Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Bome omwaai November 2026 Geert -44 minutes ago
Jeandre Rudolph - perfekte keuse.... Springbok rugby Rona du Plessis -12 hours ago
Jeandre Rudolph Springbok rugby Geert -13 hours ago
Hael November 2026 Geert -13 hours ago
Brits en Pretoria... November 2026 Wessel Strydom -14 hours ago
Die weer is woes November 2026 Rona du Plessis -18 hours ago

Allerlei verse

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on

Die Njala
Ma,
hoe ken ek die verskil tussen ‘n bul en ‘n ram
‘n koei en ‘n ooi, of ‘n kalf en ‘n lam?
Ek sal graag wil weet
waar trek ‘n mens die streep.

As jy net mooi kyk en luister
is die saak gladnie so duister nie.
‘n Bul het ‘n koei en ‘n koei het ‘n kalf.
‘n Ram het ‘n ooi en ‘n ooi het ‘n lam.

Die verskil lê net mooi hier,
ons kyk na die grootte van die dier.

As jy al die diere bymekaar kan kry, 
plaas jy hulle volgens grootte in ‘n ry,
van die kameelperd, die grootste gewis,
tot die steenbokkie wat die kleinste is.

Njala se kind kom nou in die middel
en siedaar, net daar lê die verskil.

Die Njalaman is ‘n bul,
maar die vrou is ‘n ooi.
Hy en alles groter as sy lyf
word as bulle beskryf.


Die Njalavrou is ‘n ooi.
Sy en alles kleiner as sy
word dus ooie genoem.
Is hierdie saak nog verbloem?

Mamma, verduidelik tog  vir my mooi.
Die Njala-ma is nie ‘n koei nie maar ‘n ooi,
die Njala-pa is ‘n bul en nie ‘n ram nie,
is die Njala-baba dan ‘n kalf of ‘n lam?

Ai my diertjie, koeie het kalwers
en  ooie se babatjies is lammers.

Hoe weet ma al hierdie dinge
van bulle het horings en visse het vine?

Bulle en ramme het horings,
ooie en koeie het spene,
sommige ooie en koeie het ook horings,
maar geen bulle en ramme het spene nie.

Hosanna!  Kyk na die Savana!
Dis ‘n bokram daai ma!
Ek is ‘n kenner in die vak,
tot twee spene langs sy sak!

Nou sê my Ou Grote,
hoe weet jy al die goete
van dier het pote
en mense het voete

© Piet Magriet  (2004)

afrikaanse forum 

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 18/10/2018 - 06:58

©
 niemand het vir my gesê
 dat ek nie mag kom lê
 in jou rooiwyn
 nou zoem
 ek voort
 waar
 jy
 my
 nie
 wil
 hê
 bzzzzzzzzzzzzzb

Meraai vannie baai:

 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 19/10/2018 - 15:09

Anton, dit is hoedat jy 'n koei beskryf

 Stoffel is dit jou eie skepping?

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 25/10/2018 - 17:38

Jou dief

Ek wil net graag vir jou sê
dat jou lang vingers 
nie ongesiens by my 
verbygegaan het nie
waar is al my lakens
my komberse
my handdoeke
wat uitgespoel het 
toe die vloed my getref het
nou is alles weg 
jy wat moes opruim
het my vertroue misbruik
om jouself te verryk
rot en kaal besteel
deur jou
soos gereël
om MY te help
nie jouself nie!

Petra

0
Leeupoort

Petra Smit

Thu, 25/10/2018 - 17:50

Dit was 'n baie moeilike tyd in ons lewens.  Die reservoir teen die berg in Annlin se pype het losgekom  ('n lang storie)  en so 22 miljoen liter water, modder, klippe en tak-ke is deur ons pragtige huis.  Daardie dag het menige mense deur ons huis geloop en hulle self gehelp aan dit wat oorgebly het.  Die brandweer het die strate afgeblok vir voertuie, maar mense het vrye toegang gehad.  

Die versekering het gekibbel en gekibbel en aan die ou einde het ons soveel skade gely, ons moes van vooraf begin.  sad

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 25/10/2018 - 18:59

Anton, nie geweet dit is 'n gedig nie ?

Dit was 'n baie moeilike tyd in ons lewens.  Die reservoir teen die berg in Annlin se pype het losgekom  ('n lang storie)  en so 22 miljoen liter water, modder, klippe en tak-ke is deur ons pragtige huis.  Daardie dag het menige mense deur ons huis geloop en hulle self gehelp aan dit wat oorgebly het.  Die brandweer het die strate afgeblok vir voertuie, maar mense het vrye toegang gehad.  

Die versekering het gekibbel en gekibbel en aan die ou einde het ons soveel skade gely, ons moes van vooraf begin.  sad

0
Leeupoort

Petra Smit

Sat, 27/10/2018 - 11:26

Shoe, ek sal deur die argiewe van foto's moet ploeg.  Ek probeer hoor?

Hulle seg mos weerlig slaan nie twee keer op dieselfde plek nie, maar Junie hierdie jaar toe gebeur dit weer!  

Ons verhuur die huis aan 'n jong man, hy was vier uur die oggend oppad terug om sy volkies te gaan haal toe hy die stroom water teen die berg sien afkom.  Hulle het gou "sleepers" gevat en die meeste van die water afgekeer.  Die skade was nie weer so groot nie.  

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 09/11/2018 - 19:53

Se so vinnig as moontlik...

Wat weet wilde woelige Willemien van warm waatlemoene en wurms wat Willem Wabeke nie weet nie?

Leef Neef Nieuhout nog in die ware wilde weste?

Tante Tattie trou tien teen een teen die tiende

Sal Sannie en Sara Saterdag ses en sestig sade saai?

Sewe seemonsters swem elke Sondag in die see.

Drie dronk dansende duiwels dreun deur donker drome.

Daar dryf drie rolle doringdraad dwarsdeur die dam.

Nege nukkerige nagapies jaag nege jeukerige jakkalsies heelnag om die naboomboom.
 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 12/11/2018 - 17:08

DIE OSSEWA
 
Die osse stap aan deur die stowwe,
geduldig, gedienstig, gedwee;
die jukke al drukkend hul skowwe,
hul dra dit getroos en tevree.
En stille, al stuiwend en stampend,
kom stadig die wa agterna--
die dowwe rooi stowwe, al dampend,
tersy op die windjie gedra.
Die middagson brand op die koppe,
gebuk in hul beurende krag;
hul swaai heen en weer in die stroppe--
en ver is die tog van die dag.
Dit kraak deur die brekende brokke:
die opdraans is ver en is swaar;
dit knars in die knakkende knokke,
maar hul beur en die vrag bring hul daar.
So, stom tot die stond van hul sterwe,
blyf ieder 'n held van die daad.
Hul bene, na swoege en swerwe,
lê ver op die velde verlaat.

Woorde: JAN F.E. CELLIERS
Musiek: PIETER DE VILLIERS, 1977

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 13/11/2018 - 11:23

As die dag se druk
jou ogies laat knik
en jou maag laat ruk,
speel eers aspaai
en maak 'n draai
by die blikmeraai,
want wat het jy gedink
is onder die hout en sink
wat na afval stink?
Gisteraand se poeding,
die dag se voeding,
dis als vergoeding
vir die gat in die grond
gevul met ...
Wat stink So?

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 13/11/2018 - 11:24

In ons buitehuis, 
as jy my vra,
is almal nie so tuis.

Want eenvoud met 'n plank,
as jy my vra,
maak net daai gat te lank.

En neus in die lug,
as jy my vra,
kan hier nie eers kug.

'n Opregte poeierhol,
as jy my vra,
knyp eerder daardie bol.

Al waar hul gemaklik voel,
as jy my vra,
is op 'n marmergat wat spoel.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus