Aangesien Auntie Freda nog skottelgoed was sal ek maar n grappie plaas
Die meisie bring haar lang takhaar kerel huis toe vir die eerste keer .Hy het n leer baadjie aan en sulke vieselike oor-ringe .Die Ma en Pa kyk net en se niks die meisie nooi die ou vir aand ete .So sit hulle om die tafel en eet ,toe almal klaar ge-eet het sit hulle net daar die skottelgoed word nie verwyder van die tafel af nie en niemand se n woord .Die meisie fluister in die kerel se oor dat die eerste persoon wat praat moet die tafel afdek en skottel goed was .Hmmm dink die kerel en hy steek sy hand in die meisie se bloes in .Niemand se n woord die kerel staan op gryp die Ma en soen haar vurig .Weer se niemand n woord skielik begin dit te reen en die kerel haal sy Vaseline uit om op die Harley Davidson se chrome dele te vryf sodat dit nie roes nie .Die Pa sien die bottletjie Vaseline spring rats op en kondig aan Okay ,Okay ek sal die damn skottelgoed was .
So jy reken sy is 'n…
So jy reken sy is 'n inspirerende persoon, of sal ek se jong dame?
Twee mense wat ek graag sal ontmoet is die Auntie Frieps en dan vir liewe Heksie, lyk vir my of altwee lekker ondeund en stout kan wees?
Maar ja ek het al van kleins af geleer dat die "stout" dametjies glad nie wilde dametjies is nie, inteendeel is gewoonlik die stil preutse dametjies wat die kat in die donker geknyp het, of sal ek se "die wors in die donker knyp" - dit is seker die mans wat "Die [Nederlandse] kat in die donker knyp"?
Ja ek weet dit kan anders om ook wees maar ons praat nie nou van Gays nie.
Baie skerp as mens tussen…
Baie skerp as mens tussen die lyne lees Arie.
Mense is skerp op Vrydag
Ai dankie vir die goeie Vrydag grappe nou lekker gelees en gelag . N man en sy vrou en ses kinders staan by n bushalte .Daar kom n ou omie aan wat met n kierie loop en hy tik tik sy kierie op die grond .Die getik irriteer die jong man maar hy se niks .Die bus daag op maar daar is net 7 sitplekke oop en die vrou en haar ses kinders klim in die bus ,die jong man en die omie moet wag vir die volgende bus .So stap die omie met sy kierie en tik tik op die grond die jong man vererg hom en se In hemels naam omie gaan na die hardeware winkel en koop n rubbertjie om op die stok se end te sit .Se die omie vir die jong man En as jy n rubber oor jou kierie gehad het was ek en jy nou op daai bus gewees
Arie, dit is waar wat jy sê…
Arie, dit is waar wat jy sê. Ek onthou toe ek nog naby die dam gewerk het en nog bus gery het was daar so n stil dame op die bus gewees. Sy was stil en het nie veel gepraat nie.
Een Maandag oggend kom een van die mans wat saam met haar werk by haar en sê: "ek sien jy het die naweek n knippie gehad." Sy kyk hom so aan en vra hoedat hy dit weet. Hy sê toe dat hy kan sien sy het haar hare gesny. Sy bloos toe bloedrooi.
Arie, jy sal dalk verbaas…
Arie, jy sal dalk verbaas wees as jy my ontmoet. In die werklike lewe is ek nie so bekkig as wat ek op papier is nie. Veral so met die eerste ontmoeting.
Eers as ek almal so bietjie uitgecheck het, sal ek bietjie waaghalsiger raak.
Baie jare gelede, ek was sommer nog jonk, het ek saam met 'n klomp vriendinne gekuier, sonder ons mans. Ons het gebraai op 'n groot stoep wat geteel was. Later die aand begin ons grappe vertel. Dit was in die dae toe ons nog hoëhak skoene gedra het, selfs na 'n braai!!! In elk geval, dit dou die aand. Maar ons kom dit nie eers agter nie want ons kuier te lekker. Sonder dat ons dit besef, raak die teëls glad. Ek vertel toe 'n stout grappie wat aksies regverdig, bewegings wat ek moet maak. En daar gly die hak van my skoen op die gladde teëls en ek slaat neer soos 'n os. Ek probeer opstaan en toe ek my gewig op my linker been sit, slaat ek weer neer. Die kort van die lang storie, ek het al die ligamente in my linkerknie geskeur. Hulle moes my huis toe help, volgende dag dokter toe, hospitaal toe om die ligamente te heg. Daar het ek my voorgeneem ek vertel nooit weer 'n stout grap nie, die straf daarvoor was te swaar.![]()
Ag nee, hier het ek ALWEER…
Ag nee, hier het ek ALWEER die dae verkeerd, kon sweer dis Dinsdag?
Julle smokkel met die ou man…
Julle smokkel met die ou man se kop, weet nou glad nie meer watse dag dit is nie!
Dit is nou eers Donderdag…
Dit is nou eers Donderdag Arie. Die mense behoort al te begin inkom vir die langnaweek? ![]()
Oh blooming hell what happened to Wedding-day
Dit is nou eers Donderdag Arie. Die mense behoort al te begin inkom vir die langnaweek?
Ne!
Nog niks ingekom nie - ek…
Nog niks ingekom nie - ek verstaan die kamp gaan weer tjok en blok wees.
aangesien dit tegnies vandag…
aangesien dit tegnies vandag ook vrydag kan wees.
In my lyn van werk as forensiese veldwerker kry jy dit nie altyd dat jy iemand se lewe kan red nie. Vanoggend 'n dom drommel van 'n druggie se lewe gered.
Die knaap het ge-overdose op Eno's. Gelukkig kon ek hom stabiliseer met 'n garage pie.![]()
Goeie een Hennie. Laat die…
Goeie een Hennie. Laat die garage pie vir eenkeer wys hy het ook 'n doel in die lewe.
Laat my dink aan die ou wat gesê het die enigste "sweets" wat hom nie sooibrand gee nie, is Rennies. (Maar ek dink almal het hom al gehoor.
)
Eerste keer wat ek daai een…
Eerste keer wat ek daai een hoor.
Julle smokkel vreeslik met my kop, ek hoor al vir die laaste twee dae dis Vrydag, nou het ons nog 'n tegniese Vrydag ook??
Ja Arie, julle…
Ja Arie, julle pensioenarisse mis alweer uit of die vakansie dag....hahaha
Hennie, ek dink al lank…
Hennie, ek dink al lank daaroor om 'n vakunie vir pensioenarise te stig, net nie so seker of almal daai knie aksie met die toy toy saam sal regkry nie?
Ek wil dat ons die strate in opruk vir laer kamp pryse geen BTW, en sulke goed, as hulle nie toegee aan ons eise dan gaan ons terug werk toe, sal immers nie help om te staak nie dit doen ons reeds.






Dit Freda wat mou so…
Dit Freda wat mou so inspireer oom