
Resensies
Vir fotos, klik gerus op die…
Vir fotos, klik gerus op die skakel hier onder.
Ons het lekker gekamp by…
Ons het lekker gekamp by Sionbergh. My eerste indruk was dat dit baie netjies is. Gras is so mooi groen. Ek glo die oord is baie veilig en die eienaar en sy vrou is direk betrokke.
Lees die artikel en forum onderwerpe vir foto's.
Ek het wel 'n bietjie van 'n gly gevang in die "bestuur" let wel, die bestuur en nie die eienaars nie. Ek dink die bestuur moet dalk hulle mense verhouding vaardighede 'n bietjie opskerp? Maar dit is geen rede om die oord nie te besoek nie - dit kan wel 'n rede word dat iemand nie weer sal terugkom nie - net my opinie en raad.
Anders is dit 'n Puik oord en lekker naby vir ons Gautengers. Gaan besoek en kamp gerus by Sionbergh!
Was vir my een van die…
Was vir my een van die rustigste kampe ooit. Het die vreeslik baie geniet.
Soos genoem, ek dink die staanplekke langs die water onder due koeltebome is die lekkerste.
By die ablusie is een van die beter storte wat ek al gebruik het. Jou klere word net nie nat nie.





Sionbergh
Hierdie is 'n nuwe oord (vier jaar oud) en gaan nog baie bekend word.
Toegang tot die oord is 'n stuk grondpad wat redelik goed in stand gehou word (omtrend twee kilometer), by die hoof hek, moet jy 'n no skakel waarna die hek oop, en weer toe maak, als met afstand beheer.
Staanplekke is duidelik af gebaken met bakstene op alle hoeke. Staanplek nos id nie baie duidelik sigbaar nie.
Elke staanplek het 'n blou krag prop en water krane word gedeel, daar is ook dreine by elke water kraan.
Die "ou" staanplekke langs die dam het heerlike koelte bome, ons was egter op die nuwe plekke aan gewese, en koelte was daar nie van sprake nie. Bome gaan nog so ruk vat voor dit skadu verskaf.
Ablusies is baie netjies, en deurentyd skoon gehou. Daar is ook 'n gesins bad kamer met stort, bad en toilet in. Die opwas, was ook elke keer netjies as ons daar was.
Die koue water swembad, word verwarm met dak panele wat dit 'n baie kekker temperature hou.
Ons sal beslis weer tetug gaan, maar sal sorg dat ons koekte kry, hetsy silwer seil of bome.
Die oord is baie veilig.
Vlieĕ word in toom gehou deur "fly traps" aan die oorkant van die dam, dit werk baie goed.