Kan nie lekker onthou nie maar dink dit was so ses of so jaar gelede wat Petra en ek ok weer daar by Marakele kamp.
Die hele week lekker stil en rustig maar die Vrydag sak al wat 'n Yuppie is op die kamp toe.
Sit ek rustig op my stoep en nurse 'n Rumpie en suig aan my pyp, trek hier neffens my so 4x4 single cab in met alles wat oop en toe maak. Dis winches, rock sliders, high lift jacks, sulke moewiese bree bande, jou name it hulle het dit!
Nogals glad nie so onaardige dametjie wat daar op die linkerkant uitklim nie, pragtige bene, mooi stywe boutjies, en sulke borsies wat so op loer boon toe!
Nou bekyk ek maar die tweetjies, hoe hulle tent opsit, beddens voor berei en dies meer, ek wou vir die man noem dat hy nie hoef tent op te slaan nie, ek het dit sommer vanself namens hom gedoen.
Sit toe twee tafels uit, elkeen met een stoel by 'n tafel, ek dog toe die twee is seker maar van tafel geskei, die lat elkeen so sy eie tafel en stoel het?
Maar toe laai daai man twee missiel launchers daar agter uit, die goed is seker so 1.8m lank en so 30cm deursnee, ek skrik my heel uit my se geloof uit, alles wat styf was is nou pap, ek vlieg by ons tent in en fluister vir Petra HKGK die Russe is besig om ons land in te val!!
Nou loer ek so hier uit die tent deur die venster, daai goete word op driepote gemonteer, en daar word alerande USB drade ingedruk, en die word op die laptop wat op die tafel staan gekonekteer.
So het elkeen sy eie missiel launcher wat met 'n rekenaar beheer word, hulle sit agter die rekenaar, tik klompie bevele in en daai launcher beweeg heen en weer en op en af. Maar ek sien toe nee dit issie so erg nie die goed word meer in die algemene rigting van Botswana ingestel.
Nou raak ek darem weer brawer, alles wat pap was kom darem weer so amper halfmas by, vat nog 'n Rum en stap toe oor, wil nou uitvind of hulle Gaberone wil uitwis?
Dit is toe nooit missiele nie maar teleskope waarmee hulle die steretjies bekyk, daai was blykbaar 'n spesiale naweek waar party van die skaam steretjies ook hulle verskeining maak, wys sy vir my op haar rekenaar, daar is omtrent die hele uitspansel oppie skerm en dan tik sy wat sy wil kyk en die teleskoop soek daai deng outomaties. nie dat ek veel gesien het nie, haar linkerbors het aanmekaar in my gesigsveld gekom en dan kon ek nie die skerm mooi sien nie. Maar dit was baie impresive, die bors, nie die skerm nie.
Die man neem my toe deur die kamp en daai hele inval was almal "Star Gazers" almal met sulke bazookas waar hulle deur loer, kyk daai goed is sterk hoor, jy kan daai hemelruim bestudeer assof dit jou agterplaas is.
Ons word toe genooi om saam met die klomp te braai daai aand, baie lekker en gesellig gewees, hulle praat net meeste van die tyd bo oor die platkop van my, verstaan maar min van hulle tegnologie.
Ek leer toe ook dat Marakele blykbaar DIE plek is om sterretjies te kyk, en hier ek altyd gedink dit is Hollywood?
Arie, a nee a man, ek moes…
Arie, a nee a man, ek moes nou drie keer oor lees, die lag trane keer dat my oge mooi kan fokus.
Kan het dink hoe mooi was daai skerm![]()
Nou hoekom lag julle ? Arie…
Nou hoekom lag julle ?
Arie was dan BAIE ernstig gewees, ek het dadelik gestop om die naweek se goed uit te laai want ek het besluit om vroeg deur te ry Marakele toe, toe sien ek dit was "ses" jaar terug maar steeds gehoop ek kry hulle weer daar.
Willem, nee ek verstaan ook…
Willem, nee ek verstaan ook nie die laggery nie, dit was veronderstel om 'n opvoedkundige praaitjie te wees??
Ek dog ten minste die mense sal waardeer om te weet waar en hoe om steretjies te gaan kyk?
Ek sou heel waarskynlik meer kon leer as daai lastige [maar pragtige] linker bors nie my uitsig heeltyd belemmer het nie.
Arie die ster man
Ook lekke gelag nou Arie jy het ook n erenstige kant ek sal ook ongemaaklik wees met sulke bure ![]()
Ja, daar is netjiese,…
Ja, daar is netjiese, duidelike laptop skerms daar buite met top of the range specs
Nou wonder ek of hierdie nie…
Nou wonder ek of hierdie nie dalk nader aan die huis is as wat n mens dink nie! ☺☺☺
Is daar nie n ene Louw gesin op die forum wat ook met die maan en sterre gepla is nie, ek wetie, vra maar net. 😈😈
Gesie, ja hier is 'n man wat…
Gesie, ja hier is 'n man wat erg gepla is met die maan, hy groei blykbaar baie hare as dit volmaan is, en dan sit hy op die gras en tjank vir die maan?
Nee Gees, Tsmuis is…
Nee Gees, Ysmuis is geilimineer uit die waarskynlikheid want ek dink hy sit in Kiwi land.
Leeu, Dassie..........
Ja kyk ou ysmuisie sit daar…
Ja kyk ou ysmuisie sit daar oorkant, soos hulle se; Die Kiwis se verlies is ons wins, ek dink hulle is al baie spyt dat hulle hom 'n vissa gegee het?
Baie dankie Arie vir die…
Baie dankie Arie vir die inligting. As ek so tussen die lyne lees dan klink dit of Marakele 'n plek is wat ek sal moet besoek en my teleskoop saam neem vir foto's! ![]()
![]()
Gees, dit was nie ons gewees nie en Lolla stel nie veel belang aan teleskope nie. Sy kyk maar altyd na my en al my spiere en mooi fisiek terwyl ek agter die teleskoop staan. ![]()





Arie, ek het nou weer te…
Arie, ek het nou weer te lekker gelag vir jou vertellery. Het jy al ooit vir ons 'n storie vertel dat daar nie boudjies en bene en borsies ook ter sprake gekom het nie? Ek is bly jy het so lekker saam ge-gaze, en nie net na die sterretjies nie. Ek dink jy moet jou eie teleskoop aanskaf, dink net hoe lekker gaan jy dan gaze, en vir ons meer detail gee oor alles wat jy gesien het.