Forums
Mense, as julle nou wil grend kamp, gaan kyk op internet na die plekke.
Dit wil voorkom of al hoe meer plekke nou voorsiening maak vir stanings met luukse privaat ablusie/kombuis, stoep en onderdak braai. Boonop word privaat plonspoel ook voorsien.
Jackalberry is in Marloth, en webblad gee nie pryse.
Die ander twee oorde is op Geert se voorstoep, in Dinokeng. Nyani Lodge se tarief vir 2 persone is 'n verstommende R400 per nag.
Dit laat die vraag----het die profiel, of dan die behoeftes van kampeerders geswaai na ultra luuks kampeer????





Wessel
Ons ouer garde is gewoond aan tariewe wat oor die jare nie vreeslik buite verhouding gestyg het nie.
Jongmense se salarisse is baie hoër as wat ons verdien het en dit kan aan die standaard van hulle leefwyse gesien word. Voertuie en huise wat die jonger geslag aanskaf kon ons eers laat in ons loopbaan bekostig.
So verkies hulle ook die "luukse" kampeer/vakansie plekke want vir hulle is dit baie geriefliker veral met klein kindertjies.
Dit is maar my siening as ek so na die kinders en hulle vriende se gesprekke luister.
Luuks versus gemaklik
Kyk, daar is luuks soos aangebied word by genoemde plekke en dan byvoorbeeld Lesatsi by van Rhynsdorp. Die plekke het tot onderdak stoep met ingeboude braaier, en elkeen sy eie plonspoel. Sommige plekke se poeletjies is nog verhit ook
Dan is daar gerieflik, soos in staanplek met eie ablusie. Dink aan Gariep, Mokala en ook Nossob. ek is doodeerlik, dis nogal gerieflik om eie ablusie te hê. Mens weet daar is altyd 'n toilet en stort tot jou gebruik. Waar die pryse nie rof is nie, verkies ons ook eie geriewe.
Selfs in Strandfontein verlede jaar 'n staanplek met eie ablusieTJIE geneem.
Mokala se 6 kampplekke het elkeen eintlik 'n baie gerieflike eie kombuis en ablusie. Die kombuis het 2 plaat gasstoof, koel/vrieskas en werkblad.
Ek neem kennis van wat Jan opper, maar ek wonder net----is ons ouer garde nie gewoond om met min[der] klaar te kom nie.
Ek het 'n vriend wat onlangs opgradeer het van 'n daktent na 'n boswa, want hulle is geharde "van die pad af" kampeerders. Hy het 'n wa gekoop sonder fieterjasies soos stort, toilet en geyser. Hulle is gewoond aan spartaans kamp, met grafie en swart stortsak in 'n boom of aan dakrak vasgemaak.
Ag wat, elkeen kampeer soos wat sy beursie toelaat.
Miskien, soos ons twee,…
Miskien, soos ons twee, verander die behoefte met tyd. Ons twee jong getroudes het in n spykertentjie baie lekker gekamp uit die Mazda se kattebak. Toe met kindertjies in n karavaan. En so voort.
Tot die dag wat ons besluit het dat bietjie luuks is nie sonde nie. En van daar sal ons kamp as dit net n kampeerplek is, en vat die wit linne as dit ñ opsie is. Miskien omrede ons nie so gereeld kamp nie.
Hoe sê Chris B. " Jou doodskleed het nie sakke nie"
Jackelberry
Ek het hom ook oorweeg oppad wildtuin toe as n oornag voor mens ingaan. Ons keuse was egter om by Malelane in te gaan...te ver terug ry, Maar eendag wil ek nog by Jackelberry inloer, maar Henk van Rooyen trek my ook....dink Henk van Rooyen is goeie opsie vir lankstaan.
Jabula en Nyani
Ek het nou hierdie 2 gegoogle en twyfel of ek een van hulle binnekort sal besoek.
Jabula...Hoe baie ek van bos en diere lewe hou, verkies ek om agter n draad heining te kampeer as dit binne n Big5 area is.
Nyani....daai Dewagendrift pad is reeds sleg oppad Dinokeng camp en leisure toe, maar aan daai kant waar Nyani sit, is baie erg.....ek dink selfs n 4x4 karavaan rattle uitmekaar op daai pad. Miskien vandaar dat daar meer tent kampers op hul gallery is. As ek soontoe sou gaan, sal dit ook met tent wees