6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Piekniek plek Kruger 2026 Geert -20 minutes ago
Wessel.. Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -33 minutes ago
Wildtuin restaurante Kruger 2026 Rona du Plessis -49 minutes ago
Rona... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -52 minutes ago
Geert se braaivleise.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Traction control Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -8 hours ago

Dube en die Voortrekkers!

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Dube

Dit gaan nou baie lekker wees!   Dankie oom Gert vir die staanplek van 23 tot 31 Desember by Dube Wild Reservaat!   Dit is hoogtyd dat ons weer bietjie daar gaan kamp opslaan om ook die nuwe kampplek met al sy nuwe fsiliteite te gaan uitkyk smiley

Ons sal dus kamp van 16 tot 23 Desember by DrieBerge en dan sommer oppak en reguit deurskiet na Dube toe!  Wat 'n voorreg! 

Kyk dan uit vir die nuwe resensie met baie foto's wat ons vir julle gaan bring vroeg in Januarie 2019!

KLIEK HIER VIR DIE ONS 2018 KAMP Lusmaker en 2015 Artikel  

Dube

 

google kaart
Centurion

Voortrekker

Tue, 30/10/2018 - 11:13

Jinne maar die kinders was nog klein.    Die laaste keer wat ons by Dube gekamp het in Mei 2016!   Dit IS nou tyd om weer te gaan!

dube 2016

Onder:  Die middelste een is nie ons s'n nie laugh

dube 2016

Dube 2016

Secunda

Sleep nou

Tue, 30/10/2018 - 11:53

Ook op my bucket lys maar kry hom net nie afgemerk nie Anton verseker is dit n puik oord sal draad dop hou en vir Berdien wys

Centurion

Voortrekker

Sun, 23/12/2018 - 16:00

Ons is hier. Opgeslaan en het al die slides gaan ry e  al die swembaddens uitgetoets.  Die park is propvol! 

En ons het 'n prime spot gekry, dankie oom Gert! 

Dube

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 23/12/2018 - 18:16

Hy werk beslis.  Ek het onder die ralley waar die Ford staan in gegaan en daar voel jy beslis die verskil teenoor onder die tent waar die nuwe seil oor is.

Port Elizabeth

Frieps

Mon, 24/12/2018 - 07:52

Lekker kamp by Dube, Voortrekker gesin.   Die gras lyk pragtig daar.   Ek hoop ma en pa vat die kabouters op daai wurm!

Middelburg

Noel

Mon, 24/12/2018 - 08:11

Verbaas oor mooi grasperk by Dube. Ek wou altyd by Dube gaan kamp. Moet poging aanwend vir n week. Dis is te ver vir my net vir n naweek.  Julle moet lekker kamp en geniet die gees saam ander kampeerders. 

Centurion

Voortrekker

Mon, 24/12/2018 - 09:07

Gras.  Ek dink hierdie is een van die min staanplekke wat so lyk.  Hierdie een is spesiaal vir ons gehou en niemand het hier gestaan lank voor ons nie.  Toe ons gister by ontvangs aankom moes ons vir die eienaar wag wat ons persoonlik begelei het tot by ons VIP staanplek smiley  Ek skat hom so 2 tot 3 keer groter as die ander en is ook heeltemaal eenkant en privaat angel

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus