Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

59457 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die SA wet van 100kg is… Bal gewig Willem Brits -47 minutes ago
In my dae.... Bal gewig Len Loader -1 hour ago
Flip en Tilla, hulle die… Tugela Mouth Resort Willem Brits -1 hour ago
Laai kapasiteit Bal gewig wessels -1 hour ago
Ek het ‘n baie swak Fisika… Bal gewig Wildehont -2 hours ago
Balgewig en vering Bal gewig wessels -2 hours ago
Johan jy slaan die spyker op… Tugela Mouth Resort janwillem -2 hours ago

Penta dak Gaslifts

Vaalpark Vrystaat
Submitted by Johann L on Mon, 06/08/2018 - 16:36
Forums

Dit is nou al geruime tyd dat ek spook om die Penta se dak, veral agter bo die bed, op te lig. Vrydag besluit ek, genoeg is genoeg, ek gaan die gaslifts afhaal en toets.

Die gaslifts is nog redelik stuif,  maar vir 'n swaar dak, en ou skouers, te lig in die broek. Ek kon net by Diesel Electric reg kom met "heavy duty" gaslifts. Ek bestel vier wat teen 600n druk gepomp moet word, en kry die goed vanoggend.

Al het hulle met "elbow baljoints" uit gekom, steur ek my nie daaraan nie, ek het mos die ou ogie hake wat ek net kan omruil, kom by die huis en leer 'n les, moenie jouself  tegnies ag as jy nie is nie. Die "shaft" van die swaar diens gaslifts is dikker, en dit kos my weer terug ry Vereeniging toe om die "baljoints" met reguit ogie tipe hake om te ruil. Hulle het nie in voorraad nie!!! Bestel weer van Spring tak af en hoop om dit more hier te hê.

Wel, gelukkig gaan dit my net petrol geld kos,  dit word net om geruil. 

Volgende keer, vat ek alles saam, en maak seker die kompleet besteling is reg.

Middelburg

Noel

Mon, 06/08/2018 - 21:15

Johan, dit is makliker om uit te haal as om terug te sit. Jy moet met een hand die silinder druk en hou en ander hand om die bout in te druk. Ek het lekker alleen gesukkel. Hoop jy het iemand om jou te help en vergemaklik. Die gaslift roes vinnig by die see. Kry by elektriese handelaars die wit plastiek omhulsel wat oor die gaslift gaan en gebruik haardroer om die omhulsel laat krimp.

Centurion

Dusty

Tue, 07/08/2018 - 03:23

Johann, my broer het n "tool" gemaak om die silinder in gedruk te hou en dan is dit maklik om dit terug te sit.

Ek het iewers n foto van dit. Sal later dit probeer opspoor en dit hier plaas

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Tue, 07/08/2018 - 07:58

Dankie Stoffel, moet eerlik sê, ek het al aan so baie "planne" gedink, maar vir elke kort pad, is daar 'n ompad😅

Anton, ek het weer gedink pro short sal beter werk, die paal is te lank (moet mos korter wees in om in te pas)😄

Centurion

Voortrekker

Tue, 07/08/2018 - 08:02

Voorie, julle spot alweer met arme Willie weet als!

Ek dink hy moet 'n nuwe bynaam kry?  Pro-gone?

JohannL kry mens sulke goed?  Moet dit net nie aan die verkeerde paal smeer nie laugh -  ok, back to topic angel

Waar my wa staan

Arie

Tue, 07/08/2018 - 11:04

Ai hoe hartseer raak ek nou, Petra is 'n expert op stay soft, sy roem daarop dat sy nooit "kopseer" het nie, maar sy gooi altyd bietjie stay soft in my koffie, dan is daar geen tent opslanery nie.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Tue, 07/08/2018 - 11:33

Kyk, ek is alleen om die ding te doen, so, ek gaan alle advies probeer, voor Vrydag moet my wa klaar wees"👍 dan begin ek Maandag weer skoon maak waar dit reeds skoon is😂