6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Traction control Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Braai Lux Oktober 2026 saam gesels Geert -5 hours ago
Kappie e Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -8 hours ago
Wen 'n Hilux Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -8 hours ago
Gesiggies Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -10 hours ago
Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -10 hours ago

Dube naby Brits - deur Voortrekker

Suid Afrika
Submitted by Kampforum on
Forums

Ons Kamp graag by Dube Brits.  Ek kan nie wag vir die winter, so Mei maand, om weer vir  4 of 5 dae daar te gaan staan maak nie.

Kliek hier vir die Dube resensie:    Dube Brits Resensie

dude

 

dude

 

JOHANN L: Dube is nog op my wens lysie, dankie vir die fotos.
Nou is ek lus vir kamp.

SEGEKOK: Ons kuier ook graag by Dube in Mei, maar hierdie jaar gaan ons nie daar n draai maak nie. Kus toe vir n week in Julie.  dalk is ons gelukkig en sie die sardine..

LEN LOADER: En ek aanvaar die mooie jong dame op die tweede foto (nie die een met die lang nek nie, alhoewel ook mooi !) is mevrou Voortrekker.

VOORTREKKER:

Len Loader het geskryf:

En ek aanvaar die mooie jong dame op die tweede foto (nie die een met die lang nek nie, alhoewel ook mooi !) is mevrou Voortrekker.

Dit is sy ja, die moeder van my 2 seuns, Lolla.

Secunda

Sleep nou

Fri, 19/05/2017 - 07:49

Ja nog n oord wat ons wil gaan kamp lekke innie bos daar is soveel kampe om te kies

Florauna, Pretoria

chris dupreez

Thu, 31/08/2017 - 08:21

Een van my gunsteling kamp plekke hier naby die huis. Veral die midweek special. R500 van Sondag middag tot Vrydag oggend. Pas my sak laugh. en dan kan jy nog met jou eie voertuig ry en wild kyk.

Centurion

Dusty

Thu, 31/08/2017 - 08:35

Chris, jy is reg . Dit is ook 'n lekker plek om te kamp. 

Toe ek laas daar was het ek een van my vorige kollegas van die tagtiger jare weer daar ontmoet na 27 jaar. Het hom nie herken nie maar hy het 'n unieke stem. Het hom aan sy stem herken

Pretoria

Slowstrike

Wed, 31/01/2018 - 23:05

Ek is ook mal oor daai plek maar die reëls het daar ook blykbaar verander. `n Staanplek is net vir 4 persone 2 volwassenes en 2 kinders dus as twee pare vriende saam wil gaan kamp sal jy 2 staanplekke moet bespreek 

Dus is `n staanplek nie meer vir 4 persone nie maar slegs 2 cvolwassenes en 2 kinders. Sou `n derde kind of volwassene saangaan moet nog `n staanplek bespreek word. 

So maak vooruitgang en verbetering van `n oord dit soms onmoontlik vir sommige om weer daar te loop kamp

 

Groetnis 

Secunda

Sleep nou

Thu, 01/02/2018 - 07:30

Stem saam jou slowstrike dit maak nie sin nie maar gelukkig is dit net ek en Berdien ek gaan by Dube kamp

Centurion

Voortrekker

Thu, 01/02/2018 - 07:37

Ek stem saam,  Dit maak ie sin nie.

So as ek en Lolla en die 2 laaities gaan is dit ok vir 1 stand, maar as ons nog 'n babatjie moet kry (asb nie dat ons wil nie) , dan gaan die arme klein outjie sy eie stand moet book

Nee Dube frown

Germiston

Tjaart

Thu, 01/02/2018 - 17:42

Dube se Tariewe is al jare so dat dit net vir 4 persone is, dit is Basies vir n gesin Kyk maar net op hulle webpage vir Tariewe sover ek verstaan het as n gesin meer as 4 is betaal jy dan ekstra vir die persoon . n Paar jaar terug wou ek ook daar bespreek  en sou toe 3 Staanplekke moes vat vir my en my vrou en dan elk een vir die 2 getroude kinders met hulle kinders. Kort kort dan word die Tariewe op een of ander forum of groep bespreek .

Port Elizabeth

Frieps

Tue, 30/10/2018 - 15:26

Julle gaan lekker kamp oor Kersfees, Voories. yes    Klein Anton is darem sy pa uitgeknip.  Dink nou net hoe oulik sal dit wees as daar 'n dogtertjie kom wat ma uitgeknip is.   Sy sal die appel van haar pa se oog wees.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus