Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

Dube Game Reserve

Resensies

Centurion

Voortrekker

Fri, 16/11/2018 - 10:14

Ek wou eintlik gewag het tot nadat ons terugkom van ons Desember 2018  8 nagte kamp by Dube voor ek hier kom skryf, maar ek sal weer hier 'n draai kom maak asook 'n nuwe artikel genereer oor ons Kersfees kampondervinding by hierdie lekker oord.     Miskien kry Dube dan 'n 9 uit 10 of self 'n volle 10?   Ons sal  moet sien. smiley

Ek en my gesin is baie lief vir Dube en sal enige dag daar gaan kamp opslaan, selfs in die middel van die winter -  defnitief in die middel van die winter soos ons al vele male gedoen het.

Kyk hierbo vir die skakel na ons 2015 winterkamp artikel.  Dit was lank voor die nuutste veranderinge aangebring was waarvoor ek nie kan wag om te gaan uitkyk en toets nie - ek glo ons gaan 'n fees hé in 'n volgepakte kamp gedurende ons 23 tot 31 Desember kuiertjie.

Hou die spasie dop!

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
8 uit 10
Toegangbaarheid
Grondpad met enige sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja drinkbaar
Staanplekke?
Gras en grond opsies
Swembaddens?
Warm en Koue Swembaddens
Winkel?
Winkel en restaurant
4x4 attraksies
4X4 baan
Vir kinders?
Baie fasiliteite
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 25/03/2019 - 18:10

Ons het Maandag 18 Maart so 11:00 hier gestop.

Met my bespreking het ek duidelik gesê ek het 'n dubbel as karavaan en ek soek een van die gras staanplekke.  My eerste e-pos aan hulle.

"I’m looking at a big stand for my double axle caravan.

Long ago I was standing on the paving block behind the ablutions."

.

Dube se antwoord op my eerste e-pos.

"Daar is tans nog staanplek beskikbaar vir 16 – 20 March / 20 – 24 March

Let asb daarop dat beskikbaarheid konstant verander soos besprekings gemaak word.

Voorsien asb die volgende besonderhede indien u wil voortgaan met ‘n bespreking:

-ID Nommer

-Karavaan Fabrikaat"

 

Geen melding is gemaak op my versoek nie, ek het bespreek en hulle het my gesê 194 is die laaste staanplek beskikbaar, wat ek toe maar aanvaar het.

Met ons aankoms het hulle vir ons 'n lys van staanplekke gegee waaruit ons kan kies sou ons nie van ons staanplek hou nie.  Tot my guns is die gras staanplekke beskikbaar vir uit ruil.  Ek het ingery en by die hek gestop en op No.6 besluit, knap maar gelukkig net vir die rally vir die week.

Surette het hulle gekontak en gesê ons sal No.6 vat.  Sy wil toe vir haar broer en suster hulle ook 2 staanplekke vat.  Maar hulle is nie beskikbaar vir nuwe besprekings nie.  Die volgende dat toe kontak die oord hulle en toe is die staanplekke weer beskikbaar maar hulle het dit nie aanvaar nie want die vorige dag se gesprekke wat nie nice gewees van die oord se kan af nie.

Ek is in my noppies, geen grond seil nodig.

.

En die vuur brand.

.

Sal later die ander foto's plaas op my draad as ek dit afgelaai het.  Hier is die skakel na die draad.

Die 2.4km grondpad was nie te sleg nie, maar jy moet dit maar stadig vat.

Die glybane was 'n wenner vir die kinders.

Die Vrydag en Saterdag het hulle vermaak om die swembad gehad.

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
8 uit 10
Kamp Datum
18-24 Maart 2019
Toegangbaarheid
Grondpad met enige sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja
Staanplekke?
Verskeidenheid tipe staanplekke
Swembaddens?
Warm en Koue Swembaddens
Winkel?
Winkel en restaurant
Vir kinders?
Baie fasiliteite
Pretoria

driekiegrobler…

Wed, 28/08/2019 - 20:08

Dit was ons eerste ervaring by Dube. Die vriendelikheid en gasvryheid van die personeel is opvallend en het ons dadelik tuis laat voel. Ons sal dit beslis aanbeveel vir enigeen wat in 'n veilige, rustige omgewing wil ontspan. Die fasiliteite is van hoogstaande gehalte en die netheid van die oord is opvallend. Daar heers 'n salige rustigheid.

 

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
9 uit 10
Kamp Datum
11 - 16 Aug 2019
Toegangbaarheid
Enige tipe voertuig
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja
Staanplekke?
Verskeidenheid tipe staanplekke
Swembaddens?
Warm en Koue Swembaddens
Winkel?
Winkel met wegneem etes
Ablusies
5uit 5
Sekuriteit
5uit 5
Vir kinders?
Baie fasiliteite