Algemene Inligting
Resensies
Letaba Rest Camp KNP
Ons was vir 8 nagte in die Oktober skoolvakansie hier.
Die kamp is droog maar steeds lekker. Skadu is skaars as al die Mopani bome geen blare het nie.
Die grond is ook redelik hard om die "7" penne in te slaan
Die staanplekke is mooi gelyk maar die krag punte wat redelik nuut lyk is maar redelik ver van baie van die staanplekke, so vat maar jou verleng koord saam.
Die water krane is nog skaarser en as jy aan-boord wil hê gaan jy maar moet stap met die gieter of jou tuinslang moet lank genoeg wees. Ons was gelukkig om 'n staanplek naby 'n water kraan en krag punt te kry.
Die badkamers was altyd skoon en genoeg warm water. Die Ooste blok mans storte het groter afdroog plek as die blok aan die Weste kant.
Die res van die terugvoering is op hierdie gesprek skakel.





Letaba Rest Camp KNP
Ons was vir 6 nagte in die September skoolvakansie hier.
Die kamp is droog maar steeds lekker.
Die staanplekke is mooi gelyk maar die krag punte wat redelik nuut lyk is maar redelik ver van baie van die staanplekke, so vat maar jou verleng koord saam.
Die water krane is nog skaarser en as jy 'n aanboord tenk het en hom wil vol maak gaan jy maar moet stap met die gieter of jou tuinslang moet lank genoeg wees.
Die badkamers was altyd skoon en genoeg warm water.