Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Wessel. Oktober 2026 saam gesels Jan Meyer -8 minutes ago
Jan Meyer Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -24 minutes ago
Dankie! Help met kamp beddens en… deon557 -54 minutes ago
Huur Help met kamp beddens en… Geert -4 hours ago
Kamp goete Help met kamp beddens en… Wessel Strydom -6 hours ago
Slaap - wat's dit? Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -13 hours ago

Sterfte syfer die pad..

Meyerton
Profile picture for user Segekok
Submitted by Segekok on
Forums

Ek hou daarvan om so deur die dat twitter ook dop te hou vir nuus en gebeure.  

Sien daar was geweldig baie ongeluke al reeds in die kort tydjie waar in daar mense erg beseer of dood is.

Onder andere het ek gehoor van 4 boswaens wat gerol het en n woonwa

Die vertragings op die paaie maak dit dan nog erger  soos vrydag se ongelukke in van RHeenens pas waar die verkeer vir meer as 3 uur gestaan het.

Daar is nou so n rukkie gelede op die  N5 Roete naby Kestell ook n "CASH HIEST" gewees wat die verkeer belemmer en vertraag.

CASH

Newcastle

Silverfox

Wed, 26/12/2018 - 18:22

Die oor toets van rybewyse gaan nie die ongluk statstiek beter laat lyk nie. Ek stem saam met Dusty dat die mense se houding moet veraner, maar dit sal seker bietjie mider pad woede mee werk. My beskeie opinie is : Roei eers die korrupsie by die toets sentrums uit voor dat die oortoesery beging. As dit nie stop gesit word nie kan hulle elke 6 maande toets en nog steeds sal die ongeluk syfer nie daal nie. "Money makes people funny" 

0
Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Wed, 26/12/2018 - 18:35

Ek stem 100% saam. Ons sit met 'n gedragsprobleem wat aangespreek moet word. Jy kan elke  bestuurder elke jaar 'n praktiese toets laat doen maar dit gaan niks an sy gedrag verander nie. Inteendeel, dit gaan party bestuurders net nog meer arrogant maak. Die enigste manier om dissipline op ons paaie terug te bring is polisiëring, wat in SA lankal nie meer bestaan nie. 

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Wed, 26/12/2018 - 19:02

As ek iets mag bydra . . . . .

Ekke ry nou die dag in ons dorpie (stad - Klerksdorp) van my huis na die Industrieële gebied. So 'n 4km afstand, min of meer.

Ek gaan nie baie verder uitwy oor  die tipe oortredings nie, maar toevallig ry ek en 'n taxi selfde pad???

Volgens MY eie waarnemings - as bestuurder sedert 1966 - met GEEN ongelukke op pad ooit veroorsaak nie???, het hierdie bestuurder  sowat 21 oortredings gepleeg? Ek het 'n "dash cam" in kar, maar eerder die stukkie uitgewis toe ek tuiskom - as gevolg van MY kommentaar op die oortredings!

Ek vrees vir my lewe as ek op die pad moet gaan (hetsy dorp of langpad), want wat ek ondervind het, maak MY BANG!!!!  Dan, as DIT  gebeur - moet ONS, wat ordentlik KAN bestuur, EN dink, EN optree, weer getoets word???

Nee wat, ek dink die probleem lê nie by "deelnemers van hierdie tipe forums nie" maar by die oorgrote meerderheid van persone wat GEEN respek het vir NIEMAND nie, en ry soos hy wil, waar hy wil, hoe hy wil, en as die probleem nie DAAR opgelos kan/gaan word nie, is ons almal se lewe maar in gevaar.

Verskoon my gal brakery!

0
Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Wed, 26/12/2018 - 20:22

Frans, maar dis presies war ek sê - as die gedrag (attitude) van ons bestuurders nie aangespreek word nie gaan omstandighede net verder vererger

0
Elarduspark
Profile picture for user GerhardM

GerhardM

Wed, 26/12/2018 - 21:24

Ek stem saam met almal hier. Die mense se gedrag en die korupsie moet verander anders gaan niks help nie. Ek het dit maar net genoem oor ek dit toevallig raak gesien het. Na dit skel ek nog elke keer as ek ry want soos Oom Frans noem sien ek die oortredings en daar word niks gedoen nie. 

0
Kempton Park
Profile picture for user peethat

peethat

Wed, 26/12/2018 - 22:15

My 2c. Stem saam oor toets gaan nie werk nie. Bly in die Oos Rand, Metro en SAPS ry saam met almal oor die robots en Stop strate, cell foon op die oor. Daar is net geen dissipliene op ons paaie nie dis chaos. Ek ry net as dit moet want kan party dae matrose leer lelik praat van dinge wat om jou gebeur. Mense se houding sal drasties moet verander en respek kry vir ander mense op die pad.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Thu, 27/12/2018 - 04:16

Kry mense op die pad wat roekeloos ry. Verander bane, druk tussen voertuie in ens ens. Daai persoon kom dan by sy bestemming en sê dan dan die verkeer was rof en spanningsvol. Intussen was dit hyself wat dit rof en spanningsvol gemaak het.

Kry verkeersmanne/polisiemanne op die pad met sy bloulig aan en ry in die geelbaan. Die snelweg beweeg te stadig. Kom by sy afrit en sit dan sy lig af en gaan dan ba sy huis. Verkeersmense ry saam met die oortreders oor rooi verkeersligte ens. Sien dit daagliks. Daar word ook nie eens spoed verminder nie.

My siening, kry eers die verkeersmense/polisiemense se houding reg dan kan daar verder gekyk word. Dit help nie om te wag tot dit vakansie is nie en dan probeer om dit veilig op die pad te kry nie.

Padveiligheid begin by jouself

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Thu, 27/12/2018 - 09:00

Sarel, jammer, was nie die idee om jou inset te ignoreer nie - inteendeel, ek het heelwat vroeër  as jou plasimg begin skryf, en het rekenaar eers net so gelos, en toe weer kom aangaan met skryf. 

 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 27/12/2018 - 09:06

Stem saam julle help nie vir elke 5 jaar hertoets nie dit is net n geldmaak storie spreek die arogansie roekelose bestuurders aan laat spietkops meer op die pad wees en minder in parkeer areas wees en boetes skryf

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus