Algemene Inligting
Resensies
Hallo Willie. Ek neem aan…
Hallo Willie. Ek neem aan jy het die artikel gelees.
Die kampplek is baie goedkoop, dit is 'n munisipale oord, maar ek het nie die nuutste tariewe nie. Dit is werklik 'n lieflike plek. Ons het op die voorste gedeelte gestaan met privaat ablusie. Ek sal enigetyd weer gaan.
Strandfontein
Op blok A is jy letterlik op die strand, jy loop n paar trappe af en jy is op die strand, ek wil eendag hier my laaste asem kom uitblaas, let wel daar is n klein winkeltjie met basiese goedjies soos brood en melk ens en n klein restaurant maar is nie elke dag oop nie.
Strandfontein se 3 blokke
Ek het vanoggend baie flink diens van die oord ontvang. Die dame het sommer google fotos aangeheg van die 3 afsonderlike blokke wat onder Strandfontein val.
1] A-blok met en sonder privaat ablusie
2] Perdeskoen T blok, slegs gesamentlike ablusie, met kort been van T aan die rugkant van A blok.
3] Perdeskoen staanplekke met slegs privaat ablusie, maar dit lyk of dit effe in woonbuurt is omring met geboue, woonhuise wat ookal.
Ek wag nou op verdere inligting, maar intussen, wie het al daar gekampeer, veral in die laasgenoemde Perdeskoen terrein?? Is dit omhein en veilig, en stap afstand strand toe.
Ek gee sommer hier die tariewe vir buite seisoen, geldig tot einde Junie 2025, per nag
A blok privaat ablusie: R410
A blok gewone ablusie: R400
Perdeskoen T blok
gewone ablusie R260
Perdeskoen
privaat ablusie R350





Strandfontein
Het jy dalk tariewe, Anton?