe ding" 

Vat jou draaie effens wyer as normaal, die gesleepte voertuig vat die kortste pad.

Rem vroertydig, jy het heelwat meer rem afstand nodig met 'n karavaan / groot sleepwa.

Sleep RUSTIG, moenie jaag nie,  jy gaan minder gestres anderkant aankom.

Soos Deon sê, die hoek stutte, is hoek stutte, nie domkragte nie.

Voor jy afhaak, beplan eers hoe gaan die wa staan,  dit voorkom "argumente", nie dat dit help nie,?

Ek dink hierdie is 'n briljante draad Freda?

0
Nelspruit

Koos Mol

Thu, 14/12/2017 - 17:35

Dis belangrik om die kragpunt te toets voor jy die wa maak staan, eerste wat ek doen is om die krag vir die yskas te koppel. 

Indien jou wa lopende water het moet jy kyk dat jou tuinslang by die kraan uitkom.

Gaan jou staanplek deur vir mierneste.

As die staanplekke nie afgemerk is nie en daar is heelwat bome/heinings of so iets moet jy toesien dat jy weer kan uitkom en nie deur 'n ander kamper vasgetrek word nie. (Het met my gebeur op Shingwedzi teen die draad.)

As jy besluit om onder bome te staan moet jy kyk of die boom nie dalk 'n algemene voël slaapplek is nie, daar sal baie mis op die lae takke wees.

Kyk vir bome wat gom/sap drup. Ek het op VanZylsrus so half onder 'n eikeboom gestaan, na die sap en laasjaar se brande was die karavaandak swart, moes die wa laat "buff" om weer skoon te kry.

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 14/12/2017 - 17:54

Koos, daardie kragpunt toets ene is nogal belangrik.  Verbeel jy slaan kamp op en daar is fout met die krag!   Het amper die ander dag met my gebeur toe ek by Moreson opgeslaan het en heel laaste die krag koppel en yskas wou aansit.   Gelukkig was daar 'n backup net langsaan gewees wat ek kon gebruik.

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 14/12/2017 - 17:56

Maak seker karavan se band druk is reg help mekaar opslaan wees geduldig met mekaar vra as jy sukkel met opslaan van tent. Maak seker jy het so twee lekke lang elektriese verlengkabels maak seker taffels ,stoele eetgerei is in pak jou klere klaar in karavan se kassies so spaar jy spasie vat n koue vir die hitte terwyl jy op slaan braai lekke en onthou kamp is koning

0
Meyerton

Segekok

Sat, 16/12/2017 - 15:12

Hier moet ek dalk vinnig noem....  Die raad wat op FB uit gedeel word is baie keer nie die regte raad nie. Baie van die mense gee raad op hoorsê of omdat oupa se klein neef dit nog altyd so doen...

 

Dus...  Moet nie net aanvaar dat die raad wat jy kry altyd die regte raad is nie. Doen self ook bietjie navorsing.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 16/12/2017 - 17:32

Beslis, al 3 keer met die karavaan uit gery en vergeet om die krag draad uit te prop by die huis.  Gelukkig ry ek altyd net om die blok om seker te maak als is reg en dan om Surette en Wijan op te laai.

0
Secunda

Sleep nou

Fri, 27/12/2019 - 08:27

Ja so leer ons bymekaar wat ook belangrik is onthou jou vakansie begin reeds wanneer jy dit beplan sodra jy jou karavaan /trailer gehaak het vat dit rustig moenie jaag na jou eind bestemming onthou kamp is koning 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus