TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonsaamtrekkelekker reseptemeningspeilingsarrowarrow

c

Aasvoëlkrans

Algemene Inligting

Resensies

Centurion

Voortrekker

Thu, 20/06/2019 - 09:48

Ons het die afgelope naweek saam met Kampforum en CCSA by Aasvoëlkrans gekamp.  Daar was nogal redelik baie gesels oor die kampeerplek en watter tipe resensie 'n mens vir hulle sal gee?   Op die ou einde was daar een vraag wat vir my sou bepaal hoe Aasvoëlkrans gradeer word - "Sal jy die kampeerplek aanbeveel aan vriende?"   En hier is my antwoord NEE - jy kan beter doen? 

Wel teen R150 per nag per staanplek spesiale winter prys mag mens seker nie kla nie?  Of mag 'n mens?

Die oord is regtig in 'n baie mooi area geleë en dit is 'n baie mooi plek, maar dit wil voorkom asof die onderhoud van fasiliteite en die kampeerder se kamp ervaring nie die nr 1 prioriteit hier is nie?

Dit lyk of die "Predator Park" voorkeur geniet wat uitgawes aanbetref.    So, moet dit opmaak vir die gebrek wat by ander areas voorkom - veral die kampeerplekke?  Of miskien beplan die eienaar/s om moontlik die geriewe op te knap nadat hy sy "predator park" verbeter het?

Gelukkig vir ons het die groep die kamp lekker gemaak en het die oord se tekorte darem voorsiening gemaak vir 'n lekker gesels punte so gedurend ons saamtrek met gebrek aan elektrisiteit en warm water.

Die oord was gedurende die langnaweek te vol gewees en asgevolg daarvan was daar 'n probleem met elektrisiteit wat veroorsaak het dat gedurige kragonderbrekings ons oorval het. Dit het tot 'n gevolg gehad dat water druk geval het en dat warm water ook gebrekkig was aan diegene wat graag in die oggende wil stort.  Na 'n gesprek met die bestuur het ek verneem dat hulle die kampeerders blammeer vir die elektrisiteit probleem omdat almal verwarmers gebruik en warm kosse wil maak in die koue.

Iets wat my baie gegrief het en wat my laat besef het dat die oord nie veel omgee vir die kampeerder nie, maar hom eerder oorlaat aan sy eie lot, was die gedurige gebrek aan toiletpapier in die ablusies.   Ek was darem gelukkig gewees om 'n hele paar keer  die toilet met die laaste bietjie toiletpapier te vind, en dit kon gebruik terwyl ek dink aan die arme siel wat na my sy besigheid moet kom afhandel daarsonder.

Spinnerakke is te  sien in die hoeke van alle badkamers en storte - dit saam met stowwerige en vuil vensterbanke en talle gekraakte ruite laat 'n mens duidelik die gevolgtrekking maak dat Aasvoëlkrans homself onderwerp aan 'n unieke standaard wat 'n tipe mark antrek waarvan ek en my gesin defnitief nie deel is nie.   

Wie op aarde bou 'n groot Ablusie waarin daar geen toilet geriewe is nie - m.a.w ek moet stort en die een gebou en dan 150m  stap om 'n toilet te gebruik?   

Daar is talle klein chalets in die kampeer area en ek was ingelig dat hierdie chalets nie ingerig is met toilette of badkamer geriewe nie en dat hulle ook die kampeer gemeenskaplike ablusies en opwas / kombuis areas deel.

Beveel jy hierdie plek aan?
Nee
My Gradering
4 uit 10
Kamp Datum
14 Junie 2019
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja
Staanplekke?
Gras
Swembaddens?
Warm en Koue Swembaddens
Winkel?
Winkel restaurant en kroeg
Ablusies
2uit 5
Sekuriteit
4uit 5
Vir kinders?
Baie fasiliteite
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 22/06/2019 - 12:40

Hier is 'n paar punte waarmee ek met Anton saamstem.

"Die oord is regtig in 'n baie mooi area geleë en dit is 'n baie mooi plek, maar dit wil voorkom asof die onderhoud van fasiliteite en die kampeerder se kamp ervaring nie die nr 1 prioriteit hier is nie?"

"Dit lyk of die "Predator Park" voorkeur geniet wat uitgawes aanbetref. "

"Wie op aarde bou 'n groot Ablusie waarin daar geen toilet geriewe is nie - m.a.w ek moet stort en die een gebou en dan 150m  stap om 'n toilet te gebruik?"

"Gelukkig vir ons het die groep die kamp lekker gemaak en het die oord se tekorte darem voorsiening gemaak vir 'n lekker gesels punte so gedurend ons saamtrek met gebrek aan elektrisiteit en warm water."

Vir my was die warm swembad glad nie warm nie, na die naweek het hulle die temperatuur ook verder afgestel terwyl daar steeds klompie karavane was en klomp in die huisies.

My siening is dat ek miskien weer in die toekoms hier sal kom kamp as ander vir my die verbeterings kan wys. (?)

Hoekom sê ek, ek sal die plek aanbeveel ?  Dit is omdat ander se verwagtings nie dieselfde is as myne nie.

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
5 uit 10
Kamp Datum
14-21 Junie 2019
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja drinkbaar
Staanplekke?
Verskeidenheid tipe staanplekke
Swembaddens?
Warm en Koue Swembaddens
Winkel?
Winkel restaurant en kroeg
Ablusies
4uit 5
Sekuriteit
5uit 5
Pretoria

Casper

Wed, 08/01/2020 - 09:16

Ons familie het die pas afgelope kersfees 10 nagte by Aasvoëlkrans geboek en kampeer.

Dit het sommer van die "word go"  af duidelik gewys dat die nie 'n kampeerplek is waarnatoe ons terug sal gaan nie. 

Vooraf is daar telefonies kontak gemaak om navrae uit te klaar.  Die dame aan die anderkant se antwoord op die vraag, "Goeie môre, hoe gaan dit?" was "Ag, dit help nie om te kla nie, niemand luister nie" (En dit som basies die hele aasvoëlkrans se bestuur op). Niemand is bereid om iets te verander of te verbeter nie. Die dinge moet nou maar net aangaan soos wat dit is, en hulle kyk noord en gaan voort.

Ons het in desember ook die probleem met elektrisiteit gehad wat gedurig trip - en dit was nie loadshedding nie. Dus die verskoning van verwarmers in die winter word nou lugrelings in die somer.

Daar was nogsteeds nie genoeg toiletpapier in die toilette nie en ons as familie het maar elkeen sy eie rolletjie wit goud saaamgeneem na die ablusieblokke toe.

Wanneer mens in die nagte opstaan om 'n draai te gaan loop, was daar nie water om hande te was nie - persoonlike higiëne wat aan die agterspeen moet suig.

Die wasbak krane is van die tipe wat jy met jou een hand moet indruk om water te laat loop. Ek glo dit sal wees om water te spaar, maar dit is onmoontlik om jou gesig af te spoel met net een hand.  Daar was geen wasbak proppe nie dus kan mens nie eens n wasbak vol water tap om dan so jou gesig te was nie. Daar is ook geen hakkies by die wasbakke om 'n handoek of toiletsakkie op te hang nie.  Slegs elke tweede wasbak het 'n klein houtrakkie bo die wasbak. Daar is ook geen asblik in die ablusieblok nie.  Dus moet jy maar jou leë tandepasta houertjie en stukkie gebruikte flos buitentoe neem en by jou kampstaanplek in die asblik gaan gooi.

7 uit die 10 oggende was daar geen warm water nie, en jy kan maar jouself baie gelukkig ag indien die koue water uit die stortkop spuit.  Soms moes die warm swembad maar as alternatief dien. 

Male sonder tal wanneer mens in die mans se ablusie kom ruik dit of 'n hele pelleton weermag troepe sopas daardeur was.  Dit sou baie lekker wees om een van daardie GLADE lugverfrissers wat elke 36minute 'n spuit gee daar te sien - maar daarvan is daar geen sprake nie.

Daar is ook geen seep om jou hande te was nie en moet jy ook maar jou eie saamneem elke keer wanneer jy dit nodig ag.

Die staanplek self was so klein en ons 4 gesinne se karavane en tente sou nie inpas nie.  Ons het by ontvangs gaan vra of ons dalk kan ruil met ander groter staanplekke.  Hulle het maar net skouers opgetrek en gesê "Jammer, ons is vol geboek, en buitendien die ander staanplekke is toegeken aan mense wat vooraf inry en die spesifieke staanplekke kom uitkies en aan mense wat jare lank al kamp en op dieselfde staanplek wil bly" - Ek moes my karavaan se een wiel 20cm van die grond af oplig met die voetstutte net om waterpas te kon staan en plek te maak vir my voortent. 

Een van ons familie lede met 'n baba van 18 maande oud  het in die rondawels gebly R7000 betaal vir tien nagte - en moes tot hul ontsteltenis dieselfde ablusie geriewe deel as die res van die kampeerders.  Daar is niks in die baksteen tent gewees nie, en met 'n sinkdak sonder ceiling en isolasie was dit onbewoonbaar warm.   Wat dit meer onaangenaam maak is dat die krane van die baddens ontkoppel is en dit buite aksie stel  Hoe was mens dan jou baba?

Hier gaan dit nie om  verskillende verwagtings van mense nie - dit gaan oor 'n algeme aanvaarbare standaard.  As jy in die bos gaan kamp en weet daar is nie water nie, dan berei jy jou daarvoor voor; maar as jy by 'n oord gaan kamp verwag mens seker basiese fasiliteite.

Om op te som:  'n Ontsettende mooi area, met 'n baie oulike preditor park.  Swembaddens en aktiwiteite wat die kinders terdeë geniet en besig hou.  Maar fasiliteite wat ver onder standaard is en wanneer mens die werkers of personeel daaroor bevraagteken is die antwoord maar net - jammer, dit help nie om te kla nie - niemand luister nie.

Nie een van ons familie lede sal ooit weer daar gaan kamp nie.

Beveel jy hierdie plek aan?
Nee
My Gradering
3 uit 10
Kamp Datum
18-28 Des 2019
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja, nie drinkbaar
Staanplekke?
Verskeidenheid tipe staanplekke
Swembaddens?
Warm en Koue Swembaddens
Winkel?
Winkel restaurant en kroeg
Ablusies
0uit 5
Sekuriteit
5uit 5
Vir kinders?
Baie fasiliteite