Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jy sien, Kruger 2026 Johann L -3 minutes ago
Raai wat's vir aandete vanaand. Nog lekker hoender resepte Rona du Plessis -10 minutes ago
baie roete opsies... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Toer Kaap toe Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Vlieg Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago
Prys van brandstof Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago

Ons Toekoms

Waar my wa staan
Submitted by Arie on
Forums

Ek lees bitter min Maroela Nuus, maar kry vanoggend iets van Maroela wat Noddy ge-share het.

Nou ken ek vir Noddy darem al redelik goed, sien hom glad nie as 'n negatiewe suurknol nie, dus neem ek toe aan dit moet die moeite werd wees om te lees.

Dit is 'n ope brief van 'n matriek [blanke] meisie gerig aan die ouer generasie;

Sy wil basies weet hoekom vertrou ons nie ons kinders nie, almal vertel heeldag hier is geen toekoms vir die kinders nie. Sy reken ons kinders moet vir hulself kan besluit, en sy reken hulle kan veg vir hul land, taal, vooregte, ens.

Dan gaan sy aan om te vertel hoe wonderlik is ons land. Ai ek vind soveel aanklank by die kind, so pragtige positiewe, maar tog goed deurdenkte en inteligente brief wat sy skryf.

Sy het my nou diep aan die dink gesit, hoeveel van ons maak deur ons houding en praaitjies, 'n nuwe generasie wat so negatief sal wees dat hul almal aan depresie ly?

En ja, soos sy ook noem ek het nog glad nie 'n beter land as die een kon vind, ons bly amper in die paradys, maar word so negatief beinvloed deur sosiale media, dat ons al die mooi en goed miskyk.

Ek wens ek was slim genoeg om daai brief hier te kon plaas, maar ek is ongelukig dom gebore en het nog nie veel by geleer nie.

Noddy, dankie vir jou share, dit maak dat ek weer met ander oge na ons jong mense kyk.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 18/09/2018 - 12:09

My eerste indruk van dit wat jy sê Arie,  wat in die brief staan, is dat die skrywer van die brief se ouers 'n spieëlbeeld is van haar ouers se positiewe gesindheid.  Soos veral kinders van kleins af hul ouers as rolmodelle sien, so sal daardie ouers se gedrag en uitkyk op die lewe 'n positiewe of negatiewe invloed op die kind hê.

Daarom het ouers se daaglikse optrede, gedrag en praatjies 'n besliste uitwerking op hul kinders.

Dit is dus 'n ongelooflike groot verantwoordelikheid vir ouers (en dalk ook grootouers) om te besef dat hul/ons optrede 'n baie groot en blywende invloed op ons kinders het.  Hoe ons dit hanteer, sal in toekomstige geslagte uitspeel.

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 18/09/2018 - 13:42

Die ouer generasie verloor uit die oog dat vandag se jongmense totaal anders grootword.   Met baie meer selfvertroue en meer ingelig as vorige generasies ooit was.  Hulle gaan skool saam met alle rasse, neem saam deel aan sport, word goeie vriende en gaan saam uit na kuierplekke.

Dit is jammer dat ouers wel skuldig is daaraan dat hul 'n slegte voorbeeld stel deur  ander rasse af te kraak en negatiewe gedagtes by hul kinders te kweek.   Ongelukkig, die ander sy van die saak, daar word net so swak voorbeeld gestel deur ouers wat aan gewelddadige optogte deelneem en roof en plunder.    Baie van hul kinders word dan ook groot met die gedagte, dit is die regte ding om te doen.

As al die jongmense in die land maar die standpunt van die briefskrywer gehad het!

0
Pretoria - Oos

Andre Smit

Wed, 19/09/2018 - 06:55

Nou ja toe,

Baie sterkte jong dame.

Ek is opreg bly dat jy self wil besluit oor jou toekoms en jou pad vorentoe. Die Konstitisionel hof het dit sommer gister vir julle baie makliker gemaak.

Die realiteite van ons ou landjie gaan jou egter heel moontlik eers na skool behoorlik tref.

Jy raak dalk 'n gekwalifiseerde CA - raads eksamens geslaag, jou articles suksesvol voltooi en dan doen jy vir 34 poste aansoek. Net 7 doen die moeite om jou te antwoord en 2 nooi jou vir onderhoude. Nog 2 weke later laat weet hulle jou dat jy 'n uitstekende kandidaad was maar dat hulle HR afdeling die BEE beleid moet toepas en die REGTE persoon gaan aanstel.

Of jy is 'n gekwalifiseerde ambagsman. Een van net 3 in SA, in Swede opgelei en tot 5 keer 'n week, enige tyd van 23:00 tot 04:00 die volgende oggend bel die operateur van die melkverpakkings masjien jou en sê "Oh Stefan - die masjien hy gaan staan" omdat hy te flippen lui is om te werk en dan saboteer hy 'n 16 Miljoen rand masjien. Jy klim maar ewe geduldig in jou eie voertuig, op jou eie onkoste, en gaan herstel die skade wat HY aangerig het, sodat HY 06:00 huistoe kan gaan en JOU hele dag se skof dan nog vir jou voorlê.

DIT liewe meisiekind is wat moontlik vir jou hier voorlê as jy die veiligheid van die skool waar jy nou nog gelukkig genoeg is om in jou Moedertaal onderrig te word.

Kom ons hoop dat jy en jou drome nie deur werklikhede soos hierdie hierbo verwoes word nie.

Alle sterkte 

 

 

 

 

0
Waar my wa staan

Arie

Wed, 19/09/2018 - 07:22

Ek besef elke dag hoe bevooreg Petra en ek is, nog nooit sulke probleme ondervind nie, selfs nou jare na ek al afgetree het word ek redelik gereeld nog poste aangebied, wel op 'n tydelike basis maar tog kan ek werk kry sou ek so voel.

Ook geseend dat nog nie een van my kinders ook enige probleme ondervind het nie. My oudste stief kleinseun het direk na hy klaar studeer het as argitek 'n pos gekry. die firma betaal ook nou vir hom om sy Meesters te doen.

Ander kleinseun, het nog nie besluit wat hy wil swot nie, maar het darem ook in 4 weke se tyd werk gekry met net 'n matriek sertifikaat.

My seun was 'n pos in Dubai aangebied, maar hy voel hy leef te lekker hier, en die pos afgewys.

So ja elkeen ervaar en sien die lewe verskilend.

Die dagga storie, die is al lankal in baie lande gewetig, so is nie so vreemd dat ons hier ook nou by- gekom het. 

0
Secunda

Sleep nou

Wed, 19/09/2018 - 07:24

Andre en Johan K elke dag waar ek werk hoor ek en sien ek dit maar ja hou jou kop omhoog beskerm jou werk

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 19/09/2018 - 10:57

Ek het in 1992 matriek geskryf. 26 jr gelede?  Ek onthou nog baie goed hoe ons as jong volwassenes daardie tyd al vertel is  hoe skaars werk was en dat net 5 - 10% van ons ordentlike werk sou kry sonder verdere opleiding.  

Mensig, die skade wat daardie statistieke ons aangerig het.  Gaan lees my storie oor Klonkie se Ooskus avonture -  die fondasie daarvan was juis asgevolg van moedeloosheid en twak van geen toekoms wat vir ons gevoer was.  Klonkie en sy broer het die Ooskus aangedurf  1 maand na die 1994 verkiesing na nog 'n spul negatiwieteit op ons as jong volwassenis   neergestort was...     

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 19/09/2018 - 12:40

Nou wat kan ek nou verder sê ?  Miskien net dit :-

Ek weet die versoek is dat ons nie geloofsake hier bespreek nie en dus met apologie aan my nie-Christengelowige vriende, verskoon my asseblief dat ek die reël breek.  Dit is seker interessant, gegewe hierdie gesprek, dat ek net gisteraand tydens my stiltetyd die volgende raaklees :-

"Julle moet julleself dus nie bekommer en vra : Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek ? Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het.   Mat.6  31-34

Dalk het die meisie wat die brief geskryf het, dit ook ingedagte gehad.

Net 'n laaste punt : ek weet dit weerspieël nie noodwendig die werklikheid daarbuite nie, maar tog in ons familie- en vriendekring (en dit is 'n groot spulletjie) weet ek nie van een enkele kind, jongman of-dame, wat sonder werk sit nie.  Selfs 'n egpaar (beide net oor die 30) wat na 5 jaar se werk in Engeland teruggekeer het na SA en beide ingestap het in goeie betrekkinge. Heel toevallig is 4 van die spulletjie CA's !

Miskien is dit 'n seën dat die jonger geslag van vandag nie met die bagasie van ons ouer geslag (natuurlik sluit ek myself daarby in) na die toekoms kyk nie.

0
Nelspruit

Koos Mol

Wed, 19/09/2018 - 13:37

Anton.... ek haal aan:  Ek onthou nog baie goed hoe ons as jong volwassenes daardie tyd al vertel is  hoe skaars werk was en dat net 5 - 10% van ons ordentlike werk sou kry sonder verdere opleiding.  

My seun was so twee jaar na jou en ek onthou, veral hier om en na die verkiesing hoe was die gesprekke van verdoemenis wat werksvooruitsigte vir jongmense betref, om die braaivleisvure bespreek. Ek het gelukkig gou besef dat die jong ore hierdie gespreke opvang en dat dit hulle negatief sal maak. My standpunt was dat dit vir hulle moeiliker sou wees as wat ek en my geslag dit gehad het en my kinders gou geleer dat hulle self vir hulle werk moet sorg en dat daar nie meer 'n staat, spoorwee, banke ens. gaan wees wat sal sorg dat al wat blank is werk sal kry nie.

Ek reken die jongmense van vandag is baie meer paraat om ons land se toekomstige omstandighede te trotseer as wat ons ouer geslag sou wees. Hulle is nie blind vir die uitdagings wat die werksplek van vandag inhou nie. Ons ouer geslag kan nogal klou aan wat was, ons dra ou bagasie saam met ons en verwys baie na die lekker ou dae, ja dit was so maar vandag is nog lekker en wie weet dalk die toekoms ook. Ek het nog die vertroue in ons jeug/jong volwassenes en ek dink die dametjie wat die brief geskryf het verwoord baie van ons jong mense se gevoelens. Ons het nie al die kennis in pag nie en moet ons vertroue in die jeug plaas sodat ons ook ons pensioentoekoms nog in vrede kan ervaar.

Die toekoms mag dalk anders uitdraai as wat ons dink, negatief of positief; of ons ry of bly sal die toekoms leer.

My laaste woord is .....AMEN....  op Len se dagstukkie.

PS.

Ek sit hier op Berg en Dal onder my rally en skryf, 38 grade.....lekker hittig. Jaco het so 10 minute gelede kom groet uit die lug met 'n biep-biep van sy serene; dit het my laat dink....... wie is ons om nog vir ons kinders te wil besluit..... laat ons hulle vertrou en hulle besluite ondersteun.

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 19/09/2018 - 13:53

my laat dink....... wie is ons om nog vir ons kinders te wil besluit.....

My 2tjies is nou 2 en 5 jaar oud.  Ek moet vir hulle hoop en selfvertroue gee om op hulle eie  vorentoe te kan beweeg.   

Len se dagstukkie ..... absoluut! yessmiley

0
Waar my wa staan

Arie

Wed, 19/09/2018 - 15:00

Ai man dir is lekker om te lees dat hier nog baie mense is wat nie op 'n hopie sit en hul self verskriklik bejamer nie.

Ek wil aansluit by Len nie een van my vriende se kinders of kleinkinders is werkloos nie en snaaks genoeg is almal blank!!

Len jou boodskap wat jy gelees het is wat ek nog altyd hier wil tuisbring. Ek glo as jy regtig 'n Christen is kan jy mos onmoontlik negatief wees en dan hoef jy mos absoluut niks te bekommer oor more nie??

Terloops my skoondogter is ook 'n CA en sy het 'n senior pos in die staatsdiens, onlangs bevordering gekry na nog meer senior pos??? Oor al die BEE mense wat daar werk?

Koos, jy is so reg, ons geslag mense het nooit geleer dat daar dalk nie werk sal wees nie, as jy klaar studeer het en jou vel is wit, het jy geweet jy gaan werk kry, as jy nerens kon kry nie het die staatsdiens of spoorweg jou aangestel. Anders as in Europa, en ander lande wat 'n kind moes kompenteer vir werk.

Ek weet toevallig van twee van ons forum lede, die een het ook 'n goeie pos gehad en baie onlangs van werkgewer verander, selfs in die BEE tyd het hy dan tog 'n pos gekry???

Die ander persoon werk vir homself, as ek reg onthou so jaar gelede was hy nogals depresief, hy tender en tender maar kry geen kontrakte nie, nou is hy toegegooi onder werk, sy mense moet lang ure werk om die kontrak te voltooi. Beide van die persone is blankes???

My seun werk vir homself, redelik lank gesukel om op die been te kom, so paar jaar terug 'n onder kontrak by OR Tambo gekry, en dit het hom op die "map" gesit. Daarna al verskeie staatskontrakte gekry, en nee sy maatskappy voldoen nie aan BEE nie, maar sy produk en prys voldoen en oorskrei verwagtinge.

Nee wat kom ons hou op om die jeug se koppe vol doomsday praaitjies te prop, hulle gaan lekker leef en eendag van nou praat as die goeie ou dae.

Ter afsluiting, ek sien die mense reken ons land is nou heeltemaal oor die muur omrede dagga gewettig is??? Ek onthou in 1994 toe pornografie ge-wettig was, elke straat hoek het daar 'n seks winkel opgespring, nou sien mens glad nie meer sulke plekke nie.

Ek glo glad nie dat al ons kinders almal nou gaan begin dagga rook nie???

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 19/09/2018 - 20:11

Ek dink net ons, veral ons ouerige nense, dink nog te veel in daai"cumfort zone" waarin ons geleef het vroeër, vandag se jong mense ken nie daai zone nie en leef dan ook nie in daai denkwyse nie.

Maar, dit gesê, dit is baie moeiliker vir jong mense om werk te kry as wat dit vir ons was, ongeag kleur geur of ras, en al die buite landers maak dit glad nie makliker nie.

Om op 'n hopie te gaan sit en wonder, gaan dit net nog moeiliker maak.

0
Meyerton

Segekok

Wed, 19/09/2018 - 20:27

Dit is altyd vir my verbasend dat almal altyd werk soek.... Wat daarvan om werk te skep.  Al is dit aan die begin net eers vir jou self en later ook vir ander mense.

Ek onthou daar was n tyd wat daar vir jou gesê was... Gaan werk vir Spoorweg.. Jy sal eendag n goeie pens. kry..... Of Poskantoor of of of......... Daardie poste bestaan nie meer of is nie meer gereserveer vir die blankes soos wat dit in die verlede was nie....  Spoorweg pensionarise moes nou in die hof gaan draai om n beter bedeling te kon kry......

Nou die MAAR........  Ek dink nie dat ons skole se leerplan reg is vir so n stelling nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus