
Ons het toe Maandag tyd gekry om saam met Willem Brits en gesin die Preditor Park by Aasvoëlkrans te besoek. Hierso is 'n klompie foto's wat ek geneem het. -Die katjies raak nogal baie opgewonde as hulle klein kindertjies sien en hoor ![]()









Dit is seker so Len, maar…
Dit is seker so Len, maar daar is ook gesê dat die wit leeus nie in die natuur op hulle eie sal kan oorleef nie. Dan is dit seker maar beter om hulle so te versorg ?
Dankie vir die mooi foto's Anton.
sien ek die ongelukkigheid…
sien ek die ongelukkigheid in hul oë
Al wat ek in hulle oë gesien het was die lus om met ons kindertjies te speel ![]()
Len---'n liedjie vir jou
Middag Len
Na jou gevoelvolle opmerking hierbo, wil ek 'n liedjie aan jou opdra;
"Ek kyk graag so diep in jou oë"![]()
Groete
................
Wit leeus : daar is 'n hele klompie wit leeus in die Kruger Wildtuin en ook in die omliggende wildtuine wat dood normaal in gewone leeutroppe in die natuur voorkom. (Veral op die S100, oos van Satara).
Gegewe die verskeidenheid hierbo en ook omdat almal nie van Afrika-oorsprong is nie, glo ek hulle is uit haglike, gevange omstandighede (sirkusse ?) gered en daarvoor is ek dankbaar. Ek kritiseer nie, vir my net jammer dat hulle van hul natuurlike omstandighede en omgewings beroof is. Alle diere in gevangenisskap is nie noodwendig verkeerd nie. Veral diertuine doen baie navorsing en het teelprogramme om skaars wildsoorte van uitwissing te red. Hulle dien ook as goeie ambasadeurs om 'n bevolking aan die natuur- en wildlewe voor te stel.
Speel met wilde diere : Daar is duisende gevalle waar "mak" wildediere hul hanteerders of toeriste beseer en selfs gedood het - veral kinders wat hul hande onskuldig deur 'n heining steek. Dit bly wilde diere en hul natuurlike instink kan te enige tyd inskop. Dan word hulle onmiddellik gedood.
Trained not tame
Ek glo Anton het tong in die kies gesê dat die roofdiere met sy kinders wou "speel". Groot roofdiere soos leeus toon 'n ongesonde belangstelling in kinders se stemme en ook in hulle vorm wanneer hulle beweeg - selfs as die kinders op 'n wildritvoertuig is en praat of beweeg.
Oom Len is egter heeltemal reg; wilde diere bly wilde diere. Ek het by 'n lodge in Botswana gewerk waar ons opgeleide olifante gehad het waarop gaste wildritte kon doen. Die ouer olifante is meestal gered uit dieretuine en sirkusse en die olifante kon gemiddeld so 48 verskillende bevele uitvoer. Hulle was dus goed opgelei.
Ons het egter gereeld die gaste en mekaar herinner dat hulle trained but not tame is. Ek, die gids en die hoof mahout (hanteerder) het elk permanent 'n .458 by ons gehad. Wanneer ek en die gids tussen die olifante gestap het terwyl ons buite in die veld was met gaste op die olifante, het ons ook heeltyd seker gemaak dat ons weet waar ons olifante is sodat ons nie met ons rug na hulle gekeer is of hulle per ongeluk verras van agter of die kant nie.
Die ou wat my werk as bestuurder voor my gehad het is gedood deur een van ons olifante, toe hy sonder aankondiging van die kant af 'n band van die saal stywer wou stel. Die olifant (wat hom geken het - jy word geleidelik aan hulle bekend gestel en hulle het elke mens wie met hulle gewerk het se stem en reuk geken) het omgedraai en hom vermorsel.
Wit leeus
Ek het hierdie gekry op whitelions.org
![]()
Volgens die jong meisie (handler soos sy haarself noem) by Aasvoëlkrans se predator park, doen hulle eintlik die wit leeus 'n guns, want andersins sou hulle nie kon oorleef in die natuur nie??
Sy het ons ook vertel dat die jong wyfie wit leeus gesteriliseer word, maar die mannetjies nie, want anders hou hulle maanhare op met groei.
Vir my persoonlik het dit voorgekom of die 3 jong (handlers) daar dalk nog so 'n bietjie nat agter die ore en onervare is? Ek het myself amper vererg toe die 2 verliefde (jonge handlers) heeltyd met die swart jaguar deur die draad gespeel het terwyl ons daar gestaan het by sy hok - ek het nie belanggestel om te kyk hoe oulik hulle tweetjies met die jaguar en met mekaar speel nie en wou graag die jaguar (alleen) sien. Wou amper vir hulle sê dat hulle die heeldag daar werk en tyd het om met hom te speel, maar dat hierdie nou ons betaalde tyd was om die dier te aanskou - maar ek het myself maar eerder ingehou en toe maar geduldig gewag totdat hulle klaar was sodat ek 'n foto van die outjie kon neem.

Dankie
Dankie Anton vir die skakel na die White Lion Trust. Daarvolgens is dit wetenskaplik bewys dat wit leeus geensins terugstaan in die natuur vir gewone leeus nie en hulle het dus geen spesiale beskerming nodig nie. Dit is natuurlik 'n pluspunt dat hulle ook in die Kruger Wildtuin begin aanteel waar daar geen jag op leeus gemaak word nie.
Soos jy vermoed het, het die "handler"-meisietjie twak gepraat dat wit leeus spesiale bewaring nodig het om te kan oorleef.





.
Dis tog jammer dat hierdie wilde diere in gevangenisskap vasgekeer is, maar miskien is hulle iewers gered van 'n sirkus of iets dergeliks - ten minste dankie daarvoor. In al die fotos (behalwe dié van die leeu wat staan in die tweede foto) sien ek die ongelukkigheid in hul oë om so onnatuurlik te moet leef.