Deur Forum Lid - Elsa Pompies
"hierdie boek wat ek oor my pa, Piet Pompies, geskryf het, dit is vol foto's en dit is lekker leesstof, veral oor die 50 - 80'er jare en vermaakliheid van daardie jare. Afrikaners, veral die ouer garde, sal die boek baie geniet."


PIET POMPIES BOEK
Baie dankie! Hard besig met die beplanning vir die bekendstelling van die boek. Goeie terugvoering sover gekry oor die lekkerlees boek vol grappige staaltjies oor die kunstenaar wat Hanswors, Kaboemielies en Haar pa wou nie gaan slaap so bekend gemaak het. Behalwe sy radio programme, Caltex Kaskenades en Next Stop Makouvlei, het hy baie getoer, en interessante stokperdjies gehad. Baie mense dink deesdae dat Piet Pompies nie werklik 'n persoon is nie, want sy naam word graag in die volksmond gebruik. Leer hom ken as mens!! Elsa van der Byl (Pompies!)
Ek het hierdie video opname van haar pa wou nie gaan slaap op YouTube gekry - dit word nie deur my pa gesing nie, maar ek het dit nogal geniet!!
Ek het die radio storie van…
Ek het die radio storie van Next stop Makouvlei as hoërskool kind baie geniet. Kan nou nie alles onthou nie.
PIETER VAN DER BYL
Enige genealogiese besonderhede oor Pieter van der Byl in die boek?





Sterkte Elsa
Sterkte met die boek