Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear

luister nou wereldwyd stereo

help lekker reseptenuwe onderwerparrowgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

Ontdek Die Drakensberge

Suid Afrika
Submitted by Kampforum on Thu, 16/03/2017 - 07:32

Willie Viljoen, of WW, beter bekend as WilleWillemien op Kampforum,  skryf hierdie Rubriek op die forum, om so met lede en lesers die wonderlike Drakensberge te deel.

Hierdie artikel word ook op ons forum bespreek. Vir insette besoek asseblief Drakensberg oorde

Ontdek die Drakensberge se pragtige kampeerplekke.


Om in die Drakensberge te kamp is werklik ‘n besonderse ervaring.
Daar is heelwat oorde. Sommige met krag en andere sonder krag.
In hierdie artikel gaan ek poog om vir die voornemende kampeerder wat die Drakensberge se kampeerterreine wil gaan bekamp ‘n “so volledig as moontlike” gids te gee van oorde, fasiliteite by die oorde en doendinge in die ongewing sodat julle darem met die nodige agtergrondinligting daar arriveer.
Doen jouself ‘n guns voor jy gaan en gaan lees op watter formasies van die berg is sigbaar in elke area. Doen navorsing oor die plantegroei, voel- en dierelewe, asook lewe in die bergstrome.
Sommige plekke is bitter moeilik bereikbaar sonder ‘n “All wheel drive”-voertuig  of bakke sonder ‘n “lock diff” ten minste aangesien daar grondpaaie is wat jy moet aandurf, veral wanneer hulle nat is.
Forelhengel word oral toegelaat met die nodige permitte wat jy by die Parkeraad se kantore kan koop.
Indien jy dalk na my by ‘n besondere kamp aangedoen het en die fasiliteite is opgegradeer, lig ons asseblief dienooreenkomstig in.

 

Veiligheid In Die Berg:

Kry die besondere brosjure wanneer jy daar aankom by die kantoor en slaan ernstig ag daarop.
Die gevaarlikste versoeke wat mens kan ignoreer en jou sleg in die moeilikheid kan beland is die volgende:
1.    Teken die staproete-register by die beginpunt en gaan teken weer uit wanneer jy terugkom.
2.    Skryf jou selnommer in die toepaslike table. Asook jou staanpleknommer/blyplek. Hulle kom soek jou as jy nie uitgeteken het nie.
3.    Moet nie die staproetes aandurf as dit enigsinds na donderweer lyk nie.
4.    Indien jy op ‘n staproete is en die weer steek op, maak dat jy uit die berg kom so vining as jy kan sonder om jou dood te val. Die donderweer steek binne minute op daar in die berge en die weerlig is iets om groot respekte voor te kry. Hy slat om jou dat jy net kruitdampe ruik.
5.    Stap met ‘n stapstok/-kierie. Dit help jou om op plekke jou balans te hou en vat baie van die gewig van jou bene af wanneer jy dit begin nodig kry.

Oostelike Drakensberg-gedeelte:
Naaste dorp: Bergville en Winterton.
Oorde: Royal Nationale Park: Amphiteater Area.
Mahai en Rugget Glen.
Rugget Glen is Mahai se “oorloop” kamp. As Mahai vol bespreek is plaas hulle jou in Rugget Glen, maar Mahai is by verre beter en nader aan die meeste staproetes.

Padaanwysings:
Mphumalanga: Ry oor Newcastle, Ladysmith na Bergville.
Ry terug Sterkfonteindam toe met die R47.
Ong. 20km vanaf Bergville draai die pad links uit na die Noordelike gedeelte van die berg. Daar is padaanwysings: “Drakensberg World Heritage site” en ander name plus “All out Adventures” verskyn op die padaanwyser.
Kwazulu-Natal:
Volg die N3 noord tot by die Bergville afrit. Vat die R74. Colenso, Bergville afrit.
Draai links en ry oor Winterton Bergville toe.
Volg die aanwysings soos vir Mphumalanga.
Lompopo, Vrystaat, Gauteng, Noordwes Provinsie:
Vind jou pad tot op Harrismith.
Volg die N5 Bethlehem toe.
Draai links ‘n paar km’s buite Harrismith op die R74 Sterkfontein dam toe.
Na ong. 10km draai weer links na Bergville. Volg dus die R74.
Ry oor die Oliviershoekpas verby Little Switserland.
Net as jy uit die pas is en die pad begin reguit word, draai die pad regs uit na die Noordelike gedeelte van die berg. “ Drakensberg World Heritage”.‘n Entjie vorentoe op die Bergville pad draai die ATKV oord se pad links uit.
As jy daar verby kom is jy t ever en moet jy omdraai.
Volg die teerpad deur local settlements tot by Mahaai.
Die pad loop daar dood.

 Ons Kampplek by Mahai

Mahai

 

Nou ry ons om die hoek na Didima Kampeerterrein, Cathedral Peak-vally.
Naaste dorp: Winterton.


Padaanwysings: Volg die R600 uit Winterton en draai regs net buite die dorp.
Draai regs by die T aansluiting end an weer die eerste pad links.
Volg die teerpad deur die Rural Settlements totdat jy by Didima uitkom. Die kampeerterrein is aan die regterkant van die pad.
Dit is ‘n nuwe kamp wat in Desember 2008 in gebruik geneem is. Ong. 40 staanplekke waarvan almal semi-koelte is is toegerus met krag en waterpunt. Die staanplekke is op dele van die kamp baie ongelyk. Netjiese ablusiegeriewe met storte en baddens. Die ligte in die kampeerterrein is snags verskriklik skerp, want daar is hopeloos te veel. Bind maar ‘n swart sak om as een jou pla.


Doen-dinge: Daar is ong 4 staproetes van verskillende afstande. Doen gerus die moeite en gaan stap die Tugela Falls roete. Hy is asemrowend mooi, maar baie uitdagend.
Ry met Tom se Pas teen die berg uit vir so ong. 15km om by een van die mooiste uitkykpunte in daardie gedeelte van die berg te kom.
Mike se Pas is vir 4x4 voertuie, maar as die pad droog is kan jy met eigiets daar ry. Pool tafels is beskikbaar bo by die grasdak lodge waar jy ook kan gaan swem. Helicopter rite is beskikbaar vanaf Cathederal Peak Hotel. Forelhengel is goed in die strome onderkant die kampeerterrein.

 Kom ons toer verder en ry terug Winterton toe. Volg die R600 na die Champagne Valley.
Teerpad al die pad en die pad loop dood by Monk’s Cowl Kampeerterrein.
Die laaste paar draaie is skerp en een opdraende is besonder steil. Jy behoort darem met jou plat kar en groot wa daar in 1e rat uit te kruip

 

Monk’s Cowl is die hoogste kampeerterrein in die Drakensberge.
Skoon toilette met opwasgeriewe is beskikbaar.
Krag by meeste van die staanplekke met ‘n kraan.
Sommige staanplekke os redelik ongelyk.
Vanaf die kampeerterrein is daar tientalle staproetes en baie mooies ook.
Jy kan ook oornagroetes stap, maar die is baie uitdagend.
Daar is ‘n swemgat so 30 min se stap vanaf die kamp in die rigting van die rivier en waterval.
Daar is baie te doen in die valley.
Monx Cowl swemgat

Van Aasvoel-en Valkvlugte, golf speel forrel hengel, uiteet by die baie ristorante, besoek aan die padstalletjie, besoek die bakery net buite die dorp, ry perd, of chill net in die kamp.
Die kamp is besonder stil omrede daar nooit baie mense is nie. Wees gewaarsku: Daar slaan die donderweer jou onner jou matras uit. Donderstorms steek vining op en die weerlig slaan dat die kruitdampe staan.
Pragtige voellewe en die bosbokkies kom wy sommer naby jou tent, veral as jy op een van die staanplekke langs die grensdraad staan.

Gaan stap verseker Die Swinks Crystal Falls
Swinx waterfal Crystal
Champagne Castle Sonsondergang agter die Sterkhorn
Castle Sterkhorn

 Ons Kampplek

kamp

 

Injasuti.
Kom ons ry om die draai in ‘n meer suidelike rigting tot by Injasuti.


Padaanwysings:
Vanaf Kwazulu-Natal vat die afrit no 179/Escourt. Draai regs bo by die brug.
Volg die pad vir ong. 29km en draai links by die bord wat wys “Injasuti 30”.Volg die pad vir ong 30km om by Injasuti uit te kom.
Vanaf ander provinsies:
Volg die aanwysings soos vir Monk’s Cowl. Vanaf Winterton draai links by die kruising. Bord:Thokosisa wat net ‘n landmark is. Volg die pad vir ong 6,5km om by Injasuti se afdraaipad te kom.
Draai regs en volg die pad tot by die Park se hek. Jy ry die grootste deel op grondpad wat sleg kan wees met tye en baie glad wanneer nat.
Die swart bevolking is daar baie intemederend. Moet nie stop of sweets uitgooi nie. Hou net aan met ry totdat jy die park se hek bereik. Dan is jy heeltemaal veilig. Klipgooiery kom gereeld op die pad voor.


Injasuti het 20 staanplekke sonder elektrisiteit, skoon kraanwater so vir elke 3e staanplek, skoon ablusies met warm water en opwasplek.
Die natuurskoon en bergpieke is pragtig hier.
Daar is ‘n hele aantal staproetes van verskillende afstande. Kry die staproete inlingsbrosjure by die kantoor.
Aangesien die oord binne in die Park gelee is, is die hek net sekere tye oop:
1 Okt – 31 Maart: 5hoo – 19h-00
1 April tot 30 Sept: 6h00—18h00
Frydae: Somer:1 Okt – 31 Maart: 5h00—20h00
Winter: 1 Aril—30 Sept: 6h00—19h00
Daar is beperkte kos en ander voorrade beskikbaar by die Curio shop. So bring maar jou eie proviant.
Hier stap mens net en geniet die natuurskoon en chill.
Toe ons laas daar was, ‘n hele klompie jare gelede het ‘n regte egte Scottich Doedelsakspeler ons met sonsondergang vermaak met sy musiek vanaf die plat kop wat oor die oord uitkyk.
Vir die “rowwe” smile kampeerder is hierdie plek ‘n moet.
Bobbejane kan met tye lasting raak…..hulle is baie groot. Vat maar jou ketty saam.
Moet ook nie hier sonder ‘n kierie gaan stap nie. Die bobbejaanmannetjies kan dalk effe intemederend raak in paarseisoen.

Fotos van Injasuti het ek ongelukkig nie. Ons was laas daar voordat digitale kameras hulle verskyning gemaak het. Google Earth Injasuti en bekyk hom vanuit die hoogtes.

VERVOLG :

Okydokie. Kom ons ry verder en gaan kyk hoe lyk die berge in die Giants Castle area. Dit is die mees Suid-Oostelike punt van die berg.


Highmoor area:
Ek het nog nooit hier gekamp nie, maar al daar verby gery.
7 Staanplekke sonder krag en een ablusieblok met warm en koue water.
Daar is wel enkele privaat oorde in die omgewing waarby ek ook nog nie aangedoen het nie.
Glengarry, in dieselfde area bied kampfasiliteite.
http://glengarry.co.za/room/camping/
Hoe om daar te kom:
Volg die N3 tot by Nottingham Road.
Daarvandaan volg die R103 tot by Glengarry.
Loteni en Vergelegen.
Meer Himeville/Sanipas se kant toe.
http://www.kznwildlife.com/lotheni-camp … aning.html
Hoe om daar te kom:
Vat die N3 tot by Nottingham Road.
Daarvandaan die R103 noord en draai ‘n entjie verder links by die aanwysing, Loteni. 62.
Die eerste gedeelte is teerpad, maar die res van die 50km is grondpad en kan nat en baie glibberig wees wanneer dit nat is.
Volg die pad vir ong. 55km en draai regs by die Loteni aanwysingsbordjie.
Betaal by die kantoor en volg die paadjie na die kampeerterrein ‘n entjie verder.
Net voor die kampeerterrein ry jy deur ‘n spruitjie wat in vloed ong. .6 meter diep kan wees.
4 Woonwastaanplekke en 6 tentstaanplekke.
Ablusieblok het warm en koue water. Staanplekke deel krane en daar is nie krag nie.
Doendinge:
Stap, forelhengel. Daar is groot bruinforelle.
Ry uit Sanipas toe en gaan eet ‘n Publunch in Himeville se hotel. Die kos is fantasties.
Sal ‘n paar ou fotos plaas van jarred gelede. Moet hulle net gaan soek.

Comments

Johannesburg

WilleWillemien

Wed, 05/04/2017 - 11:48

Okydokie. Kom ons ry verder en gaan kyk hoe lyk die berge in die Giants Castle area.

Dit is die mees Suid-Oostelike punt van die berg.

Highmoor area:

Ek het nog nooit hier gekamp nie, maar al daar verby gery.

7 Staanplekke sonder krag en een ablusieblok met warm en koue water.

Daar is wel enkele privaat oorde in die omgewing waarby ek ook nog nie aangedoen het nie.

Glengarry, in dieselfde area bied kampfasiliteite.

http://glengarry.co.za/room/camping/

Hoe om daar te kom:

Volg die N3 tot by Nottingham Road.

Daarvandaan volg die R103 tot by Glengarry.

Loteni en Vergelegen.

Meer Himeville/Sanipas se kant toe.

http://www.kznwildlife.com/lotheni-camping-and-caravaning.html

Hoe om daar te kom:

Vat die N3 tot by Nottingham Road.

Daarvandaan die R103 noord en draai ‘n entjie verder links by die aanwysing, Loteni. 62.

Die eerste gedeelte is teerpad, maar die res van die 50km is grondpad en kan nat en baie glibberig wees wanneer dit nat is.

Volg die pad vir ong. 55km en draai regs by die Loteni aanwysingsbordjie.

Betaal by die kantoor en volg die paadjie na die kampeerterrein ‘n entjie verder.

Net voor die kampeerterrein ry jy deur ‘n spruitjie wat in vloed ong. .6 meter diep kan wees.

4 Woonwastaanplekke en 6 tentstaanplekke.

Ablusieblok het warm en koue water. Staanplekke deel krane en daar is nie krag nie.

Doendinge:

Stap, forelhengel. Daar is groot bruinforelle.

Ry uit Sanipas toe en gaan eet ‘n Publunch in Himeville se hotel. Die kos is fantasties.

Sal ‘n paar ou fotos plaas van jarred gelede. Moet hulle net gaan soek.

Klaar afgeslaan en gepak en ons is nou oppad Vergelegen en Cobham toe.

Vergelegen is so effe nader aan Himeville terwyl Cobham net bokant Himeville gelee is, berg se kant toe.

Was nog nooit daar nie, maar daar is basiese kampeergeriewe.

http://www.kznwildlife.com/accommodation-in-cobham.html

http://www.kznwildlife.com/vergelegen-camping-caravaning.html

Underberg area.

Silverstreams.

Hierdie is ‘n privaat oord, maar een om verseker nie mis te kamp nie.

Die oord is langs ‘n pragtige altyd vloeiende rivier en reg langs die Boesmansnek grenspos gelee.

Maklikste pad:

Ry Underberg toe en daarvandaan vat die Kokstad pad.

So 20km buite Underberg draai regs af by die padaanwyser vir Silveratreams.

So 3 km buite Underberg kan jy ook regs draai, maar dan ry jy 38km slegte grondpad.

Die eerste pad hierbo genoeme is goed en baie korter. Die plaaslike boeregemeenskap hou hom self in stand.

http://www.silverstreams.co.za/

Daar is seker ‘n stuk of 30 staanplekke met water en ‘n braaiplek.

Die staanplekke wissel van gelyk tot redelik gelyk.

Die netjiese skoon ablusieblok het warm en koue water met opwasgeriewe.

Daar is ook ‘n ontspanningssaaltjie en die snoepie hou die basiese benodighede aan en is by die plaashuis gelee saam met ‘n kurio-shop.

Hier is sommer baie om te doen. Stap, perdry, swem in die rivier, tube ry rivier af vir omtrent twee kilometer, forelhengel, ry rond en besoek die naburige plase, melkerye en kaasfabrieke. Gaan nuttig “high tee” by die plaas net langsaan. Besoek die grenspos en ervaar die Sothos met hulle pakdonkies wat of pas-op of pas-af kom. Enigste manier om daar oor die berg te kom, of chill net by die kamp en bespied die berge en heuwels om jou.

Fotos is oppad.

sit in die subjects sodat ons kan weet waar en wat!   hoe is jy dan nou?

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 05/04/2017 - 18:21

Hier is darem wragtig pragtige fotos, die een van Crystsl falls lyk soos iets wat ge "photoshop" is.

Dankie die deel van hierdie besonderse fotos.

Johannesburg

WilleWillemien

Thu, 06/04/2017 - 08:36

Al di laaste fotos is by Silverstreams geneem, Voorie.

Johannesburg

WilleWillemien

Thu, 06/04/2017 - 08:39

Vanaf Kokstad verder om tot by Weppener is daar geen oorde waarvan ek weet nie.

Indien van julle weet van iets, deel dit asseblief met ons.

Bloemfontein

OOM JEEP

Sat, 15/04/2017 - 12:58

Uiters mooi

Ons is ook mal oor die Berge. Het nou na die maart langnaweek biki by drakensville gekamp.

 

Nou oppad in Junie na Forever Plett vir n paar dae