Wie gaan waar kamp in Augustus & September ?
Hiert jou lekker ding. Ek…
Hiert jou lekker ding. Ek sien hier is n paar bedrywige manne en vroue wat gaan kamp en sommer baie gaan toer, wat 'n voorreg is dit nie om deel te word van onse natuur.
Ek en Nellie is ook bevooreg om so tussen die werk deur van die 8ste tot die 12de Augustus weer by Eastco Parys te gaan afsaal en rus en dan weer die lang naweek einde September gaan ons sommer weer soontoe. Lekker naby, 45km, en hulle prys vir die 2 van ons is baie billik. Ons probber 'n naweek per maand wegkom en te gaan kamp.
Chris, ek onthou die…
Chris, ek onthou die pragtige foto's wat jy op CP forum geplaas het, na een van jul besoeke aan Roemenië. Wys asb weer vir ons die jaar s'n, sien baie uit daarna. Geniet jul kinders en die kuier daar.
Ek kamp in middel September…
Ek kamp in middel September vir n week by Weesgerus. Hulle het spesiale aanbod vir R150 per dag.
Ek het altyd Len en Chris se insette gewaardeer by Wegsleep forum
Dankie Freda, ons sien uit…
Dankie Freda, ons sien uit daarna om weer by die kinders te gaan kuier. Net daai lang sit in die ystervoël demp my geesdrif - die ou ledemate sukkel al hoe meer om só ineengekrimp te sit, want ek kan nie beter as "cattle class" bekostig nie.
Ons hoop om hierdie keer dele van die land te sien wat ons nog nie voorheen besoek het nie en sal dan beslis foto's neem - en waarskynlik deel op die forum. Ons moet egter maar inpas by die kinders se besige skedule en hoop dat hulle 'n paar dae kan afknyp sodat ons 'n bietjie kan gaan "toer".
Die groot inpak lê voor, want daar gaan tot 'n klein "stainless steel" braaier en rooster saam. En dan praat ek nie eens van al die gewone SA goedjies wat die kinders daar anderkant mis nie. Moet sê dat Turkish Airlines gelukkig baie vrygewig is met die toegelate gewig per passasier (30 kg) in die ekonomiese klas. Gelukkig is dit hoogsomer daar anderkant en pak ons maar lig wat klere aanbetref.
Voorspoed en geniet die…
Voorspoed en geniet die lekker kuier Chris, ons kyk uit vir die fotos 👍





Dusty - Mens weet nooit. Ek…
Dusty - Mens weet nooit. Ek hoop om vanjaar 'n deel van Roemenië te sien waar ons nog nie voorheen was nie. Alhoewel ons primêr vir die kinders gaan kuier en maar moet inpas by hulle alledaagse skedule, hoop ek om in die noordwestelike "hoek" (waar Roemenië aan Hongarye grens) te kan uitkom. Dit is blykbaar 'n unieke streek.
Ek gee met graagte terugvoering, met hopelik 'n paar foto's.