Staan 'n kans om 2 x Delux 150 kampstoele te waarde van R1000 elk te wen!
Ja jy het reg gelees, Een wenner 2 Stoele!
Hoe om in te skryf?
Gaan loer op die RTGear Delux 150 artikel (KLIEK HIER) en raai hoeveel weeg die Louw gesin (Anton, Lolla en 2 seuntjies) gesamentlik op hulle 150Delux Kampstoel!
Kompetisie eindig 30 September 2018
2 x RTGear Grid Stands troos pryse is ook te wen! 
Jy kan jou Antwoord / kompetsie inskrywing op hierdie draad lewer.
(LET WEL: Pos / aflewering kostes van die pryse buite Gauteng is nie ingesluit nie)
Ons het op dag een geweeg en…
Ons het op dag een geweeg en die nommertjie neergeskryf ![]()
Wel wel wel! Niemand het…
Wel wel wel! Niemand het al die nommertjie reggeraai nie. Daar is wel mense wat baie naby is en 'n goeie kans staan om te wen!
![]()
WEN RTGear Delux 150 kampstoele!
Met die ekonomie wat so deurmekaar is en die rand dollar wissel koers, glo ek nie ons sal nuwe stoele kan bekostig nie. (Sal maar weer die plastiek kratte moet in laai vir sitplek :-( )
Wel ek tata ma chance hier, dalk kan ek die sonsondergang en opkoms heerlik waardeer in 'n nuwe stel RTGear Delux 150 kampstoele saam met SWAMBO...........
Na ek somme gemaak het dink ek Die Louws gesin se totale gewig is 184 Kg.
Groete
As ons oor moet raai, dan…
As ons oor moet raai, dan gaan ek vir 185kg, die winter is verby, en ek vreet in die winter, somer kry ek te warm dan eet ek het.![]()
Die nommertjie is…
Die nommertjie is neergeskryf die dag wat die foto geneem is. ![]()
Riaan jy is ....... naby? Nader as sommiges? Verder as ander ![]()
Ag daar gasn my kanse, sal…
Ag daar gasn my kanse, sal dit help as ek sê julle gesamentlke gewig is enige iets tussen 100Kg en 400Kg, dan moet ek mos reg wees![]()
![]()
![]()
Lyk my julle sukkel om naby…
Lyk my julle sukkel om naby te kom....laat ek dit gou wetenskaplik en wiskundig gaan uitwerk want ek sien myself al in daai stoel sit.....die wat nog nie geraai het nie....los maar hoor...
Nee ek gee op, gee vir ons…
Nee ek gee op, gee vir ons die nommertjie, dan kan ons mos akkuraat raai.![]()
Ek weet darem nie Grote. …
Ek weet darem nie Grote. Laas keer wat jy wetenskaplik geraak het was dit baie vêr uit ![]()
Ok, die grystof was ingespan…
Ok, die grystof was ingespan en die berekeninge het toe so bietjie langer gevat want ek het hoofberekeninge gedoen....en my nommertjie vir julle gesin saam op my stoel is 167kg.
Ek bly ook naby die borg en het vervoer so hulle moet maar net laat weet wanneer ek my stoele kom laai.![]()
![]()
Hehehe... Grote, is jy…
Hehehe... Grote, is jy seker jy wou nie 169 geskryf het nie? ![]()
Somme, Algebra, Algorismes
Ek het nou die ding so bekyk. Ek skryf toe nou maar 'n Google play toepassingtjie om die gewig te bepaal. (Jy kan dit aflaai by raai raai Rika) en toe trek die excel for Dummies handboek nader en lees formules en veranderlikes in daai spreadsheet in.
Sien die saak staan so.......... was die gesin voor die tyd of na die tyd geweeg? Indien voor die tyd dan het hulle energie verbruik met die sit en opstaan van die stoel af en dan is daar 'n gewig verlies.
2de. Was hulle saam met die stoel geweeg indien dan moet ons die stoel se gewig aftrek.
3de. Was die skaal gekalibreer en gesertifiseer gewees? (Was dit 'n meganise of eletroniese skaal).
(Kyk ek maak nou somme, wieltjie wiskunde, toegepaste wiskunde, Alpha wiskunde) more bel ek vir NASA om die presiese gravitasie krag van die aarde te kry om dit by die somme se formules in te sit.
Ek gaan ook my visvang penmaat bel om te hoor wat sy Barometer gadget sê ivm met barometrise drukking. Nou wonder ek was hulle binneshuis of buiteshuis geweeg gewees? en het die wind gewaai op daai oomblik indien wel dan was daar mos wind drukking op die gesin gewees...........wat 'n verskil aan die gewig kon maak.........
Kyk manne ek kan nie meer so op die kratte sit nie dit lyk so of ons van Brakpan af kom lol lol.......... (ek sien en voel al hoe sit ek soos 'n koning in daai stoel Mmmmmmmmmmmmm)
Dit laat my ook net hoop dat wanneer ek daai stoel geWEN het dat hulle maklik opslaan anders gaan my bier warm word, dop se ys smelt, vis pap droog word en die ergste van alles SWAMBO se kiewe wat rooi raak wannneer sy so ou sitplekkie soek, dan is daar nie tyd vir somme nie..............
Wag laat ek nog somme maak................................. (met die ekonomie wat so geval het en rand dollar wisselkoers gaan ek daai stoele nooit kan bekostig nie, dan is dit weer kratte as ons gaan kamp...... ek wonder sal dit die keer Clover, Albany en of SASKO se kratte wees.............. hulle moet darem by die karavaan se kleur pas ..... hoe dan nou anders...... ek sien daai RTGear Delux 150 stoele gaan so mooi by SWAMBO se kleur skema in pas, erens moet daar darem vir Frikkie 'n gelukkie wees...............
Groete
Mooi gestel Riaan, kan sien…
Mooi gestel Riaan, kan sien jy doen jou huiswerk voor jy sommer raai!
SWAMBO se kiewe Riaan is…
SWAMBO se kiewe
Riaan is jy 'n 4x4community lid? ![]()
Een baie belanrike ding wat jy vergeet het om in berekening te hou is of enige van die familie lede toilet toe gegaan het tussen weeg en foto neem tyd. Dit kan die skaal maklik 'n paar kilogram na enige kant to laat tip ![]()
Mooi so Riaan, ongelukkig…
Mooi so Riaan, ongelukkig het ek net geraai en dit nie uit gewerk nie.
More Voortrekker. Ja ek is …
More Voortrekker.
Ja ek is 'n lid van 4x4 Community se webblad.
Ja ek is 'n lid van 4x4…
Ja ek is 'n lid van 4x4 Community se webblad.
ek wou sê, daai manne hou van die woord SWAMBO ![]()
Afronding
Na ek heelaand somme gemaak het wonder ek nou hoe daai skaal se afronding werk is dit 0,5, 0,005, 0,0005, 0, 00005...................................
Was dit 'n warm of koue dag? want as dit warm was dan het hulle 0,000000005mg verloor asgevolg van sweet van af die weeg tyd tot dat dat hulle gaan sit het........
Kyk pix dis net een van die 101 bladsye van die som...................
Nog 'n som
Kyk laat ons weer kyk na nie probleem was daai skaal waterpas gewees toe hulle geweeg is? Was hulle net een keer geweeg? of meer as een keer om die gemiddelde gewig te bepaal? Kyk as dit 'n warm dag was dan was die meganiese skaal se springs dalk bietjie warm en 'n nie korrekte lesing kon weergegee gewees het en of elektroniese skaal kon die batterytjie dalk bietjie pap gewees het?
Hierdie is nou regtig 'n kopkrap................................ Ek wil nie meer op 'n krat sit nie.............
NASA se antwoord ontvang kyk hier onder ↓↓↓↓
Groete
Lekker dag
Ps. Die krat sitter wat een van die dae soos 'n koning op daai RTGear Delux 150 stoele gaan ontspan.





Freda, hulle moes op dag een…
Freda, hulle moes op dag een alreeds geweeg het.