Goeie môre almal, miskien is dit vir baie, net te persoonlik, maar waarmee het julle julself besig gehou die naweek?
Ons is in die proses om huis te verkoop en moes die buite kamer met baie gemors (want ek woon al 12 jaar hier) skoonmaak en ou goed weg gooi, julle weet mos, wat 5j terug vir jou belangrik was is nou nie meer so sentimenteel en belangrik nie.
Ek wou aan die wa werk, maar kon net nie daarby uitkom nie. Ek wil die Rocky Jocky se metaal "hak" aan die A raam vassit sodat ek die wa kan rondskyf sonder hulp. Ek wil ook die afvoer pype onder die wa bymekaar las sodat daar net een afvoer pyp is, en paar goedjies in die wa.
Toe ek die wa gaan inspekteur het voor ek gekoop het, het ek gesien die binne eenheid van die lugversorging hang aan "cable ties" en ek vra toe die oomie hoekom, hy het so simpel verduideliking gegee en omdat dit tot teenaan vasgetrek was, kon ek nie agter kyk wat aangaan nie. Noudie dag het ek die "cable ties" afgeknip en sien toe dat die ou gelieg het, die hakke aan die binne eenheid is afgebreek en daarom die metode van hegting. Moet nog plan maak hiermee, weet nie wat nie. Gelukkig werk die lugversorging goed.
Die rugby was maar swak gewees en moet eintlik nie eers genoem word hier nie. Ons het maar gekyk, want ek betaal so baie vir DSTV dat ek alles wat vir my belangrik is, seker net twee programme en die sport, moet kyk om waarde vir my geld te kry.
Lekker geseënde week verder.
Hier kom n kamp DJ…
Hier kom n kamp DJ....
My PA restorasie / herbou/ intergrasie is amper klaar. Nog net kabels oorbou en verkort
Het Bed kassies met wiele…
Het Bed kassies met wiele gemaak vir kleinkind se bed om speelgoed in te bêre.

Hi Anton, baie nice stel wat…
Hi Anton, baie nice stel wat jy daar het. Volgende kamp dans die mense
Het nie veel gedoen nie, met…
Het nie veel gedoen nie, met Surette wat huise geskou het was ek gestrand omdat haar kar nog 'n hele ruk by die paneelklopper gaan wees.
Leeu, is Surette (Aida) nie besig met jou huis nie ?
Hi Willem, nee daar is 'n…
Hi Willem, nee daar is 'n Jean wat my plek skou van Aida, maar ek het 'n OTP gekry van ander agent, Belinda Oosthuizen. Dis jammer, as ek geweet het kon sy op hom gewerk het.
Ons het ons kleinseun…
Ons het ons kleinseun opgepas .
Lekker het al vergeet hoe baie hulle kan eet en poop......en hoe uitputtend hulle jou die selfde ding kan laat oordoen aanmekaar tot hulle genoeg gehad het.
En hoe vinnig hulle grootword. Wat `n voorreg om `n oupa te kan wees
Verf, verf en nog verf. Die…
Verf, verf en nog verf. Die huis in nou buite klaar, insluitende die dak. Grensmure ook gedoen en al die venster rame binne en buite. Nou begim Mamma met al die binne "requirements". Moet sê dat ekself ook vir my addisionele werk skep met sekere gedagtes en voorstelle.
Niks, niks en nogmaals niks,…
Niks, niks en nogmaals niks, kon nie klaar kry nie, probeer my bes om vandag klaar te maak met die niks.
Saterdag 'n bondel wasgoed…
Saterdag 'n bondel wasgoed gedoen, altans ek het net 'n knoppie gedruk, die res het die wasmasjien gedoen. Toe na die swak rugby gekyk. Sondag kerk en die res van die dag omgelees. Ek is nogal bly as dit Maandag word, dan weet ek ek kan weer my sepies kyk....
Wasgoete
Freda, middagsê!
Hier by ons ook so tussen wasgoedwas en tuin natmaak gewees. Die wegganery het ou se sake deurmekaar gekrap!!!! EN, die datums is vasgemaak vir die Namibië kuier in Augustus. Ek is besig om papierwerke vir versekering se oorgrens briewe te organiseer, en dan al die hele klompie goed te laat sertifiseer! Beslis ons LAASTE weggaan van 2018!!!
Frans, ek is darem so bly…
Frans, ek is darem so bly dat julle, na al die ellendes, nou al tot Namibië toe kan ry. Dit wys net, dinge kan altyd weer regkom, al is dit nie 100% nie. Hoe lank gaan julle in Namibië wees?
Om te vervolg op laas naweek…
Om te vervolg op laas naweek se PA projek, het ek besluit om ook my draai tafels en dj mixer bietjie af te stof en vir hulle 'n kas bou waar alles in een en klaar bedraad kan wees, vir maklike stoor en gebruik.
Die kas.

Die Inhoud

Reg vir aksie

Ek het 'n kleinerige dakkie…
Ek het 'n kleinerige dakkie geseel met die verf wat die vesel klaar in het. Dis die eerste keer wat ek met dit gewerk het, en moet sê, dit werk baie lekker. Dit is vir my nuut, maar ek sal weer seelwerk doen met dit. Jy hoef nie te sukkel met die vesel band nie en plak en weer verf oor dit nie. Die tipe verf is baie dik, dit drup nie eers van die kwas af nie en mens kom vêr met 'n 5L blik. Die 5L kos R355.
Het vir myself 'n "rivnut…
Het vir myself 'n "rivnut tool" gemaak om 'n 8mm te kan krimp.

My huis is nou in die…
My huis is nou in die buitekant klaar geverf. Het nou begin met die veiligheids hekke en gladnie 'n aangename werk nie. Behhoort dalk oor so 2 weke klaar te wees.
Intussen moet ek ook die badkamers se plafonne ook oor verf.
Hierdie hele verf episode het my nou al so by die R35000 gekos, en nog is dit ten einde niet.
Weekend? what blooming weekend
I've finally corrected the bad behaviour in 2 dog-training handler patients, one handler in the Benoni school, 1 handler in the Southern school, both of their dogs have now re-joined the main classes.
That means I won't have to be getting up in the middle of the night to get to Benoni by 08:30 any more. Yaaaaaaaaaaaaaaaaay
I've been running around like a blooming headless chicken trying to get all the neccessary training equipment for a big dog in anticipation of when the Doberman hits the deck. Nobody seems to have the proper training stuff... I can get all the phoofy junk....., but the real-mc-coy?
Not a Sausage.... Where-ever you CAN get it, it cost's 10 times what it should...
Anyhow, I've now got most of it.
The 10m long tracking lead & the protection & obedience leash, luckily I found in the horse tackle stuff, the full choker collar I dug out my old Doberman's one, but I'm not shure it will be big enough, but I finally got a suitable half choker collar, and I've still to go and pick up my working-dog tracking harness, obtainable ONLY in Klipriver (half way to hell & gone towards Vereeniging)....
Made an attack sausage out of a "tuggem" that I bought at a la-de-da pet shop, and a piece of rope, çause I ain't spending R1000.00 and found a place where I can get a retrieve dumbell for a hundred and something bucks.... Dog'll probibly chew it up in no time, but that's the name of the game...
HAVE YOU SEEN THE PRICES OF BLOODY DOG KENNELS???? SHREEEEEEK!![]()
NEE-A-A... Utterly belaglik....
So 2 weeks ago, I found a moerse big home-built one at the rubbish dump, just needed a new roof, paid R60, had the shopkeepers put it on the roof of the Landy and, without tying it down, drove at 10Km / H alllllllllllllllllllll the way home...... Enjoyed irritating everybody behind me....![]()
Tin of Jey's-fluid, a broom, a bucket, hosepipe and a hour's hard scrubbing, and it's ready for a coat of paint, which I'm going to get today....
So this weekend, I re-roofed the kennel with a couple of pieces of Harvey-tile that I fished out of the skroot skip at the rubbish dump. (Again)
Not forgetting Scruffy, I've scrounged a very nice swembad gly-baan (swimming pool slide), about 1.5M high going to add a ladder (which I already have) and make a ladder & slide obsticle exercise for her.
So, me? Between dog training, preperation for dogs, and picking up dog poop... My weekend LITERALLY went to the dogs...![]()
Hennie, net vir…
Hennie, net vir interesantheid, ek het my huis se plafonne (kombuis, badkammers en sit eet kammers) met PVC plafonne vervang, what a bargain. Ek haat verf en sal nooit weer nodig hê om plafonne te verf nie??





My PA restorasie / herbou/…
My PA restorasie / herbou/ intergrasie is amper klaar. Nog net kabels oorbou en verkort.