Die Njala
Ma,
hoe ken ek die verskil tussen ‘n bul en ‘n ram
‘n koei en ‘n ooi, of ‘n kalf en ‘n lam?
Ek sal graag wil weet
waar trek ‘n mens die streep.
As jy net mooi kyk en luister
is die saak gladnie so duister nie.
‘n Bul het ‘n koei en ‘n koei het ‘n kalf.
‘n Ram het ‘n ooi en ‘n ooi het ‘n lam.
Die verskil lê net mooi hier,
ons kyk na die grootte van die dier.
As jy al die diere bymekaar kan kry,
plaas jy hulle volgens grootte in ‘n ry,
van die kameelperd, die grootste gewis,
tot die steenbokkie wat die kleinste is.
Njala se kind kom nou in die middel
en siedaar, net daar lê die verskil.
Die Njalaman is ‘n bul,
maar die vrou is ‘n ooi.
Hy en alles groter as sy lyf
word as bulle beskryf.
Die Njalavrou is ‘n ooi.
Sy en alles kleiner as sy
word dus ooie genoem.
Is hierdie saak nog verbloem?
Mamma, verduidelik tog vir my mooi.
Die Njala-ma is nie ‘n koei nie maar ‘n ooi,
die Njala-pa is ‘n bul en nie ‘n ram nie,
is die Njala-baba dan ‘n kalf of ‘n lam?
Ai my diertjie, koeie het kalwers
en ooie se babatjies is lammers.
Hoe weet ma al hierdie dinge
van bulle het horings en visse het vine?
Bulle en ramme het horings,
ooie en koeie het spene,
sommige ooie en koeie het ook horings,
maar geen bulle en ramme het spene nie.
Hosanna! Kyk na die Savana!
Dis ‘n bokram daai ma!
Ek is ‘n kenner in die vak,
tot twee spene langs sy sak!
Nou sê my Ou Grote,
hoe weet jy al die goete
van dier het pote
en mense het voete
© Piet Magriet (2004)
Ja, min weet van daai…
Ja, min weet van daai verskille van die Ram, Bul en spene.
Dankie dat jy ons…
Dankie dat jy ons griffeltjies hier kom plaas het om te deel Anton.
![]()
PM
Beaam PM se kommentaar
Lig die hoed en knak die knieg vir aandra en deel Anton.
Vier loop in die pad Vier…
Vier loop in die pad
Vier hang in die pad
Twee jaag honde weg
En een jaag vlieë weg
Anton, dit is hoedat jy 'n…
Anton, dit is hoedat jy 'n koei beskryf
Jou dief Ek wil net graag…
Jou dief
Ek wil net graag vir jou sê
dat jou lang vingers
nie ongesiens by my
verbygegaan het nie
waar is al my lakens
my komberse
my handdoeke
wat uitgespoel het
toe die vloed my getref het
nou is alles weg
jy wat moes opruim
het my vertroue misbruik
om jouself te verryk
rot en kaal besteel
deur jou
soos gereël
om MY te help
nie jouself nie!
Petra
Dit was 'n baie moeilike tyd…
Dit was 'n baie moeilike tyd in ons lewens. Die reservoir teen die berg in Annlin se pype het losgekom ('n lang storie) en so 22 miljoen liter water, modder, klippe en tak-ke is deur ons pragtige huis. Daardie dag het menige mense deur ons huis geloop en hulle self gehelp aan dit wat oorgebly het. Die brandweer het die strate afgeblok vir voertuie, maar mense het vrye toegang gehad.
Die versekering het gekibbel en gekibbel en aan die ou einde het ons soveel skade gely, ons moes van vooraf begin. ![]()
Perta, dit is nie goeie nuus…
Perta, dit is nie goeie nuus nie, baie sterkte daar.
Begin 'n nuwe draad dan wys jy vir ons 'n paar foto's ook asb.
Willem ek sien Petra het die…
Willem ek sien Petra het die gedig al in 2012 geplaas / skryf op afrikaanseforum. So dis al 'n tydjie terug ![]()
Anton, nie geweet dit is 'n…
Anton, nie geweet dit is 'n gedig nie ?
Dit was 'n baie moeilike tyd in ons lewens. Die reservoir teen die berg in Annlin se pype het losgekom ('n lang storie) en so 22 miljoen liter water, modder, klippe en tak-ke is deur ons pragtige huis. Daardie dag het menige mense deur ons huis geloop en hulle self gehelp aan dit wat oorgebly het. Die brandweer het die strate afgeblok vir voertuie, maar mense het vrye toegang gehad.
Die versekering het gekibbel en gekibbel en aan die ou einde het ons soveel skade gely, ons moes van vooraf begin.
Hehehe Willem. Nee, die…
Hehehe Willem. ![]()
Nee, die een bo dit. "Jou Dief" ![]()
Shoe, ek sal deur die…
Shoe, ek sal deur die argiewe van foto's moet ploeg. Ek probeer hoor?
Hulle seg mos weerlig slaan nie twee keer op dieselfde plek nie, maar Junie hierdie jaar toe gebeur dit weer!
Ons verhuur die huis aan 'n jong man, hy was vier uur die oggend oppad terug om sy volkies te gaan haal toe hy die stroom water teen die berg sien afkom. Hulle het gou "sleepers" gevat en die meeste van die water afgekeer. Die skade was nie weer so groot nie.
Spesiaal vir WW
Se so vinnig as moontlik...
Wat weet wilde woelige Willemien van warm waatlemoene en wurms wat Willem Wabeke nie weet nie?
Leef Neef Nieuhout nog in die ware wilde weste?
Tante Tattie trou tien teen een teen die tiende
Sal Sannie en Sara Saterdag ses en sestig sade saai?
Sewe seemonsters swem elke Sondag in die see.
Drie dronk dansende duiwels dreun deur donker drome.
Daar dryf drie rolle doringdraad dwarsdeur die dam.
Nege nukkerige nagapies jaag nege jeukerige jakkalsies heelnag om die naboomboom.
DIE OSSEWA Die osse stap…
DIE OSSEWA
Die osse stap aan deur die stowwe,
geduldig, gedienstig, gedwee;
die jukke al drukkend hul skowwe,
hul dra dit getroos en tevree.
En stille, al stuiwend en stampend,
kom stadig die wa agterna--
die dowwe rooi stowwe, al dampend,
tersy op die windjie gedra.
Die middagson brand op die koppe,
gebuk in hul beurende krag;
hul swaai heen en weer in die stroppe--
en ver is die tog van die dag.
Dit kraak deur die brekende brokke:
die opdraans is ver en is swaar;
dit knars in die knakkende knokke,
maar hul beur en die vrag bring hul daar.
So, stom tot die stond van hul sterwe,
blyf ieder 'n held van die daad.
Hul bene, na swoege en swerwe,
lê ver op die velde verlaat.
Woorde: JAN F.E. CELLIERS
Musiek: PIETER DE VILLIERS, 1977
"Baie hande maak slegte werk…
"Baie hande maak slegte werk." – C.J. LANGENHOVEN
Die Stinkgat
As die dag se druk
jou ogies laat knik
en jou maag laat ruk,
speel eers aspaai
en maak 'n draai
by die blikmeraai,
want wat het jy gedink
is onder die hout en sink
wat na afval stink?
Gisteraand se poeding,
die dag se voeding,
dis als vergoeding
vir die gat in die grond
gevul met ...
Wat stink So?
In ons buitehuis, as jy my…
In ons buitehuis,
as jy my vra,
is almal nie so tuis.
Want eenvoud met 'n plank,
as jy my vra,
maak net daai gat te lank.
En neus in die lug,
as jy my vra,
kan hier nie eers kug.
'n Opregte poeierhol,
as jy my vra,
knyp eerder daardie bol.
Al waar hul gemaklik voel,
as jy my vra,
is op 'n marmergat wat spoel.





© niemand het vir my gesê …
©
niemand het vir my gesê
dat ek nie mag kom lê
in jou rooiwyn
nou zoem
ek voort
waar
jy
my
nie
wil
hê
bzzzzzzzzzzzzzb
Meraai vannie baai: